Pre-Primêre Rapporte

Pre-Primêre Rapporte

Verslae > Leerders > Pre-Primêre Rapporte

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel
In hierdie verslag word die resultaat (punte) van leerders aangedui deur emosionele gesiggies (gesiggie rapporte).

Hierdie knoppie se funksies is nou ingesluit by die ander template by VERSLAE > Leerders > Rapporte.
Indien u reeds 'n Gesiggie Rapport templaat hier gehad het, sal dit nou beskikbaar wees by My Skool > Kurrikulum > Rapport Template.

Daar kan 'n unieke logo op die Gesiggie rapporte gedruk word. Stuur die gekose prentjie na die Ondersteuningspan om op die skool se databasis te laai.
Die volgende aanpassings sal nou beskikbaar wees. Dubbelkliek op die templaat naam om dit te redigeer.

Daar 5 tabs bo aan die bladsy is: Formaat, Punte, Slaagvereistes, Opmerkings en Handtekeninge.

Formaat tab

  • Kies die tipe briefhoof wat bo aan die rapport sal vertoon. Jy kan kies tussen Voorafgedrukte briefhoof, Standaard Briefhoof,  Digitale Briefhoof (jou eie briefhoof gestuur aan die Ondersteuningspan) en Provinsiale briefhoof.
    Nota: Indien u 'n ander prentjie vir die Gesiggie (Voorskoolse) rapport wil gebruik, stuur 'n voorbeeld na die Ondersteuningspan. 
  • Kies of jy afwesighede op die rapport wil druk en tot wanneer dit bereken moet word. Kies tussen die laaste dag van die kwartaal en 'n datum van u keuse..
  • Kies of jy die vakonderwyser se naam wil druk op die rapport en in watter formaat.
  • Kies of jy die Skool se her-open datum wil druk.
  • Indien u die Digitale Briefhoof-opsie gebruik, dui aan waar op die bladsy die rapport moet begin druk om te voorkom dat die teks bo-oor die briefhoof druk.
  • Kies die rapport opskrif wat aan die bokant van die rapport sal druk. Jy kan kies tussen 
    • Geen
    • Rapport,
    • Vorderingsverslag
    • Voorlopige Vorderingsverslag - Nie Finaal nie
    • Tussentydse verslag
    • Eie rapportopskrif om 'n volgende veld oop te maak waarin die opskrif getik kan word.
  • Kies die Skaaltabel wat gedruk moet word. Kies tussen Geen/Vlakke en beskrywings/Persentasies, vlakke en beskrywings
  • Kies die Skaaltabel volgorde.
  • Merk die blokkie as jy addisionele skale in die skaaltabel wil druk bv. "a" vir afwesig of "*" vir nie geskryf nie.
  • Kies die skaal tabel se lyn hoogte.
  • Kies die formaat van die leerder se naam op die rapport.
  • Kies die formaat van die graad.
  • Merk of kwartale vergelykend in kolomme langs mekaar gedruk moet word.
  • Dui aan of daar plek moet wees vir die skool stempel op die rapport.
  • Dui aan of die graad in hakies langs die vakke moet druk. (Hoofsaaklik vir skole waar leerders vakke van meer as een graad in 'n jaar neem)
  • Sleutel 'n lynhoogte vir die punte in.
  • Sleutel die wydte in van die punte kolom.
  • Sleutel die lettergrootte vir die puntekolom in.
  • Kies die datum formaat waarin jy die datum op die rapport wil druk.
  • Kliek op die "stoor" knoppie om die veranderinge te stoor.

Punte tab

Punte
  • Assesseringstipe:  Kies Gekombineerde punte.
  • Punte tipes: Kies die Gesiggie tipe.
  • Kies of die resultaat met 'n kruis of 'n kol aangedui moet word.
Vak vlak
  • Kies tot op watter vlak jy wil hê die rapport moet punte druk. Jy kan kies tussen Vak/ Leerarea, Komponent/ LU/ Taak of Assessering.
  • Kies die agtergrond skakering, indien verkies, wat in die agtergrond van die vakke moet wys.
  • Lees die lettergrootte van die vak in.
  • Merk die blokkie as jy verkies om die lettertipe in vet skrif te druk vir die Vak.
  • Kies hoe die vak/ leerarea punt moet print in die punte kolom.
  • Jy kan kies van Persentasie, vlak of beide.
  • Wanneer jy Komponent/ LU vlak kies, sal 'n opsies beskikbaar word wat jou sal toelaat om die opstelling te doen.
  • Kies die skakering, indien verkies, wat in die agtergrond van die Komponent/ LU/ Taak sal wys.
  • Lees die font grootte van die Komponent/ LU in.
  • Kies hoe die Komponent/ LU  moet druk in die punte kolom. Jy kan kies tussen Persentasie, Vlak, Beide of geen.
  • Dui aan of jy die Komponent/ Rou punt wil druk.
  • Dui aan of jy die Komponent/ LO Gewigpunt wil druk.
Assesserings vlak
  • Wanneer jy Assesseringsvlak kies, sal 'n lys van opsies wys wat jou sal toelaat om die opstelling te doen.
  • Kies die skakering , indien verkies, wat in die agtergrond van die Assessering sal vertoon.
  • Sleutel die font grootte in vir Assessering.
  • Kies hoe die Assesseringspunt sal druk in die punte kolom. Jy kan kies tussen Persentasie, Vlak, Beide of geen.
  • Dui aan of  jy die Assesserings Rou Punt wil druk.
  • Dui aan of   jy die Assesserings Gewigpunt wil druk.
Druk addisionele punttipes
  • Indien jy addisionele punttipes wil druk, kies die tipe wat gedruk moet word en of die Promosiepunte in 'n aparte kolom gedruk moet word.
    Nota: Addisionele punttipes kan van die Ondersteuningskantoor aangevra word.
  • Dui aan hoeveel desimale plekke op die rapportpunte vertoon moet word. Die oorspronklike punte in die stelsel sal nie verander nie.
  • Dui aan hoe die VOO leerdergemiddeld bereken moet word:
    Gemiddeld van alle vakke, of
    Kernvakke en beste 3 keusevakke: Vir leerders wie addisionele vakke neem, sal die beste 3 punte gebruik word. 
  • Dui aan of  "Vakke wat nie deel vorm van die gemiddeld nie" onderaan die rapport as 'n aparte punte blok gedruk moet word. 'n Opsie sal beskikbaar word wat jou sal toelaat om te kies of jy die Leerder Gemiddeld vir die "Vakke wat nie deel vorm van die gemiddeld nie" wil druk.
  • Kliek op die "Stoor" knoppie om jou veranderings te stoor.

Slaagvereistes tab

  • Kies of jy die slaagvereistes wil druk. Die rede waarom 'n leerder nie slaag nie sal gedruk word. Bv. 50% in Huistaal word vereis.
  • Kies of vakke gedruip aangedui moet word (Punte word in rooi omkring). Die Omkringdrempel moet aangedui word by Stap 2 in die Leerprogram opstelling en by Vakspesifieke formules.
  • Lees die gekose opskrif vir die Resultaat en Endossement in.
  • Kies die tipe resultaat wat gedruk moet word. Kies tussen Druk niks, Druk kode (S/NA/R) en druk beskrywing (Slaag/Nie behaal/ Teruggehou)
    Nota: Indien hierdie nie druk nie, maak seker dat die resultaat riglyne is gekoppel by My Skool > Kurrikulum > Resultaat riglyne.
    Onthou dat jou Kwartaal Resultate (My Skool > Kurrikulum > Kwartaal Resultate) bereken moet word voor die punte op die rapporte sal druk.
  • Kies die posisie van die resultate.Tabel sal 'n resultaat onderaan elke termynpunt kolom druk, en Kommentaar sal 'n reel druk vir die termyn se resultate.
  • Druk leerder promosie resultate: Hierdie opsie moet SLEGS aan die einde van die jaar gekies word. Die reel: "Jy word bevorder na Graad 2. Baie geluk" sal gedruk word.
  • Kliek op die "Stoor" knoppie om jou veranderings te stoor.

Opmerkings tab:

  • Dui die opmerking lynhoogte aan.
  • Indien jy opmerkings vir vakke/ Leeruitkomstes wil druk, kliek op die Opmerkings tab. 
  • Meer opsies sal vertoon waar jy kan kies om 'n sekere agtergrond skakering te druk of nie en lees die hoeveelheid leë lyne in wat jy wil druk na die opmerkings.
    Nota: Jy moet slegs hierdie opsie kliek as jy generiese opmerkings vir Vak/ Leeruitkomstes geskep en gekoppel het. (My Skool > Kurrikulum > Opmerkings) en (My Skool > Leerders > Opmerkings.)
  • Dui aan of Opvoeder opmerkings gedruk moet word. Meer opsies sal beskikbaar word waar jy kan kies of jy 'n raampie om die Opvoeder opmerkings te druk en kies die font grootte van die opmerkings. Jy kan ook 'n hoeveelheid leë lyne wat jy na die opmerkings wil druk insleutel.
  • Indien leë lyne vir Ouer-opmerkings gedruk moet word, dui die hoeveelheid lyne wat gedruk moet word.
  • Wanneer jy enige Biografiese inligting wil druk op die rapport, kies asseblief die toepaslike inligting wat gedruk moet word.
    Nota: Indien geen biografiese inligting ingelees is in die stelsel nie, moet asseblief nie die opsie kies nie.
  • Kliek op die "stoor" knoppie om die veranderings te aanvaar.

Handtekeninge tab

  1. Dui aan of 'n plek vir die Onderwyser handtekening gedruk moet word. Meer opsies sal wys waar jy die die Formaat van die naam (voorkeurnaam or voorletters) en die Titel van die onderwyser (voogonderwyser, opvoeder of eie titel) kan kies.
  2. Dui aan of 'n plek vir die Graadhoof handtekening gedruk moet word. Meer opsies sal vertoon waar jy die Titel van die onderwyser kan kies ( Graadhoof, Graadvoog, Voog, Adjunkhoof of eie titel.)
  3. Dui aan of 'n plek vir die Ouerhandtekening moet druk.
  4. Dui aan of 'n plek vir die Hoof se handtekening gedruk moet word. Meer opsies sal beskikbaar word waar jy die Formaat van die hoof se naam (Geen, Titel - Voorkeurnaam - Van of Titel - Voorletters - Van) en die Titel ( Geen , Waarnemende Hoof, Hoof, Adjunkhoof: Akademie en eie titel) kan kies.
  5. Dui aan of 'n datum onder die hoof se handtekening moet druk.
  6. Dui aan of die hoof se handtekening op die rapport moet druk. 
    Nota: Die handtekening moet na die Ondersteuningspan gestuur word in 'n *jpg of *png formaat om op u d6+ stelsel gestoor te word. Slegs een hoof se handtekening kan gebruik word.
  7. Kliek op die " Stoor" knoppie om die veranderings te stoor.

Om Raporte te genereer

  1. Gaan na Verslae > Leerders > Rapporte
  2. Nou kan jy die rapporte druk gebasseer op die template wat jy ontwerp het.
 

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Rapporte

      Verslae > Leerders > Rapporte Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Rapporte word geskep om die leerder se vordering deur die jaar te vertoon en die rapport word ook gebruik om die leerder se punte na die ouers te neem. Rapporte per ...
    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • Leerders Per Heffings Item

      Hoe om die leerders per heffingsitem verslag te skep Kies die heffingsitems wat jy wil besigtig en kliek op die pyltjies wat na regs wys om op hul te rapporteer. Kliek op "besigtig" knoppie om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n ...
    • Pre-Primary Report Card Template

      My School > Curriculum > Report Card Templates Type <Ctrl> <F> to search for words in the article. In this report, the achievements (marks) scored by a learner are represented by emotional faces (smiley face report card). An individual school logo ...
    • Leerderoorsig

      My Skool > Leerders > Leerderoorsig Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Die leerder oorsig funksie laat toe dat die gebruiker 'n wye oorsig van die leerder se inligting soos biografiese inligting, ouer inligting, gedrag, akademie, ...