Aanlyn Registrasies

Aanlyn Registrasies



Gebruik hierdie bladsy om aanlyn registrasies/aansoeke te aktiveer of te deaktiveer, en om die aanlynvorm wat ouers sal invul om aansoek te doen vir plasing van hul leerders aan te pas. 
  1. Dit is moontlik om te versoek dat dokumente by die aansoek aangeheg word by My Skool  >  Algemeen > Dokumente, of alternatief onder My Skool > Aanlyn registrasies > Dokumenttipes. Jy kan ook die volgorder aandui, waarop die dokumenttipes moet vertoon, sowel as om te kies of n dokument aangeheg moet word met n aanlyn registrasie, of dan nie. 
  2. Ouers sal nie die aanlyn aansoeke kan teken nie. Wanneer die skool egter die aansoek finaliseer, kan die vorms na die ouer per epos gestuur word om digitaal of per hand te teken en terug te stuur na die skool.

BESONDERHEDE: 

Aktiveer jou aanlyn registrasievorm en dui vereiste velde aan:
  • Merk die blokkie om aanlyn registrasie/toepassings te aktiveer.
  • Die stelsel sal 'n URL genereer vir jou om te gebruik, maar as jy jou eie persoonlike URL wil skep, kan jy die URL invul. Dit sal eers aan ons kant goedgekeur moet word voordat die vorm aktief sal wees.
  • Merk die Ouerverklaring blokkie as jy die verklaring van die biologiese ouer in die vorm wil insluit.
  • Merk die Vrywaringsblokkie as jy die vrywaringsafdeling in die vorm wil insluit.
  • Merk die Aanspreeklike Persoon/Bankbesonderhede-inligting blokkie as jy dit in die vorm wil insluit.
  • Dui die aantal maande vir betaling wat beskikbaar moet wees op die aaansoekvorm.
    LW: Indien u nie die Finansies module gebruik nie, sal hierdie nie van toepassing wees nie.
  • Dui met behulp van die kieslys aan hoe jy wil hê dat ouers hul OTP moet ontvang wanneer hulle registreer. Onthou asseblief, as jy SMS kies, sal die skool gefaktureer word per SMS wat gestuur word.
  • Tik die e-pos adres in wat  die stelsel moet gebruik om aansoekkommunikasie te stuur en te ontvang. Indien jy geen e-pos adres invoer nie, sal die stelsel die skool se administrasie e-pos adres gebruik soos aangedui by My Skool > Algemeen > Skoolopstelling.
  • Aan die regterkant van jou skerm, merk die blokkies wat verpligtendmoet wees in jou registrasievorm. As die blokkie gemerk is, sal hierdie velde ingevul moet wees wanneer die vorm voltooi word.
  • Indien u enige dokumente wil laat aanheg, stel dit op met die Dokument tipes knoppie onderaan die skerm.  Instruksies volg verder aan in die dokument. 
  • Indien u die kontrak vir die aansoeke wil verander, doen dit met die Wysig Kontrak knoppie onderaan die bladsy. Instruksies volg verder aan in die dokument. 

UITLEG EN FORMATERING:

Pas die aanlynvorm aan na jou skool se gewenste voorkoms en gevoel:
  1. U keuses sal op die vorm voorskou aangedui word om die opstelling te vergemaklik.
  2. Hooftekskleur: Kies die kleur vir die hoof teks.
  3. Bladsy-agtergrondkleur: Kies die kleur vir die bladsyagtergrond.
  4. Sekondêre tekskleur: Kies die kleur vir die vorm teks.
  5. Sekondêre agtergrondkleur: Kies die kleur vir die vorm-agtergrond.
  6. Kies die Dokumente Skoolwapen hoogte.
  7. Kies die lettergrootte vir die skoolnaam.
  8. Kies die lettertipe vir die skoolnaam.
  9. Merk die blokkie as jy die skoolnaam in vetdruk wil hê.
  10. Skryf 'n inleidingsboodskap wat op die registrasieskerm sal verskyn wanneer ouers registreer.
  11. Kies die lettertipe en lettergrootte vir die inleidingsboodskap.

E-POS TEMPLATE:

Wysig elke e-pos templaat volgens jou skool se behoeftes.
Die *veldname aan die regterkant kan gekopieer word om in die templaat te gebruik sodat die inligting voltooi sal word volgens die aansoek inligting.  Bv 
*parent_title *parent_initials *parent_surname  sal voltooi as Mnr JC Mahlangu

Moet asseblief nie enige templaat leeg los nie. In die geval van 'n skool wat slegs Afrikaanse eposse wil stuur, kan die Afrikaanse teks in beide die Afrikaanse en Engelse template ingevul word.
  1. Afwagtende Templaat:  Pas die templaat aan wat gestuur word wanneer 'n ouer hul registrasie-inligting vir die eerste keer indien.
    1. Twee afsonderlike template is beskikbaar. Vir lerders wat aansoej=k dien vir die huidige jaar en waglys leerders vir vogende jaar.
    2. Jy kan die blokkie merk as jy wil hê dat 'n e-pos outomaties gestuur moet word sodra 'n ouer hul registrasievorm ingedien het. 
  2. Registrasievorms Templaat: Pas die templaat aan wat gestuur word wanneer jy die kontrak, vrywaring en toestemming aan die ouer ge-epos word vir ondertekening. Ons beveel aan dat inligting bygevoeg word om die ouer te vertel na watter epos adres die vorm teruggestuur moet word. 
  3. Goedgekeurde Templaat: Pas die templaat aan wat gestuur word wanneer 'n ouer in kennis gestel word van 'n suksesvolle registrasie.
  4. Afgekeurde Templaat: Pas die templaat aan wat gestuur word wanneer 'n ouer in kennis gestel word van 'n onsuksesvolle registrasie.
Sodra al die bogenoemde vir jou skool se behoeftes aangepas is, kan jy die URL-skakel kopieer en dit aan jou ouers stuur via verskeie platforms sodat hulle met hul registrasie kan begin.

VERANDERING VAN KONTRAKTE:

Elke deel van die kontrakafdeling kan gewysig word of nuwe inhoud kan by enige afdeling bygevoeg word.
  1. Kontrak: Pas die kontrak aan by jou skool se behoeftes deur nuwe inhoud by te voeg of huidige inhoud te wysig. 
  2. Toestemming: Pas die kontrak aan by jou skool se behoeftes deur nuwe inhoud by te voeg of huidige inhoud te wysig.
  3. Vrywaring: Pas die kontrak aan by jou skool se behoeftes deur nuwe inhoud by te voeg of huidige inhoud te wysig.
  4. Ouerverklaring: Pas die kontrak aan by jou skool se behoeftes deur nuwe inhoud by te voeg of huidige inhoud te wysig.
    1. Onthou om veranderinge te aanvaar.
    2. As jy jou veranderinge wil sien, kliek die Voorskou knoppie.
  5. Besonderhede oor hoe om die kontrak te wysig, kan onderaan hierdie artikel gevind word. 

DOKUMENTE WAT BY DIE AANSOEK AANGEHEG MOET WORD:

Jy kan kies watter tipe dokumente jy wil hê 'n ouer moet oplaai met die registrasievorm.
  1. Kliek die Dokumenttipes knoppie.
  2. Kies Leerder- of Ouer-dokumenttipe en klik op "Voeg by" by die gekose opsie.
  3. Vul die naam van die dokumenttipe in wat jy benodig en kies "Ja" vir  Aanlyn Registrasie.
  4. Aanvaar Veranderinge.
  5. LW: Slegs een dokument kan per dokument tipe opgelaai word.
    Bv. indien u twee ID kaartjies wil aanvra, skep twee tipes ID Kaart 1 en ID Kaart 2



KORRIGEER OF FINALISEER AANLYN REGISTRASIES:

My Skool > Leerders > Leerders > Aanlyn Registrasies
  1. Kies die status van die registrasies wat vertoon moet word.  Aktief/Goedgekeur/Afgekeur/Duplikaat. (Neem kennis: n Duplikaat aansoek, sal steeds op die stelsel verskyn, en sal nie verwyder word nie). 
  2. Selekteer die rekord wat verwerk moet word en kliek op "Wysig" of dubbel-kliek die rekord om dit oop te maak.
  3. Verifieer die inligting op elke oortjie of sien 'n lys van ontbrekende/foutiewe inligting op die "Finaliseer aansoek" > "Skerms met onvolledige inligting"-oortjie. 
  4. Korrigeer/ voltooi die vereiste inligting op die aangeduide oortjie, of kliek op die veldnaam om die relevante skerm oop te maak.
  5. Die Toelatings datum, klas/waglys en SNE-status van die leerder moet deur die skool (nie die ouer nie) voltooi word.
  6. Sodra die ontbrekende inligting voltooi is en die foute reggemaak is, kliek "Stoor".
  7. Die eerste kolom moet "Nee" vertoon om aan te dui dat geen foute voorkom nie voordat n aansoek goedgekeur kan word.

AANVAAR OF VERWERP AANLYN REGISTRASIES:

My skool > Leerders > Leerders > Aanlyn registrasies 
  1. Wysig/dubbel-kliek elke rekord om die e-posse te stuur volgens die template wat jy voorheen opgestel het by My Skool > Aanlyn Registrasies.
  2. Die epos teks kan aangepas word, sou bykomende inligting vir hierdie ouer gestuur moet word. 

  3. Op die "Finaliseer Aansoek"-oortjie kies die epos wat aan die ouer gestuur moet word.
    1. Afwagtende aansoek e-pos: Hierdie e-pos kan gestel word om outomaties te stuur sodra 'n aansoek ingedien is. Indien die opsie nie gekies was nie, kan die afwagtende aansoek epos ook van hier af gestuur word.
    2. Aansoekvorms e-pos:  Die Kontrak/Toestemming/Vrywaring/Ouerverklaring dokumente sal aan die ouer gestuur word om te teken en terug te stuur. Oorweeg dit om 'n reël in te sluit om die e-posadres aan te dui waarna die vorms teruggestuur moet word. Ouers kan die dokumente teken met 'n "PDF Fill and Sign" applikasie of die dokumente uitdruk en teken om as harde kopieë terug te stuur.
    3. Keur aansoek goed e-pos:  Hierdie oortjie sal slegs beskikbaar wees sodra daar geen ontbrekende/verkeerde data op die aansoek is nie.
      1. As jy die Goedkeur-epos aan die ouer wil stuur wanneer jy die leerder goedkeur en invoer, merk die "Stuur outomaties "-blokkie.
      2. Klik op die "Goedkeur"-knoppie om die leerder in jou stelsel in te voer. 
    4. Keur aansoek af e-pos:  Hierdie e-pos sal die ouer inlig dat hul aansoek afgekeur is.
      Neem asseblief kennis: Wanneer jy 'n aansoek verwerp, sal dit steeds op jou stelsel beskikbaar wees.


WYSIG KONTRAK


    • Related Articles

    • Laai Zoho Assist Af

      My Tuiste > Stelsel Ondersteuning > Laai Zoho Assist Af Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Zoho Assist is betroubare gratis sagteware wat gebruik word om aanlyn bystand te verleen. Dit stel ons in staat om bystand te verleen deur ...
    • Laat leerders toe om inligting op d6 Connect te sien

      My Skool > Kommunikasie Type <Ctrl> <F> to search for words in the article. Aangesien die d6 Connect app uitsluitlik geskep is om ouers toegang te gee na inligting rakende hul kinders, is daar nie 'n spesifieke proses om leerders aan die app te ...
    • Promosies

      Inleiding My Skool > Leerders > Promosies Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Let wel: Hierdie metode om kinders te promoveer is slegs vir grade waar die " geen berekening" metode gekies is by My Skool > Kurrikulum > Resultaat riglyne. ...
    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • Waglys Toelatings

      My Skool > Leerders > Waglys Toelatings Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek 'n Waglys word geskep deur inligting van leerders wat geregistreer het vir die volgende jaar (toelatingsdatum in die volgende jaar) en leerders wat reeds hulle ...