Doen en late opstelling

Doen en late opstelling

Inleiding


My Skool > Algemeen > Doen en late opstelling

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel.
Hierdie funksie laat jou toe om die beskikbare Doen en Late tipes en redes te sien wat jy gaan gebruik wanneer jy 'n leerder se Doen en Late inlees.
Doen en late redes kan gekoppel word aan die dissipline van die leerder, wat weer die gebruiker sal help om die Doen en late redes as 'n oortreding of erkenning.
Die Dissipline  Kategoriee en Gedragskode moet eerste opgestel word onder My Skool > Gedragskode sodat die Doen en late redes aan die Dissipline gekoppel kan word.

Nota: Gebruikers met Skool Administrasieregte kan Doen-en-Late redes byvoeg/ verander by My Skool > Algemeen > Doen-en-Late Opstelling

Waar kan Doen en late tipes en redes besigtig word?

  • Kies 'n Doen en late tipe deur op die kieslys te kliek.
  • Daar is 3 tipes naamlik: Laat opgedaag, Vroeg verlaat en Periodes nie bygewoon.  
  • Elke tipe het 'n standaard stel Doen en Late redes wat gebruik kan word vir leerders.

Hoe om die volgorde waarin die Doen en Late Redes vertoon te verander

  • Om 'n spesifieke Doen en Late rede te koppel aan dissipline, dubbel - kliek op die Doen en Late rede en 'n nuwe venstertjie sal oopmaak waar jy die rede kan redigeer.
  • Die rede kan verander word deur die nommer wat jy verkies in te sleutel in die nuwe venstertjie wat oopmaak.
    Kliek op die "Stoor" knoppie om die veranderings te stoor.
  • Dit is belangrik om eers na die huidige  volgorde te kyk sodat jy die volgorde kan verander.
As jy die Doen en Late redes volgorde 0 (nul) maak sal die Doen en Late redes in alfabetiese volgorde vertoon.

Hoe om Doen en Late redes aan Dissipline te koppel:

  • Die Dissipline Kategorie en gedragskode moet eers opgestel wees onder My Skool > Gedragskode vir hierdie funksie om te werk.
  • Om die Doen en Late rede te koppel aan dissipline, kliek in die blokkie onder " Koppel aan dissipline ?" Nog velde sal oopmaak, kies die dissiplinere kategorie tipe wat die rede aan gekoppel moet word.
  • Kies die toepaslike Dissipline Kategorie waaraan die Doen en Late rede gekoppel moet word.
  • Wanneer al die velde ingevul is kliek op die "stoor" knoppie om inligting te stoor.
  • Nou dat die Doen en Late rede gekoppel is aan leerder dissipline, wanneer die Doen en Late rede gebruik word vir 'n leerder,  sal die stelsel  outomaties die punte wat na die leerder geallokeer moet word opdateer My Skool > Gedragskode > Gedrag.
  • Aksies sal Outomaties gegenereer  word soos op die Aksie Opstelling  by My Skool > Gedragskode > Aksie opstelling.
  • Aksies kan insluit briewe wat gedruk word, onderhoud met die ouers en SMS wat na die ouers gestuur word.
  • Die Gedargskode "Verwerk Aksies" is taakgedrewe.
  • Die taakgedrewe boodskap met betrekking tot 'Verwerk Aksies" sal net vertoon as 'n sekere hoeveelheid oortredings behaal is vir 'n spesifieke leerder en so opgestel is in die Aksie Opstelling.
  • Take sal geskep word vir die Dissipline Hoof om die aksies te hersien en vry te laat onder My Tuiste > Take > Gedragskode Take.


© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Doen en Late

      My Skool > Leerders > Doen en Late Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Leerder doen-en-late fasiliteer die hantering van laat-kommers, leerders wat vroeg verlaat en leerders wat sekere tye van die dag mis. Dit dien as ‘n skakel ...
    • DOEN-EN-LATE VERSLAG

      Doen-en-Late vir : Kies die doen-en-late periode vir die verslag. Kies tussen Jaar, Kwartaal of Tydperk. Jaar: Kies 'n jaar vir die verslag. Verslag Tipe : Kies die tipe verslag. Kies tussen Per Leerder, Doen-en-Late Tipe, Opsomming of Gedetailleerd. ...
    • Skool Opstelling

      Die Skool opstelling is die eerste en 'n belangrike stap wat voltooi moet word voor jy op die stelsel kan begin. Dit is belangrik om die inligting te voltooi met soveel detail as moontlik sowel as om te verseker dat die inligting waar en korrek is ...
    • Teenwoordigheid Bevestigings

      Die Department van Onderwys vereis dat die inlees van leerder afwesighede vir elke dag bevestig word om seker te maak dat die inlees van afwesighede voltooi is. Die stelsel wys 'n taak vir die registerklas onderwyser indien die dag se afwesighede nog ...
    • LEERPROGRAM OPSTELLING

      My Skool > Kurrikulum > Leerprogram Opstelling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Indien u op stap 3 van die Leerprogramopstelling 'n Taak sou verwyder wat opgestel is as deel van 'n Vak-spesifieke formule, sal die taak ook uit die ...