Debiteure Rekeninge

Debiteure Rekeninge


Met hierdie funksie kan jy rekeninge skep vir die verskillende Invorderaars en ander debiteure van die skool. Dit sal die aanvang van alle debiteurtransaksies insluitend joernale, aanpassings, oorhandigings en kwitansies op die rekening fasiliteer. Let asseblief daarop dat dit nie die Algemene Grootboekrekening is nie, maar die rekeninge vir die debiteure en invorderaars

Skool Debiteure

  • Sodra 'n leerder gelaai is en daar vir hom 'n rekenpligtige toegeken is, sal daar vir hom 'n rekening verskyn onder "debiteur rekeninge"
  • As 'n leerder die skool verlaat sal sy rekening onder die "gesluite" rekeninge verskyn wat nog steeds beteken dat jy enige tyd nog kan terug verwys na sy rekening. 'n Voorbeeld hiervan sal wees om te kyk wanneer was die laaste datum waarop daar 'n transaksie was sodat die skool 'n staat vir die debiteur kan druk
  • Die debiteur rekening hou rekeningskap met all fakture wat gehef word, alle kwitansies wat uitgereik word sowel as enige aanpassings wat gemaak is deur middel van joernale. 

Invorderaars

  • Om 'n invorderaar te skep, kliek op die "skep 'n debiteurrekening" knoppie
  • Die volgende informasie moet ingevul word
  1. Tipe - Daar is net een opsie naamlik "Invorderaar"
  2. Invorderaar - Kies of dit 'n Nuwe Invorderaar is, 'n Bestaande Invorderaar of 'n d6 Invorderingsvenoor is deur op die af pyltjie te kliek
  3. Rekenpligtige - Kies of dit 'n Instansie of 'n Persoon is deur op die af pyltjie te kliek
  4. Tipe Instansie - Kies die relevante opsie deur op die af pyltjie te kliek
  5. Handelsnaam - Vul die handelsnaam in van die Instansie
  6. Geregistreerde Naam - Vul die geregistreerde naam van die instansie in, sou dit van toepassing wees
  7. Regsitrasie Nommer - Vul die regsitrasie nommer in
  8. Geregistreer vir BTW - Dui hier aan of die Invorderaar wel geregistreer is vir BTW. As die Invorderaar geregistreer is en jy het "ja" gekies, sal daar 'n blokkie oop maak waarby jy dan hulle BTW nommer moet invul 
  9. Telefoonnommer - Dit sal die telefoon nommer van die instansie wees
  10. Faksnommer - Dit sal die invorderaar se faksnommer wees wat jy hier moet invul
  11. E-posadres - Dit sal die epos adres vir die invorderaar wees
  12. Webwerf - Dis die weberf vir die invorderaar
  13. Fisiese Adres - Dit sal die fisiese adres vir die invorderaar 
  14. Posadres - Dis die posadres vir die invorderaar
  15. Naam - Die naam van die kontak persoon by die invorderaar
  16. Van - Die van van die kontak persoon by die invorderaar
  17. Telefoonnommer - Die telefoon nommer van die kontak persoon by die invorderaar
  18. Selfoon nommer - Die selfoon nommer van die kontak persoon by die invorderaar
  19. E-posadres - Die epos adres van die kontak persoon by die invorderaar
  20. Rol van kontakpersoon - Wat is die rol/titel van die kontak persoon by die invorderaar
  21. Belastingssertifikaat - Benodig jy 'n kopie van die invorderaar se belastings sertifikaat
  22. BEE status - As jy wil aandui of die invorderaar wel 'n BEE status het
  23. Voorkeur verskaffer gradering - Hier kan die skool aandui watter graad verskaffer die invorderaar is, as hulle sou wou
  24. Bankbesonderhede - Hier kan die skool die invorderaar se bank besonderhede invul sodat die inligting beskikbaar is wanneer betaling van invorderingskostes moet geskied
  25. Grootboek kontrole rekening - Kies die Invorderaars Kontrole Rekening (die rekening word geskep onder die Algemene Grootboek Rekeninge)
  26. Grootboek rekening vir invorderingskostes - Kies die uitgawe rekening wat geskep is vir die invorderingskostes (die rekening word geskep onder die Algemene Grootboek Rekeninge)
  27. Rekeningnommer - Die rekening nommer word outomaties deur die stelsel toegeken 
  28. Verwysing/Rekeningnommer by invorderaar - Vul die skool se rekening nommer by die invorderaar hier in
  29. Rekening aktief vanaf - Dui aan vanaf watter datum jy die rekening wil aktief he sodat jy debiteure kan oorhandig
  • Kliek op die "voeg by" knoppie


Ander Debiteure

  1. Om 'n ander debitreur te skep, kliek op die "skep 'n debiteurrekening" knoppie
  2. Die volgende informasie moet ingevul word
  3. Tipe - Kies "ander debiteur
  4. Ander Debiteur - Kies of dit 'n Nuwe een is, 'n Bestaande een. Daar is nie 'n d6 een nie.
  5. Rekenpligtige - Kies of dit 'n Instansie of 'n Persoon is deur op die af pyltjie te kliek
  6. Tipe Instansie - Kies die relevante opsie deur op die af pyltjie te kliek
  7. Handelsnaam - Vul die handelsnaam in van die Instansie
  8. Geregistreerde Naam - Vul die geregistreerde naam van die Ander Debiteur in, sou dit van toepassing wees
  9. Regsitrasie Nommer - Vul die regsitrasie nommer in
  10. Geregistreer vir BTW - Dui hier aan of die Invorderaar wel geregistreer is vir BTW. As die Ander Debiteur geregistreer is en jy het "ja" gekies, sal daar 'n blokkie oop maak waarby jy dan hulle BTW nommer moet invul 
  11. Telefoonnommer - Dit sal die telefoon nommer van die instansie wees
  12. Faksnommer - Dit sal die ander debiteur se faksnommer wees wat jy hier moet invul
  13. E-posadres - Dit sal die epos adres vir die ander debiteur wees
  14. Webwerf - Dis die weberf vir die ander debiteur
  15. Fisiese Adres - Dit sal die fisiese adres vir die ander debiteur
  16. Posadres - Dis die posadres vir die ander debiteur
  17. Naam - Die naam van die kontak persoon by die ander debiteur
  18. Van - Die van van die kontak persoon by die ander debiteur
  19. Telefoonnommer - Die telefoon nommer van die kontak persoon by die ander debiteur
  20. Selfoon nommer - Die selfoon nommer van die kontak persoon by die ander debiteur
  21. E-posadres - Die epos adres van die kontak persoon by die ander debiteur
  22. Rol van kontakpersoon - Wat is die rol/titel van die kontak persoon by die ander debiteur
  23. Belastingssertifikaat - Benodig jy 'n kopie van die ander debiteur  se belastings sertifikaat
  24. BEE status - As jy wil aandui of dieander debiteur  wel 'n BEE status het
  25. Voorkeur verskaffer gradering - Hier kan die skool aandui watter graad verskaffer die ander debiteur is, as hulle sou wou
  26. Bankbesonderhede - Hier kan die skool die ander debiteur se bank besonderhede invul sodat die inligting beskikbaar is wanneer die ander debiteur se betaling deur debiet order moet geskied. 
  27. Grootboek kontrole rekening - Kies die Ander Debiteure Kontrole Rekening (die rekening word geskep onder die Algemene Grootboek Rekeninge en dit moet 'n Rekeninge Ontvangbaar rekening wees)
  28. Rekeningnommer - Die rekening nommer word outomaties deur die stelsel toegeken 
  29. Verwysing/Rekeningnommer by ander debiteur - Vul die skool se rekening nommer by die ander debiteur hier in
  30. Rekening aktief vanaf - Dui aan vanaf watter datum jy die rekening wil aktief he
  31. Kliek op die "voeg by" knoppie

Hoe om 'n Invorderaar of ander debiteure rekening te redigeer

  • Kies die relevante invorderaar of ander debiteure rekening deur op die "radio button" te kliek
  • Kliek op die "redigeer" knoppie
  • Maak die nodige veranderinge en kliek op die "stoor" knoppie

Sodra 'n Invorderaar rekening geskep is, sal daar 'n opsie met die naam "Debiteure Oorhandigingsjoernaal" beskikbaar wees wanneer jy gaan na Finansies > Debiteure > Joernale. Die opsie word gebruik om debiteure te oorhandig aan die betrokke invorderaar
Daar sal ook 'n nuwe opsie wees by Finansies > Kasboek > Kwitansies > Reik Kwitansies Uit naamlik "Debiteure (Invorderaar)" Dit sal die opsie wees wat jy moet kies wanneer jy betaling van die invorderaar ontvang
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Algemene Grootboek Rekeninge

      Grootboekrekeninge maak deel uit van die grootboek van die skool, waar alle rekenkundige transaksies gestoor en opgesom word. Hierdie word benodig sodat die boekhouding stelsel suksesvol kan funksioneer. Grootboekrekeninge word normaalweg genommer. ...
    • Poskantoor Rekeninge

      Hoe om die poskantoor rekeninge verslag te skep Die stelsel sal 'n kennis gewing opbring wat se "alle huidige leerlinge wie se rekninge gepos moet word" Kliek dan op "besigtig" knoppie om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n .PDF ...
    • Krediteur Rekeninge

      Hierdie funksie stel jou in staat om rekeninge vir die verskillende verskaffers van die skool te skep. Dit sal die vaslegging van data transaksies insluitend fakture, kredietnotas en betalings op hierdie rekening fasiliteer. Let asseblief daarop dat ...
    • Hoe om 'n Leerder "Verlaat" status te gee

      Inleiding My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hoe om 'n Leerder "Verlaat" status te gee Wanneer jy 'n leerder as onaktief wil merk, moet jy eers die leerder vind aan wie jy vernderings wil aanbring. Daar ...
    • Kasboek Rekeninge

      Hoe om 'n bank rekening te skep Kliek op die rooi plus om 'n nuwe rekening te skep. Tik 'n "rekening kode" in die beskikbare blok in. Tik 'n "rekening naam" in die beskikbare blok in. Kies die datum wat jy wil he die rekening moet vanaf aktief wees. ...