Doen en Late

Doen en Late

My Skool > Leerders > Doen en Late

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel
Leerder doen-en-late fasiliteer die hantering van laat-kommers, leerders wat vroeg verlaat en leerders wat sekere tye van die dag mis. Dit dien as ‘n skakel tussen die leerder afwesigheid en leerder dissipline modules. Dit beteken dat jy kan geldige leerderafwesighede byvoeg en in dieselfde tyd aandui of die rede van afwesigheid te danke is aan ‘n gedragskode en of dit verwant is met gedragskode se rede vir afwesigheid. Die byvoeg van data in hierdie stap, opdateer die gewone afwesigheid data asook die gedragskode data.

Nota: Gebruikers met Skool Administrasieregte kan Doen-en-Late redes byvoeg/ verander by My Skool > Algemeen > Doen-en-Late Opstelling
Vir meer inligting verwys na die artilel Doen-en Late Opstelling

Die Inskrywing van Leerders Doen en late

  • Kies die Datum vir wanneer jy die leerder se doen en late wil byvoegdeur op die kalender knoppie te kliek.
  • Die alternatief is om van die blou pyltjies gebruik te maak om die datum te kies.
  • Kies die metode vir die resultate by Groepering.
  • Wanneer die lys van leerders wys dubbelkliek in die ry van die spesifieke leerder vir wie jy Doen en Late wil byvoeg.

Afwesighede:

  • Afwesighede kan bygevoeg word vir ‘n spesifieke leerder, kliek in die blok en kies die afwesigheidsrede in die blok deur op die af pyltjie te kliek.
  • Om kommentaar by die inligting te voeg, tik in die kommentaar blok wat beskikbaar is.
  • Wanneer jy 'n SMS wil stuur na die ouers, kliek op die pyltjie om die keuses oop te maak. Let asseblief daarop dat die keuse van ouers wat die kommunikasie moet ontvang, word opgestel onder My Skool > Algemeen > Skool Opstelling. 
  • Kliek op "stoor" om die inligting te stoor.
  • Gebruik alternatiewelik die afwesigheid kortpaaie om ‘n leerder se afwesighede by te voeg. (die prentjie knoppies langs die leerders se naam).
  • Deur te kliek op een van die spesifieke prentjies sal die stelsel jou outomaties neem na ‘n bladsy waar die die leerder se doen-en-late bygevoeg kan word, waarvan die rede reeds bygevoeg sal wees.
  • Om kommentaar by die inligting by te voeg, tik in die kommentaar blok wat beskikbaar is.
  • Kliek op die afpyltjie om ‘n SMS te stuur aan die ouers.
  • Kliek op die "stoor" knoppie om die inligting te stoor.
  • By Laat opgedaag / Vroeg verlaat sal die stelsel outomaties die huidige tyd byvoeg, die tyd kan verander word indien nodig.

Periodes nie bygewoon nie 

  • Indien ‘n leerder nie ‘n periode bygewoon het nie, voeg die inligting by en toon aan die rede hoekom die leerder afwesig was vir die spesifieke periode.
Hierdie opsie word gebruik vir leerders wat nie afwesig is of wat nie laat aangekom het of vroeer verlaat het nie. Met ander woorde, is die leerder teenwoordig by die skool, maar het nie klas bygewoon.
  • Kies  die rede vir die hoekom die leerder nie teenwoordig was by die periode nie deur op die afpyltjie te kliek langs die korrekte periode.
  • Om ‘n kommentaar by die inligting by te voeg, tik die kommentaar in by die kommentaar blok.
  • Kies die spesifieke vak van die periode wat die leerder mis deur op die afpyltjie te kliek. Die vakke wat vertoon soos per jou kurrikulum opstelling.
Indien enige van hierdie redes gekoppel was aan ‘n leerder se dissipline sal die stelsel outomaties die strafpunte opdateer wat geallokeer was aan die leerder by My Skool > Gedragskode > Gedrag.

Leerders Doen en Late bestuur of Redigeer

  • Byvoorbeeld: Indien ‘n leerder se doen-en-late bygevoeg was as afwesig, en die leerder daag later op by die skool. Die doen-en-late tipe kan verander word van Afwesig na laatkom en die rede kan ook verander word.
  • Om die afwesigheidsrede aan te pas na ‘laat opgedaag, kliek in die  boks. Die stelsel sal outomaties die afwesigheid kanselleer en u dan verplig om die informasie te voltooi van die leerder se ‘laat opgedaag’ inligting. 
  • Kliek op die "stoors' knoppie om die inligting te stoor. Daar sal 'n boodskap vertoon wat jou waarsku dat jy nou datat verwyder en ander invoeg.
  • Kliek op die "Ja"  knoppie om die veranderinge te aanvaar.
  • Die stelsel sal die Doen-en-late tipe en rede outomaties opdateer.

Verslag van doen en late

'n Verslag van die Doen en Late kan saamgestel word by Verslae > Leerders > Doen en Late Verslag.
Maak jou keuses soos jy verkies en Genereer die verslag of voer uit na Excel.



Vrae Beantwoord

Moet ek nogsteeds die leerder afwesigheid en dissipline opdateer per hand?

Die data wat toegevoeg word in hierdie funksie word outomaties gebruik om die leerders se afwesigheid op te dateer, sowel as die opdatering van die gedragskode data waar dit gebruik word.(Dit gebeur slegs indien die Doen-en-Late rede gekoppel is aan dissipline).



© Copyright d6 group (Pty) Ltd.



    • Related Articles

    • Doen en late opstelling

      Inleiding My Skool > Algemeen > Doen en late opstelling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Hierdie funksie laat jou toe om die beskikbare Doen en Late tipes en redes te sien wat jy gaan gebruik wanneer jy 'n leerder se Doen en Late ...
    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • DOEN-EN-LATE VERSLAG

      Doen-en-Late vir : Kies die doen-en-late periode vir die verslag. Kies tussen Jaar, Kwartaal of Tydperk. Jaar: Kies 'n jaar vir die verslag. Verslag Tipe : Kies die tipe verslag. Kies tussen Per Leerder, Doen-en-Late Tipe, Opsomming of Gedetailleerd. ...
    • Teenwoordigheid Bevestigings

      Die Department van Onderwys vereis dat die inlees van leerder afwesighede vir elke dag bevestig word om seker te maak dat die inlees van afwesighede voltooi is. Die stelsel wys 'n taak vir die registerklas onderwyser indien die dag se afwesighede nog ...
    • Leerders Per Heffings Item

      Hoe om die leerders per heffingsitem verslag te skep Kies die heffingsitems wat jy wil besigtig en kliek op die pyltjies wat na regs wys om op hul te rapporteer. Kliek op "besigtig" knoppie om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n ...