Die E-Pos funksie

Die E-Pos funksie

My Skool > Kommunikasie > E-pos


Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel.
Hierdie funksie is beskikbaar sodat kommunikasie kan plaasvind, deur e-pos, tussen die skool en ouers, leerders, debiteure, personeel, kanale of selfs eie e-pos addresse.

Dit is beste praktyk om te verseker dat kanale vooruit geskep  word by My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kanale voordat e-pos gestuur word. 

Hoe om 'n E-pos te stuur

  • Wanneer jy die knoppie kliek en die bladsy gaan oop sal jy eerstens kan kies aan wie jy die e-pos wil stuur, kliek op die kieslys om die opsies te sien.
  • Voeg die onderwerp by in die toepaslike blokkie.
  • Sleutel die boodskap in wat jy wil stuur.
  • Wanneer jy 'n aanhegsel wil aanheg aan you epos kliek op die "choose file" knoppie en soek die dokument wat jy wil aanheg.
  • Jy kan die BCC opsie gebruik sodat eposse gestuur word soder dat die ontvangers mekaar se e-pos adresse kan sien. Die BCC opsie laat jou ook toe om 'n e-pos terug te ontvang vir elke e-pos wat jy stuur sodat jy dit op rekord het vir jouself.
  • Wanneer jy gekies het om jou epos na Ouers te stuur sal daar meer opsies onderaan die bladsy oopgaan sodat jy kan kies na watter leerders jy wil stuur, Huidig, Verlaat leerders of Geregistreerde leerders.
  • Maak jou keuses in die ander velde ook.
  • Elke opsie wat jy kan kies bo aan die bladsy om 'n "E-pos vir" te stuur, sal sy eie opsies onderaan die bladsy vertoon.
  • Let wel: Alleenlik persone met e-pos adresse geregistreer op die stelsel sal in die lys van opsies wys. As of 'n leerder, ouer, personeellid, debiteur of kanaal nie e-pos adresse het nie sal hulle nie vertoon in die lys aan die linkerkant nie.
  • Jy kan eie e-pos adresse insleutel van ander mense aan wie jy eposse wil stuur deur die " Eie adresse" opsie te kies.
Belangrik: Let daarop dat ons stelsel nie rekord hou van e-posse wat gestuur word nie.  As jy die BCC opsie kies sal jy e-posse kry in jou "Inboks" van jou eposstelsel wat jy dan kan hou as bewys dat die epos gestuur is.
  • Kliek op "stuur"  onderaan die bladsy om jou e-pos te stuur.
  • Die volgende boodskap sal vertoon: " U gaan nou  1490 e-posse uitstuur. Wil u voortgaan?"
  • Kliek op "Stuur" om die e-posse te stuur.
  • Kliek op "Terug" om die proses te kanselleer.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Kommunikasie Groepe

      My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kanale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie Kanale is die skakels tussen Ouers/ Ander Kontakpersone en d6 Connect inhoud. Multi-platform en d6 Connect boodskappe kan gestuur word aan ...
    • Massa E-pos Waglys

      My Skool > Kommunikasie > Massa E-pos Waglys Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Hierdie funksie laat die gebruiker toe om die status van e-posse wat in massa uitgestuur word, soos die rekeningstate en die rapporte, te sien. ...
    • Multi-Platform Kommunikasie

      My Skool > Kommunikasie > Multi-Platform Kommunikasie Druk <Ctrl><F> to search for words in the article Hierdie funksie laat die gebruiker toe om kommunikasie te stuur deur verskillende mediums sonder duplikasie en onnodige kostes. Dit kan E-pos, SMS ...
    • Kommunikasie Kategorieë

      Inleiding My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kategorieë Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie kategorieë is geskep om inligting te kategoriseer wat gedeel word met kliënte/ gebruikers. Skep 'n Kommunikasie Kategorie Om ...
    • Stuur 'n e-pos versoek

      My Tuiste > Stuur 'n e-pos versoek Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Wanneer jy hupl wil vra van ons Ondersteuningsafdeling, stuur asseblief 'n e-pos na support@d6 plus.co.za en daardeur word 'n saak/ kaartjie aan ons kan geskep. ...