Algemene Grootboek Joernale

Algemene Grootboek Joernale


Hierdie funksie moet slegs gebruik word wanneer u transaksies op Grootboek rekeninge en Projekte wil teboekstel.  Joernale word nie gebruik vir regstellings in debiteure rekeninge nie.

Hoe om 'n joernaal te skep.

  • Kliek op die "skep 'n joernaal" knoppie.
  • Kies die datum waarop die joernaal uitgemaak moet word.
  • Die joernaal nommer word outomaties deur die stelsel toegeken en kan nie verander word nie.
  • By beskrywing, sal die rede vir die joernaal ingevul word.
  • Onder die joernaal items seksie, moet jy die Grootboek rekening of Projek kies waarteen die joernaal gepos moet word. Jy kan 'n rekening of projek kies deur op die pyltjies te kliek. Jy kan of die rekening nommer of die beskrywing kies en die ander een sal outomaties deur die stelsel ingevul word. 
  • Tik 'n beskrywing in die beskikbare blok vir die grootboek rekening/projek wat jy gekies het.
  • Tik die bedrag van joernaal in wat teen die rekening/projek gepos moet word.
  • Kies of die rekening gedebiteer of gekrediteer moet word.
  • Om nog 'n rekening/projek by te voeg, kliek op die "voeg lyn by" knoppie. Herhaal die proses todat al die rekeninge wat jy joernaal wil he, vertoon word.
  • Jy sal ook merk dat sodra jy op die "voeg lyn by" knoppie druk, die joernaal self balanseer deur die bedrag in te vul en so ook die debiet/krediet kolom. Jy kan nog steeds altwee die kolomme verander.
  • Indien jy 'n lyn wil verwyder, kliek op die "vee lyn uit" knoppie.
  • Die joernaal moet balanseer voor jy dit kan stoor.
  • As die joernaal balanseer kan jy op die "gaan voort" knoppie druk en die stelsel sal dan outomaties die joernaal "skep" wat dan ook meen jy moet dit nog gaan pos.
Die blokkies met die rooi * is verpligend.
Geen Joernale kan gepos word teenoort 'n Kontrole of Bank rekening nie. So ook nie teenoor enige Grootboek rekening wat aan 'n betalings opsie gekoppel is nie.

Hoe om 'n bestaande joernaal te soek en te besigtig.

  • Kies die datum by die "kies joernale vir" deur te kliek op die af pyltjie.
  • Kies die tipe joernaal wat jy wil besigtig onder "kies joernale" Jy sal kan kies tussen "geskep, gepos en verwyder".
  • Kies dan die relevante joernaal.
  • Kliek op die "besigtig" knoppie.
  • Deur weer op die "besigtig" knoppie te druk, sal die joernaal in 'n pdf formaat oopmaak en sal jy die joernaal kan print.

Hoe om 'n joernaal te redigeer.

  • Kies die datum by die "kies joernale vir" deur te kliek op die af pyltjie.
  • Onder "kies joernale" sal jy "geskep" kies.
  • Kies dan die relevante joernaal.
  • Kliek dan op die "redigeer" knoppie.
  • Sodra die joernaal gewysig is, kliek op die "stoor" knoppie.

Hoe om 'n joernaal te verwyder.

  • Kies die datum by die "kies joernale vir" deur te kliek op die af pytltjie.
  • Onder "kies joernale" sal jy "geskep" kies.
  • Kies dan die relevante joernaal.
  • Kliek dan op die "verwyder" knoppie.
  • Die stelsel sal dan vra of jy seker is of jy die joernaal wil verwyder waar jy dan of "ja" of "nee" kan kies.

Hoe om 'n joernaal te pos.

  • Kies die datum by "kies joernale vir" deur te kliek op die af pyltjie.
  • Kies "geskep" onder "kies joernale".
  • Kies die relevante joernaal.
  • Kliek dan op die "pos joernaal" knoppie.
  • Die stelsel sal dan vra of jy wel die joernaal wil pos waar jy dan of "ja" of "nee" kan kies.

Hoe om 'n joernaal om te draai.

  • Kies die datum by die "kies joernale vir" deur te kliek op die af pyltjie.
  • Onder "kies joernale" sal jy "gepos" kies.
  • Kies dan die relevante joernaal.
  • Kliek dan op die "draai joernale om" knoppie.
  • Die stelsel sal dan vra of jy seker is of jy die joernaal wil omdraai en dan kan jy of "ja" of "nee" kies.
Wanneer jy 'n joernaal om draai, is hy slegs geskep en moet jy hom nog gaan pos.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd

    • Related Articles

    • Debiteure Joernaal

      Finansies > Debiteure > Joernale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kliek op die "doen 'n joernaal" knoppie en kies die tipe joernaal wat gedoen moet word, deur te kliek op die af pyltjie. U kan kies tussen "Debiteure ...
    • Algemene Grootboek Rekeninge

      Grootboekrekeninge maak deel uit van die grootboek van die skool, waar alle rekenkundige transaksies gestoor en opgesom word. Hierdie word benodig sodat die boekhouding stelsel suksesvol kan funksioneer. Grootboekrekeninge word normaalweg genommer. ...
    • Algemene Grootboek Verslag

      Hoe om die algemene grootboek verslag te skep Kies of jy vir Alle, Aktiewe of Geslote rekeninge wil vertoon. Kies om dit te sorteer volgens Rekeningkode, Rekeningnaam, Kategorie of Begrotingshoof. Kliek op "besigtig" om die verslag te toon. Die ...
    • Krediteure Joernale

      Aanpassings tussen grootboekrekeninge en krediteure word gedoen met behulp van "joernale" Hoe om 'n krediteur jornaal te skep Kliek op die "doen 'n aansuiwering" knoppie Kies die krediteur vir wie jy die joernaal wil doen Kliek op die "gaan voort" ...
    • Projekte

      Skole is soms besig met een of ander projek. Party projekte is vir ‘n spesifieke gebeurtenis, byvoorbeeld ‘n Kaskar-dag of Konsert, terwyl ander projekte deurlopend gedurende die jaar plaasvind, byvoorbeeld die verhuring van die Lapa. Omdat projek ...