Debiteure Joernaal

Debiteure Joernaal

Finansies > Debiteure > Joernale


Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel

Kliek op die "doen 'n joernaal" knoppie en kies die tipe joernaal wat gedoen moet word, deur te kliek op die af pyltjie. U kan kies tussen "Debiteure Afskrywingsjoernaal" of "Debiteure Joernaal" of “Debiteure Oorhandigingsjoernaal”.
Die terminologie is as volg: 
  1. Debiteure Afskrywingsjoernaal (skryf die geld af)
  2. Debiteure Joernaal (Maak ‘n regstelling op 'n skool leerder rekening of 'n ander debiteure rekening)
  3. Debiteure Oorhandigingsjoernaal (Handig die debiteur oor aan ‘n Invorderaar of van Invorderaar na Invorderaar of van Invorderaar na Skool Debiteure)

Afskrywings Joernaal

  • Kies Debiteure Afskrywingsjoernaal. 
  • Kies dan die joernaal vanaf: 
  1. Skool debiteure na Grootboek Rekening/Projek - Jy gaan die Skool debiteur rekening afskryf teen ‘n grootboek rekening of projek.
  2. Invorderaar na Grootboek Rekening/Projek - Indien die invorderaar jou laat weet het dat hy/sy nie die gelde verder kan invorder nie en die skool se beheerliggaam het besluit om die oorhandigde rekening afteskryf.
  3. Ander Debiteure na Grootboek Rekening/Projek - Jy gaan die Ander debiteur rekening afskryf teen ‘n grootboek rekening of projek.
  • Kies die debiteur rekening vir die afskrywings joernaal gepos gaan word
  • Indien jy Skool Debiteure Na Grootboek Rekening geskies het, kies die familie kode en kliek op "gaan voort". Alle leerders van die familie met ‘n uitstaande saldo sal nou vertoon word.
  • Indien jy Invorderaar Na Grootboek toe gekies het, gaan jy die invorderaar moet kies en dan ook die relevante leerder rekeninge van links na regs moet skuif en dan kliek op "gaan voort". Alle leerders van die familie met ‘n uitstaande saldo sal nou vertoon word.
  • Indien jy Ander Debiteure Na Grootboek Rekening gekies het, kies die relevante rekening en kliek op "gaan voort". Alles saldo's op die rekening sal nou vertoon.
  • Sleutel die transaksie datum in, dit is die datum wanneer die transaksie op die Grootboek gepos moet word.
  • Skryf af teen rekening is waar jy moet aantoon teen watter grootboekrekening jy die transaksie wil pos. In geval van afskrywings sal jy in meeste gevalle die "Oninvorderbare" of "Slegte" skulde rekening gebruik. Jy kan ook 'n aparte rekeninge he waarteen oor jy skool debiteure en ander debiteure afskryf
  • Totale bedrag vir afskrywing is waar jy die bedrag insleutel wat afgeskryf moet word.  Jy kan hierdie blok uitlos en dan net die blokkies kliek vir die maande wat jy wil afskryf.  Die stelsel sal dan outomaties hierdie bedrag invul.  Sien ook regs bo in die hoek die twee blokkies: 
  1. Die boonste blokkie is die bedrag wat jy ingesleutel het by die Totale bedrag of die totaal van al die blokkies per maande wat jy gekies het.
  2.  Die onderste blokkie is om te kyk of die bedrag wat jy by totale bedrag ingesleutel het en die blokkies wat jy kies om afteskryf balansseer.  Indien dit nie balansseer nie sal die blokkie Rooi vertoon.  Indien dit balansseer sal die blokkie groen vertoon.
  • Beskrywing is waar jy die rede moet verskaf hoekom dit afgeskryf moet word. Wat u hier intik sal op die algemene grootboekrekening verskyn.
  • Goedkeuring gegee: Die vergadering wat toestemming gegee het om die geld af te skryf, moet getoon word. U kan kies tussen "Beheerliggaam", "Finansiële Komitee" of "Departement van Onderwys".
  • Opmerking: Hier beveel ons aan dat jy die datum van die vergadering aantoon sodat die notules nagegaan kan word deur di skool se Ouditeure indien julle enige navrae kry.
  • Kies die verskillende maande se blokkies wat julle wil afskryf. Indien die totaal wat jy wil afskryf en die totaal van die blokkies wat jy gekies het nie balanseer nie, sal die stelsel nie voortgaan nie en daar sal 'n fout boodskap opkom waar jy op die "gaan voort" opsie moet kliek en sodoende na die vorige skerm te kan terug gaan.
  • Indien dit ‘n nul bedrag is, kliek op die "gaan voor" knoppie.
Waneer jy op die "gaan voort" knoppie gekliek het, is die joernaal automaties gepos.

Debiteure Joernaal

  • Kies dan die joernaal vanaf: 
  1. Skool debiteure na Grootboek Rekening/Projek - Jy gaan die Skool debiteur joernaliseer teenoor ‘n grootboek rekening of projek.
  2. Invorderaar na Grootboek Rekening/Projek - Die opsie sal gewoonlik nie gebruik word nie want debiteure joernale is gewoonlik net van toepassing op debiteure wat op die skool se boeke reflekteer.
  3. Ander Debiteure na Grootboek Rekening/Projek - Die opsie sal gewoonlik nie gebruik word nie want debiteure joernale is gewoonlik net van toepassing op debiteure wat op die skool se boeke reflekteer.
  • Kies die debiteure rekening waarvoor die joernaal gedoen moet word.
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie.
  • Alle leerders van die familie met ‘n uitstaande saldo sal nou vertoon word.  Die stelsel sal net die balans per leerder wys. Indien jy ander debiteure gekies het, sal die saldo's hier vertoon
  • Sleutel die transaksie datum in, dit is die datum wanneer die transaksie op die Grootboek gepos moet word.
  • Kies die relevante Grootboek rekening wat gedebiteer of gekrediteer moet word. In die geval waar dit 'n Nul Rand aansuiwering is, sal dit beter wees om jou "Afwag" rekening te gebruik. Let wel dat met 'n Nul Rand aansuiwering word die betrokke rekening glad nie gedebiteer of gekrediteer nie want die bedrag is Nul.
  • Totale bedrag vir aansuiwering is waar jy die bedrag insleutel wat jy die rekening wil debiteer of krediteer.  Jy kan hierdie blok uitlos en dan net die blokkies kliek vir die maande wat jy wil joernaliseer.  Die stelsel sal dan outomaties hierdie bedrag invul.  Sien ook regs bo in die hoek die twee blokkies: 
  1. Die boonste blokkie is die bedrag wat jy ingesleutel het by die Totale bedrag of die totaal van al die blokkies per maande wat jy gekies het.
  2.  Die onderste blokkie is om te kyk of die bedrag wat jy by totale bedrag ingesleutel het en die blokkies wat jy kies om te joernaliseer.  Indien dit nie balansseer nie sal die blokkie Rooi vertoon.  Indien dit balansseer sal die blokkie groen vertoon.
  • Staat Beskrywing is waar jy die rede moet verskaf hoekom die joernaal plaasvind. Wat jy in die blok intik, sal op die debiteur se staat verskyn. As jy nie jou eie beskrywing wil gebruik nie kan jy op die afpyltjie kliek en die stelsel sal dan vir jou 'n lys van vooraf opgestelde redes gee wat jy kan kies om van te gebruik.
  • Opmerking: Hier kan jy jou eie beskrywing gee. Onthou hoe meer inligting gegee word, hoe makliker is dit om terug te verwys oor hoekom die joernaal nodig was. Jy kan ook dieselfde beskrywing wat jy in die staat beskrywing gebruik het, weer hier gebruik
  • Kies die verskillende maande se blokkies wat jy wil joernaliseer. Indien die totaal wat jy wil joernaliseer en die totaal van die blokkies wat jy gekies het nie balanseer nie, sal die stelsel nie voortgaan nie en daar sal 'n fout boodskap opkom waar jy op die "gaan voort" opsie moet kliek en sodoende na die vorige skerm te kan terug gaan.
  • Indien dit ‘n nul bedrag is, kliek op die "gaan voort" knoppie.

Waneer jy op die "gaan voort" knoppie gekliek het, is die joernaal automaties gepos.

Debiteure Oorhandigings Joernaal (Skool Debiteur Na Invorderaar)

  • Kies Debiteure Oorhandigings Joernaal
  • Kies dan joernaal vanaf
  1. Skool debiteure na Invorderaar - Jy gaan die Skool debiteur rekening oorhandig aan ‘n voorafopgestelde Invorderaar. 
  2. Invorderaar na Invorderaar - Kies hierdie joernaal wanneer jy ‘n rekening wat jy reeds oorhandig het aan ‘n Invorderaar nou wil skuif na ‘n ander Invorderaar.
  3. Invorderaar na Skool Debiteure - Kies hierdie joernaal wanneer jy foutiewelik ‘n rekening oorhandig het na ‘n Invorderaar of waneer jy die rekening terug wil vat na Skool Debiteure
  • Kies die familie waarvoor die joernaal gedoen moet word.
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie.
  • Alle leerders van die familie met ‘n uitstaande saldo sal nou vertoon word.  Die stelsel sal net die balans per leerder wys.
  • By die datum, sleutel die transaksie datum in – dit is die datum wanneer die transaksie oorhandig word aan die Invorderaar.
  • Oorhandig aan, is waar jy kies aan watter Invorderaar jy hierdie rekening wil oorhandig.  Alle Invorderaars wat jy geskep het op jou stelsel sal hier vertoon.
  • Totale bedrag vir oorhandiging is waar jy die bedrag insleutel wat oorhandig moet word.  Jy kan hierdie blok uitlos en dan net die blokkies kliek vir die maande wat jy wil oorhandig.  Die stelsel sal dan outomaties hierdie bedrag invul.  Sien ook regs bo in die hoek die twee blokkies:
  1. Die boonste blokkie is die bedrag wat jy ingesleutel het by die Totale bedrag of die totaal van al die blokkies per maande wat jy gekies het.
  2. Die onderste blokkie is om te kyk of die bedrag wat jy by totale bedrag ingesleutel het en die blokkies wat jy kies om te joernaliseer.  Indien dit nie balansseer nie sal die blokkie Rooi vertoon.  Indien dit balansseer sal die blokkie groen vertoon.
  • Opmerking: Hier kan jy jou eie beskrywing gee. Onthou hoe meer inligting gegee word, hoe makliker is dit om terug te verwys oor hoekom die joernaal nodig was.
  • Kies die verskillende maande se blokkies wat jy wil joernaliseer. Indien die totaal wat jy wil joernaliseer en die totaal van die blokkies wat jy gekies het nie balanseer nie, sal die stelsel nie voortgaan nie en daar sal 'n fout boodskap opkom waar jy op die "gaan voort" opsie moet kliek en sodoende na die vorige skerm te kan terug gaan.
  • Indien dit ‘n nul bedrag is, kliek op die "gaan voor" knoppie.


Waneer jy op die "gaan voort" knoppie gekliek het, is die joernaal automaties gepos.
Daar is tans nie die opsie om 'n ander debiteur aan 'n Invorderaar te oorhandig nie.

Debiteure Oorhandigings Joernaal (Invorderaar Na Invorderaar)

  • Kies Debiteure Oorhandigings Joernaal
  • Kies dan joernaal vanaf
  • Invorderaar na Invorderaar - Kies hierdie joernaal wanneer jy ‘n rekening wat jy reeds oorhandig het aan ‘n Invorderaar nou wil skuif na ‘n ander Invorderaar.
  • Kies dan die Vanaf Invorderaar. Dit is die huidige invorderaar van 'n Debiteuer rekening wat reeds oorhandig is.
  • Al die debiteure wat reeds oorhandig is aand hierdie invorderaar sal links wees. Kies dan die debiteur rekening wat jy wil skuif na 'n ander ivorderaar deur hom regs te koppel.
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie.
  • Alle leerders van die familie met ‘n uitstaande saldo sal nou vertoon word.  Die stelsel sal net die balans per leerder wys.
  • By die datum, sleutel die transaksie datum in – dit is die datum wanneer die transaksie oorhandig word aan die Invorderaar.
  • Oorhandig aan, is waar jy kies aan watter Invorderaar jy hierdie rekening wil oorhandig.  Alle Invorderaars wat jy geskep het op jou stelsel sal hier vertoon.
  • Totale bedrag vir oorhandiging is waar jy die bedrag insleutel wat oorhandig moet word.  Jy kan hierdie blok uitlos en dan net die blokkies kliek vir die maande wat jy wil oorhandig.  Die stelsel sal dan outomaties hierdie bedrag invul.  Sien ook regs bo in die hoek die twee blokkies:
  1. Die boonste blokkie is die bedrag wat jy ingesleutel het by die Totale bedrag of die totaal van al die blokkies per maande wat jy gekies het.
  2. Die onderste blokkie is om te kyk of die bedrag wat jy by totale bedrag ingesleutel het en die blokkies wat jy kies om te joernaliseer.  Indien dit nie balansseer nie sal die blokkie Rooi vertoon.  Indien dit balansseer sal die blokkie groen vertoon.
  • Opmerking: Hier kan jy jou eie beskrywing gee. Onthou hoe meer inligting gegee word, hoe makliker is dit om terug te verwys oor hoekom die joernaal nodig was.
  • Kies die verskillende maande se blokkies wat jy wil joernaliseer. Indien die totaal wat jy wil joernaliseer en die totaal van die blokkies wat jy gekies het nie balanseer nie, sal die stelsel nie voortgaan nie en daar sal 'n fout boodskap opkom waar jy op die "gaan voort" opsie moet kliek en sodoende na die vorige skerm te kan terug gaan.
  • Indien dit ‘n nul bedrag is, kliek op die "gaan voor" knoppie.
Waneer jy op die "gaan voort" knoppie gekliek het, is die joernaal automaties gepos.

Debiteure Oorhandigings Joernaal (Invorderaar Na Skool Debiteure)

  • Kies Debiteure Oorhandigings Joernaal
  • Kies dan joernaal vanaf
  • Invorderaar na Skool Debiteure - Kies hierdie joernaal wanneer jy foutiewelik ‘n rekening oorhandig het na ‘n Invorderaar of waneer jy die rekening terug wil vat na Skool Debiteure
  • Kies dan die Vanaf Invorderaar. Dit is die huidige invorderaar van 'n Debiteuer rekening wat reeds oorhandig is.
  • Al die debiteure wat reeds oorhandig is aand hierdie invorderaar sal links wees. Kies dan die debiteur rekening wat jy wil terug wil vat deur hom regs te koppel.
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie.
  • Alle leerders van die familie met ‘n uitstaande saldo sal nou vertoon word.  Die stelsel sal net die balans per leerder wys.
  • By die datum, sleutel die transaksie datum in – dit is die datum wanneer die transaksie terug gevat gaan word vanaf die Invorderaar.
  • Oorhandig aan sal automaties verander na "Skool Debiteure.
  • Totale bedrag vir oorhandiging is waar jy die bedrag insleutel wat terug gevat moet word.  Jy kan hierdie blok uitlos en dan net die blokkies kliek vir die maande wat jy wil oorhandig.  Die stelsel sal dan outomaties hierdie bedrag invul.  Sien ook regs bo in die hoek die twee blokkies:
  1. Die boonste blokkie is die bedrag wat jy ingesleutel het by die Totale bedrag of die totaal van al die blokkies per maande wat jy gekies het.
  2. Die onderste blokkie is om te kyk of die bedrag wat jy by totale bedrag ingesleutel het en die blokkies wat jy kies om te joernaliseer.  Indien dit nie balansseer nie sal die blokkie Rooi vertoon.  Indien dit balansseer sal die blokkie groen vertoon.
  • Opmerking: Hier kan jy jou eie beskrywing gee. Onthou hoe meer inligting gegee word, hoe makliker is dit om terug te verwys oor hoekom die joernaal nodig was.
  • Kies die verskillende maande se blokkies wat jy wil joernaliseer. Indien die totaal wat jy wil joernaliseer en die totaal van die blokkies wat jy gekies het nie balanseer nie, sal die stelsel nie voortgaan nie en daar sal 'n fout boodskap opkom waar jy op die "gaan voort" opsie moet kliek en sodoende na die vorige skerm te kan terug gaan.
  • Indien dit ‘n nul bedrag is, kliek op die "gaan voor" knoppie.


Waneer jy op die "gaan voort" knoppie gekliek het, is die joernaal automaties gepos.


Allokering Van Krediete In Families

Wanneer jy nodig het om fondse binne 'n familie rond te skuif, moet jy 'n Nul-rand Joernaal doen. 'n Nul-rand Joernaal is bloot 'n manier om krediete tussen leerders, betaalopsies of datums binne 'n familie te skuif.

  • Kies "doen 'n joernaal"
  • Langs Joernaal, kies Debiteur Joernaal van die kieslys.
  • Kies by Joernaal vanaf “Skool debiteure na Grootboek Rekening/Projek”
  • Kies die familie.
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie
  • Sleutel die datum in in die Datum veld.
  • Wanneer ons ‘n R0 aansuiwering doen kies ons altyd die Afwag rekening om die regstelling teen te doen.
  • By Rekening/projek vir joernaal:  Kies ons altyd Gekrediteer (Debiteer die Debiteur - Vermeerder saldo)
  • In die Totale bedrag vir regstelling veld, tik R 0.00, siende dat ons nie enige veranderings gaan maak aan die werklike bedrag waarvoor die familie gefaktureer gaan word nie.
  • Onder die Rede vir regstelling, kies Herallokasie.
  • Sleutel 'n beskrywing in vir die Herallokasie langs die Beskrywing veld.
  • U sal 'n lys van fooie, projekte en datums op hierdie bladsy sien. Hierdie is die kategorieë waarbinne u die regstelling kan maak.
  • Elke leerder in die familie sal hier gelys word.
  • Die leerder se naam sal aan die bokant van elke afdeling vertoon word.
  • Onder elke afdeling is die verskillende fooie wat gehef word. Dit kan enige fooie betaalbaar wees, soos skoolfonds, projekte ens. en vir elkeen van hierdie sal daar datums wees wat u kan uitbrei.
  • Om datums uit te brei, kliek op die Meer inligting skakel.
  • Om minder maande te vertoon, kliek op die Minder inligting skakel.
  • Nou wil ons 'n bedrag herallokeer van een leerder se skoolfonds na 'n ander leerder se skoolfonds. 
  • Kliek op die blokkie langs die relevante maand. Die bedrag sal nou verander na 'n teks blok waarbinne u die aanpassing kan maak.
  • Verander die bedrag na die verkose bedrag toe.
  • Gaan na die ander leerder toe.
  • Gaan na die skoolfooie afdeling.
  • Kliek op die Meer inligting skakel om meer maande te toon indien nodig.
  • Kliek op die blokkie langs die verkose maand en die bedrag sal oopmaak vir redigering.
  • Sleutel die bedrag wat ons afgetrek het by die vorige leerder in.
  • Onthou dat jy dieselfde bedrag moet debiteer op die een leerder as wat jy krediteer op die ander leerder. Sien ook dat ons dit bedrag kan split tussen verskeie maande.
  • Wanneer jy klaar is met die herallokasie, kliek op die "gaan voort" knoppie


Waneer jy op die "gaan voort" knoppie gekliek het, is die joernaal automaties gepos.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd
    • Related Articles

    • Debiteure Rekeninge

      Met hierdie funksie kan jy rekeninge skep vir die verskillende Invorderaars en ander debiteure van die skool. Dit sal die aanvang van alle debiteurtransaksies insluitend joernale, aanpassings, oorhandigings en kwitansies op die rekening fasiliteer. ...
    • Krediteure Joernale

      Aanpassings tussen grootboekrekeninge en krediteure word gedoen met behulp van "joernale" Hoe om 'n krediteur jornaal te skep Kliek op die "doen 'n aansuiwering" knoppie Kies die krediteur vir wie jy die joernaal wil doen Kliek op die "gaan voort" ...
    • Algemene Grootboek Joernale

      Hierdie funksie moet slegs gebruik word wanneer u transaksies op Grootboek rekeninge en Projekte wil teboekstel. Joernale word nie gebruik vir regstellings in debiteure rekeninge nie. Hoe om 'n joernaal te skep. Kliek op die "skep 'n joernaal" ...
    • Nuwe Debiteure Notas & Reëlings

      Finansies > Debiteure > Nuwe Debiteurenotas & Reëlings Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Daar is drie verskillende notas wat geskep kan word naamlik 'n interne nota, 'n teks nota en dan 'n reling om te betaal nota. ...
    • Ander Debiteure

      Finansies > Ander Debiteure Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Ander Deiteure funksie stel 'n Skool instaat om fakturering te laat plaasvind vir ander debiteure en nie net vir Skool Debiteure nie. Fakture kan uitgereik word en ...