Skool Opstelling

Skool Opstelling



Die Skool opstelling is die eerste en 'n belangrike stap wat voltooi moet word voor jy op die stelsel kan begin. Dit is belangrik om die inligting te voltooi met soveel detail as moontlik sowel as om te verseker dat die inligting waar en korrek is aangesien die data wat gebruik word om na LURITS te stuur en die inligting is ook belangrik om ander funksies te voltooi deur die jaar.

Doen die Skoolopstelling


MY SKOOL > ALGEMEEN > SKOOL OPSTELLING
Die skoolopstelling sal gedeeltelik deur die implementeerder gedoen word, maar aanpassings kan gemaak word waar nodig.
Skool naam (Lank/Medium/Kort):  Die lang naam sal gebruik word vir die generiese briefhoof op Rapporte en Rekeningstate. Stuur u eie briefhoof indien u verkies om dit te gebruik

Skool Tipe en Eienaarskap
Dui die tipe skool aan asook die eienaars van die grond en geboue

Medium en Onderrigtaal
> Verwys na die onderrigtaal. Onderskei tussen Enkel, Dubbel of Parallel medium
> Dui aan watter tale as onderrigtaal by die skool aangebied word

Meervoudige registerklasse per personeellid
> “Ja” indien u onderwysers het wat swerf van klas tot klas of onderwysers het sonder registerklasse.
> “Nee” om seker te maak dat onderwysers aan net een registerklas gekoppel kan word.

Land, Provinsie, Dorp, Voorstad, Distrik inligting, Emis and Persal nommers
Kies soos nodig.

Telefoon nommers, epos, webblad en skool adresse
>  Telefoon nommers epos, webblad en adresse sal in die briefhoof gebruik word.
>  Indien die skool verkies om hul eie briefhoof te gebruik op verslae, rapporte en state, epos ‘n geskandeerde voorbeeld na Ondersteuning.

GIS Breedtegraad en GIS Lengtegraad:
Pen die skool posisie op die Google kaart om die GPS koördinate te genereer. (Instruksies is gelys onder die kaart)

Laagste graad
>  Dui die laagste graad in die skool aan.

Hoogste graad
>  Dui die hoogste graad in die skool aan.

Verstek Nasionaliteit:
>  Kies die Nasionaliteit waarin u skool is.

Het u skool Koshuise en ‘n Nasorg Sentrum?
>  Indien die skool koshuise het, vra die implementeerder om die Koshuisname op te stel.

Kwalifiseer u skool vir die Skool Voedingsprogram (NSNP)?
>  Indien so, kies Ja

Het u skool dubel skofte?
>  Kies tussen Ja of Nee

Hoogste voorskoolse graad
> Kies ‘n voorskoolse graad om aparte R-nommers vir die voorskoolse leerders te genereer. Die nommer sal vervang word met ‘n nuwe permanente nommer wanneer hulle Graad 1 begin.
> Indien u nie R-nommers wil gebruik nie, stel die opsie na “ Geen voorskoolse afdeling”.

Admin nommers
Die stelsel genereer die volgende admin nommer en familiekode. Nommers kan nie self gekies word nie.
> Daar is ‘n “ou Adminnommer”-veld op die leerder rekord beskikbaar om rekord te hou van nommers in jou vorige stelsel.
> Tydelike T-nommers sal aan waglys leerders toegeken word. Sodra hulle in die stelsel aanvaar word, sal hul nuwe permanente nommers ontvang.
> Eie Admin nommers kan gekies word, of bestaande nommers kan verander word. Vir nommers met meer as 4 syfers, stuur ‘n versoek aan die Ondersteuningspan.

Oorplasingskaarte
Kies of ‘n lyn vir die ouerhandtekening, uitstaande balans (per hand voltooi of vanaf die stelsel) en die Departementele watermerk gedruk moet word.

Funksies toegeken aan die skool
Dui die Beheerliggaam verantwoordelikhede aan.

Gasheer skool inligting
Dui aan of die skool gebruik maak van ‘n ander skool se fasiliteite.

SAMS vereistes
> Dui die tipe skool aan om toepaslike subsidie te ontvang
> Dui aan of u SID en LSEN leerder akkommodeer.
> Dui aan hoeveel rekenaars in die Admin kantoor is.
> Tik die skool se siklus en periodes per fase in.

EMIS Beampte
Kies die personeellid wie as kontakpersoon vir die Departement sal optree.

DOE Verteenwoordiger inligting
Tik die besonderhede van u kontakpersoon by die Departement hier in.

Voorraad Bestuursinligting
> Kies die Voorraadbestuurder indien u gebruik maak van die Bates module.
> Voorraadlyste kan ingevoer word met ‘n Excel templaat. Waardevermindering is nie op hierdie staduim moontlik nie.

Eksamensentrum inligting
Voltooi u eksamensentrum inligting.

Gedragskode inligting
> Kies die Dissipline hoof
> Dui aan wanneer die dissipline totale na nul herstel moet word.
> Dui aan of ouers ‘n sms/d6 Connect boodskap moet ontvang wanneer ‘n leerder punte ontvang.
> Die sms/d6 Connect boodskap sal in die ‘outbox’ bly totdat dit deur ‘n personeellid vrygestel word.

Afwesigheids inligting
> Dui aan of ouers ‘n sms/d6 Connect boodskap moet ontvang wanneer ‘n leerder as afwesig aangedui word.
> Die sms/d6 Connect boodskap sal in die ‘outbox’ bly totdat dit deur ‘n personeellid vrygestel word.

Buitemuurse inligting
Kies die aktiwiteite wat deur die skool aangebied word. Hierdie Departementele lys kan nie aangepas word nie.

d6 Communicator inligting
Indien u ons d6 Communicator stelsel gebruik, voltooi die URL en aanteken-besonderhede sodat Communicator boodskappe direk uit die d6+ stelsel gedoen kan word.

Ouditeur besonderhede
Voltooi die kontak besonderhede van die skool se Ouditeur. Hierdie inligting sal nie na SA-SAMS uitgevoer word nie.

Hoof bankrekening
Indien die skool ons finansies stelsel gebruik, voltooi hierdie inligting wat op die state moet verskyn.

Finansiële inligting
Indien u van ons finansiële stelsel gebruik maak, voltooi die nodige finansiële inligting. Die implementeerder sal u hierin kan bystaan

Debiet Order inligting
Ons stelsel akkommodeer betalings per debietorder in samewerking met StratCol.

d6 Cashless Integrasie:
Indien die skool ons d6 Connect toep gebruik, sal ouers vooraf ‘n betaling in ‘n “Beursie” (bestuur deur Sticcit) kan maak waarmee skool projekte, klasuitstappies en selfs skoolfonds met die foon betaal kan word. Verminder so kontant op die skool se perseel.

Sticitt Integrasie

Sticitt is 'n aanlyn betalingsoplossing wat gebou is om met die "d6 Connect" App te integreer. Wanneer die skool die "d6 Connect" app gebruik en met die Sticitt betalingsoplossing integreer sal dit die ouers in staat stel om vir hulle leerders se projekte te betaal deur die App. Die skool moet sekere funksies opstel voor hierdie module beskikbaar is.

Die opstelling word gedoen deur jy kliek op " Gebruik Sticitt vir kontantlose betalings" en die opsie verander na "Ja". Die velde vir die opstelling sal oopgaan.
Sodra die skool 'n kontrak met Sticitt Pay geteken het sal Sticitt Pay vir ons 'n Sticitt Handelaar ID stuur. Dus word hierdie veld deur ons admiistrasie ingevul.
Kies/ Skep 'n Stickitt bankrekening op die stelsel waar transaksies outomaties sal paasvind. Wanneer jy nie so 'n grootboek rekening het nie, kan jy een skep by Finansies > (Algemene Grootboek) > Rekeninge > Skep 'n rekening. Dit sal 'n bankrekening wees wat slegs elektroniese transaksies aanvaar.

Kies die bankrekening waneer jy die rekening moet kies waarin die fooie ontvang van Sticitt moet gaan. Kies / Skep 'n rekening waarheen die kostes vir Sticitt moet gepos word. Wanneer jy nie 'n grootboek rekening het nie, kan jy een skep by Finansies > (Algemene Grootboek) > Rekeninge > Skep 'n rekening. Hierdie sal 'n uitgawe rekening wees.

Wanneer jy die opstelling voltooi het sal jy projekte kan opstel wat deur ouers betaal kan word met die "d6 Connect" App.

3de Party integrasie:
  1. Laat deelnemende invorderaars toe om inligting vir oorhandigings te onttrek uit die stelsel .
  2. Wanneer 'n gebruiker 'n nuwe derde party na die regte dubbele lysboks skuif onder die afdeling "Inligting oor die derde party", word die volgende boodskap vertoon:
    "Ek begryp dat ek deur hierdie integrasies te aktiveer, ek d6 toestemming gee om inligting uit my d6+ -omgewing met die geselekteerde derde party te deel, en ek bevestig dat ek gemagtig is om die toestemming te gee."
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.



    • Related Articles

    • Skoolopstelling

      Inleiding My Skool > Algemeen > Skoolopstelling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die skoolopstelling is die eerste en mees belangrike stap wat voltooi moet word voor jy op die stelsel kan begin. Dit is belangrik om die inligting ...
    • LEERPROGRAM OPSTELLING

      My Skool > Kurrikulum > Leerprogram Opstelling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Indien u op stap 3 van die Leerprogramopstelling 'n Taak sou verwyder wat opgestel is as deel van 'n Vak-spesifieke formule, sal die taak ook uit die ...
    • Aksie Opstelling

      My Skool > Gedragskode > Aksie Opstelling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Sekere dissiplinêre aksies moet opgestel word vir hierdie funksie. Hierdie aksies sal outomaties gegeneer word wanneer die opstelling vir 'n spesifieke ...
    • Doen en late opstelling

      Inleiding My Skool > Algemeen > Doen en late opstelling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Hierdie funksie laat jou toe om die beskikbare Doen en Late tipes en redes te sien wat jy gaan gebruik wanneer jy 'n leerder se Doen en Late ...
    • Debiet Order Opstelling

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hoe Om Debiet Orders Op Te Stel  Debiet orders word opgestel deur dit te aktiveer in die leerder se profiel onder die Fakturering Blad. Die Fakturering Blad staan ook ...