Leerder Afwesighede

Leerder Afwesighede



Afwesighede van leerders word vir verskillende redes ingelees:
  • Bywonings statestieke vir die Departement van Onderwys
  • Om aan te dui hoeveel dae 'n leerder afwesig was op verskeie verslae
  • Aansporings toekennings vir klasse waar die leerders 100% teenwoordig was
  • Sertifikate vir leerders met 100% bywoning

Vir hierdie redes maak asseblief seker dat die afwesighede akkuraat ingelees word omdat dit die prosesse kan beinvloed.

Let wel: Maak asseblief seker dat termyne en vakansies reg opgestel is voordat jy afwesighede begin inlees.

Hoe om Leerder Afwesighede in te lees of te verwyder

  • Let asseblief op dat leerder afwesighede ingelees word gebasseer op die volgende groepe beskikbaar:
  • Dit sal beskikbaar wees om te kies tussen Registerklas of per Leerder.
  • Ons sal die registerklas opsie bespreek, die ander opsies is self verduidelikend.
  • Kliek op die Laai Afwesighede knoppie.
  • Kies die Registerklas waarvoor jy afwesighede wil inlees deur op die blou oog ikoon langs die graag se naam te kliek.
  • Kies die datum van die toepaslike week deur op die blokkies te kliek (Dit moet 'n Maandag wees).
  • As jy verkies om alle leerders te besigtig op die volgende bladsy verander die opsie in die " Vertoon alle leerders" veld na Manlik, Vroulik of Albei om die hele klaslys te vertoon volgend die keuse.
    • As jy " Nee" kies by die " Vertoon alle leerders" opsie , kliek op die kieslys pyltjie langs die leerder se naam om die leerder te kies wat afwesig was.
    • Kliek op "Voeg 'n lyn by" om meer leerders uit dieselfde klas te kies.
  • Die dag van die week word vertoon, kliek die toepaslike blok/ke om die dag/e te kies wanneer die leerder afwesig was.
  • 'n Regmerkie sal in die blok wys.
  • Onthou om die rede vir die afwesigheid te kies uit die kieslys.
  • Verskeie redes sal vertoon en meer redes kan bygevoeg word by My Skool > Algemeen > Afwesigheidsredes.
  • Kies die toepaslike rede.
  • Die opstelling vir jou skool om afwesigheids SMS boodskappe te stuur moet gedoen word onder My Skool > Algemeen > Skool Opstelling ( Afwesighede Inligting)
  • In die geval waar die opstelling gedoen is om SMS boodskappe te stuur, sal die opsie of Ouer 1 of 2 die boodskap moet ontvang beskikbaar wees.
  • Jy moet nou kies of jy wil verkies dat ouer 1, ouer 2 of beide ouers die SMS moet ontvang dat die leerder afwesig is van skool
Let wel: Die opstelling onder My School > Algemeen > Skool opstelling (Afwesighede Inligting) sal alreeds die regte ouer/s kies.
  • As jou stelsel gestel is om SMS boodskappe te stuur vir afwesighede, sal die stelsel 'n taak skep onder die " Kommunikasie Take" op jou take bladsy.
  • Wanneer jy die afweighede klaar ingelees het moet jy op jou takelys gaan kyk vir take om die SMSe te stuur.
  • Gaan na My Tuiste > Take. 
  • Kliek op "hier" om die lys te besigtig van die afwesighede wat gestuur moet word.
  • In die geval dat 'n leerder afwesig was vir meer as een dag in 'n week, het jy die keuse om " 'n Aparte SMS vir elke dag afwesig" of " Een SMS vir die week se afwesighede".
  • Kies vir elke leerder vir wie 'n SMS gestuur moet word, deur in die kies blokkie links van die leerder se naam.
  • Onderaan die bladsy sal die volgende boodskap vertoon word:
  • "  U gaan 8 SMS boodskappe stuur" 
  • Al die boodskape wat nie gekliek is nie sal verwyder word wanneer die SMSe getsuur word en kan nie verhaal word nie.
  • Onderaan die skerm kliek op "SMS ouers".
  • Aan die heel regterkant van die bladsy kliek op die "scroll bar" en rol op tot heel bo-aan die bladsy.
  • Jy sal 'n pienk blok vind BO-AAN DIE BLADSY waar  jy gewaarsku word dat die ongemerkte SMSe VERWYDER SAL WORD.

Vrae wat gereeld gevra word

Hoekom kan ek net afweighede inlees vir sekere dae?

Wanneer die datums van die week nie vertoon nie of nie korrek vertoon nie beteken dit dat jou termyne en vakansies nie reg opgstel is nie.

Let wel dat die afwesighede vir 'n leerder net ingelees kan word in 'n vasgestelde termyn. Gaan na My Skool > Algemeen > Termyne, om hierdie reg te stel.

Hoekom het ek nie altyd toegang tot die "  Vertoon all leerders" veld  sodat ek die hele klas kan sien nie?

  • Dit is die beste om afwesighede aan die einde van die week in te lees.
  • Wanneer 'n afwesigheid ingelees is vir 'n klas, verander die stelsel outomaties die " Vertoon alle leerders" veld na "Nee" en die opsie is nie weer beskikbaar vir die week nie.
  • Vir daardie week kan jy meer afwesighede inlees deur op die " Voeg  lyn by" knoppie.
Let wel: Afwesighede kan ook ingelees word onder Doen en Late  gaan na " My Skool > Leerders > Doen en Late en kliek op die " vergrootglasie" links van die leerder se leerder se naam. Bo aan die bladsy sal jy die opsie vind waar jy die afwesgheid kan inlees.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.

    • Related Articles

    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • LEERDER AFWESIGHEDE

      Afwesighede van leerders word vir verskeie doeleindes aangewend: Bywoning statistieke van leerders aan die Departement Aantoon van die aantal dae afwesig op rapporte Aansporings vir klasse wat bv. 100% teenwoordig is vir ‘n week Sertifikate vir ...
    • LEERDER GETALLE

      Dit is raadsaam om te verseker dat die toelatings, herregistrasies en promoverings proses afgehandel is voordat die verslag (herregistrasies / promoverings) genereer om leerder getalle te vertoon vir die volgende admin jaar. Dit sal verseker dat die ...
    • PERSONEEL AFWESIGHEDE

      SKEP ‘N VERSLAG VIR KATEGORIEE Kies "Afwesighede vir" deur te kliek op die af pyltjie. Kliek op Kategorieë. Kies "Vir personeel wat betaal word deur". U kan kies tussen Departement van Onderwys, Beheerliggaam of Ander. In die d6+ stelsel kan ...
    • LEERDER PROFIEL

      LEERDER PROFIEL Hierdie funksie skep ‘n verslag wat die basiese inligting van die leerder, soos van tyd tot tyd versoek tussen skole, vertoon. Dit is raadsaam om te verseker dat alle data velde op die leerder se profiel inligting volledig ingevoer is ...