Verwerk Aksies

Verwerk Aksies

My Skool > Gedragskode > Verwerk Aksies

Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.

Die Gedragskode Verwerk Aksie funksie is taak gedrewe. Die taak gedrewe boodskap met betrekking tot die Verwerk Aksie verwerking sal slegs verskyn wanneer 'n sekere hoeveelheid oortredings bereik is vir 'n spesifieke leerder soos opgestel in die Aksie Opstelling module.
Maak asseblief seker dat sie Aksie Opstelling gefinaliseer is.

Verwerk 'n aksie - Algemene Inligting

Die verwerking van aksies kan gedoen word op 2 maniere:

1. 'n Taak sal vertoon wanneer jy inteken op die Stelsel onder " Gedragskode take".
    Anders gaan na My Tuiste > Take.
    Kliek op "hier" om die lys te besigtig.
2. Gaan na My Skool > Gedragskode > Verwerk Aksies.

Verwerk : Kennisgewingsbrief 1 aan Ouers: (Geen detensie)

  • Wanneer jy " Kennisgewingsbrief aan ouers" gekies het, sal 'n bladsy vertoon wat die datum, plek en tyd andui.

          Proses:
  • Kies die toepaslike leerders deur in die blokkie langs die leerder se naam te kliek. Wanneer 'n leerder nie 'n brief moet ontvang nie, ontkoppel die leerder deur op die blokkie langs die leerder se naam te kliek, die blokkie moet leeg wees.
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie om voort te gaan wanneer jy seker is dat al jou keuses korrek is.
  • Om die briewe te druk, kliek op Besigtig, die briewe sal vertoon, om te druk beweeg jou muis stadig na die regter boonste hoek van die bladsy om die druk knoppie te vind.
  • Nadat jy geprint het, maak die bladsy toe deur op die kruisie in die regter boonste hoek te kliek.
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie om na die Verwerk Aksie Hoofbladsy terug te keer.

Verwerk: Kennisgewing van detensie

Let wel: Maak asseblief seker dat elke keuse wat jy maak korrek is. Die enigste manier om die datums, plekke of tye te redigeer nadat jy die "gaan voort" knoppie gekliek het, is deur die aksie by Aksie Kontrole module te verwyder en die inligting weer by Verwerk Aksies in te lees.
  • Wanneer jy " Kennisgewing van Detensie"  gekies het sal 'n bladsy vertoon waar jy die datum van die brief, plek van Detensie, datum van detensie en tyd van Detensie kan kies.
  • Kies die toepaslike leerder deur op die blokkie langs die leerder se naam te kliek. Wanneer 'n leerder nie 'n brief moet ontvang nie ontkoppel die leerder deur te kliek op die blokkie, die blokkie moet leeg vertoon.
  • Volg instruksies soos onder Proses: Kennisgewingsbrief 1 aan Ouers.

Verwerk: Kennisgewing van Onderhoud met Ouers

  • Wanneer jy kies " Kennisgewingsbrief van Onderhoud met Ouers" sal jy 'n bladsy kry waar jy die datum van die brief, plek van die onderhoud, datum van onderhoud en tyd van die onderhoud kan insleutel.
  • Volg verdere instruksies onder Proses: Kennisgewingsbrief 1 aan Ouers.

Verwerk: Kennisgewingbrief van Onderhoud met die Beheeriggaam

  • Wanneer jy kies " Kennisgewing van Onderhoud met Beheerliggaam" sal jy 'n bladsy kry waar jy die datum van die brief, plek van die onderhoud, datum van onderhoud en tyd van die onderhoud kan insleutel.
  • Volg verdere instruksies onder Proses: Kennisgewingsbrief 1 aan Ouers.

Vrae wat gereeld gevra word

  • Ek kliek op die Verwerk Aksie knoppie maar dit sê slegs "Kies een".
         Daar is nie op die oomblik enige Verwerk Aksies om te verwerk nie. Leerder oortredings  het nog nie gesamentlik genoeg minimum punte bymekaar gemaak               soos in die Aksie opstelling module nie.
  • Daar verskyn geen Verwerk Aksie take op die Take skerm wanneer ek inteken op die stelsel nie
        Die Verwerk Aksie take kan slegs gesien word duer die Dissipline Hoof. In die geval dat jy die Dissipline Hoof is en geen take verskyn op die Take bladsy nie,   dan is daar tans geen aksie om te verwerk nie. Leerder oortredings  het nog nie gesamentlik genoeg minimum punte bymekaar gemaak  soos in die Aksie  opstelling module nie.

  • Ek het 'n fout gemaak met die datum/ kamernommer vir die detensie/ onderhoud met ouers of Beheerliggaam Onderhoud.
         Die enigste manier om die datums, plekke of tye te redigeer nadat jy die "gaan voort" knoppie gekliek het, is deur die aksie by Aksie Kontrole module te  verwyder en die inligting weer by Verwerk Aksies in te lees.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Gedragskode

      My Skool > Gedragskode  Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie maak dit moontlik om die gedragskode van die skool op te stel deur Erkennings en Oortredings te skep en aan die dissipline te koppel deur positiewe en negatiewe ...
    • Aksie Opstelling

      My Skool > Gedragskode > Aksie Opstelling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Sekere dissiplinêre aksies moet opgestel word vir hierdie funksie. Hierdie aksies sal outomaties gegeneer word wanneer die opstelling vir 'n spesifieke ...
    • Gedrag

      My Skool > Gedragskode > Gedrag Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat jou toe om oortredings/ erkennings te skep en te koppel aan die spesifieke vlak wat in die Kategorieë afdeling geskep is. Maak asseblief seker dat ...
    • Kategorieë

      My Skool > Gedragskode > Kategorieë Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek Kategorieë word gebruik om die redes vir Oortredings of  Erkennings in groepe of vlakke te verdeel. 'n Standaard stel van Kategorieë sal verskaf word wanneer jy die ...
    • Doen en late opstelling

      Inleiding My Skool > Algemeen > Doen en late opstelling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Hierdie funksie laat jou toe om die beskikbare Doen en Late tipes en redes te sien wat jy gaan gebruik wanneer jy 'n leerder se Doen en Late ...