Bankrekonsiliasie

Bankrekonsiliasie


‘n Bankrekonsiliasie word gedoen om die bankstaat van elke bankrekening met die stelsel se kasboek van elke rekening te laat balanseer. 
Bankrekeninge in die stelsel word aanvanklik deur die Stelsel implementeringspan vir u opgestel, maar indien u intussen nuwe rekeninge skep, kan u self die opstelling doen.  
Wanneer rekeninge opgestel is om elektronies te kan rekonsilieer (bv u kan ‘n bankstaat in ‘n elektroniese formaat vanaf u bankinstansie ontvang), word die hele bankrekonsiliasie proses in die stelsel BAIE vereenvoudig aangesien ons dan die bankstaat as die “bron” gebruik.

Hoe om 'n bank rekonsiliasie te doen

  • Kliek op die "doen 'n bankrekonsiliasie" knoppie
  • Kies vir watter bank rekening jy 'n rekonsiliasie wil doen
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie
  • Kies die relevante bankstaat/maand wat jy wil rekonsilieer
  • Elke kleur verteenwoordig 'n ander tipe inskrywing
  1. Oranje verteenwoordig alle uitstaande items
  2. Geel verteenwoording voorgestelde rekonsiliasie items
  3. Pienk verteenwoording voorgestelde rekonsiliasie items maar die datum verskil met meer as 10 dae.
  4. Blou verteenwoordig rekonsiliasie items wat balanseer
  5. Rooi verteenwoordig rekonsiliasie items wat nie balanseer nie
  6. Groen verteenwoordig gerekonsilieerde items
  • Aan die onderkant van die skerm kan jy die datum verander om aan te dui tot watter dautm die transaksies vertoon moet word
  • Kliek op die "vertoon" knoppie sodra jy die datum verander het na wat jy wil he moet vertoon
  • Die stelsel verskaf automaties 'n datum gebasseer op die datum wat gekoppel is aan transaksies

Oranje Inskrywings - Uitstaande Items

  • Om 'n oranje inskrywing wat aan die linkerkant verskyn, te allokeer, kliek jy net op die blou skakel
  1. As die inskrywing 'n betaling was, sal die stelsel jou na die betalings skerm toe neem van waar jy die betaling kan maak. Sodra die betaling gemaak is, sal die stelsel jou terug vat na die rekonsiliasie skerm en sal die transaksie dan in groen vertoon. Let wel dat die linkerkant se beskrywing sal in swart vertoon en die regterkant se beskrywing in blou. Die blou is 'n skakel waarop jy kan kliek en dan sal die stelsel jou na die relevante betaling toe vat.
  2. As die inskrywing 'n kwitansie (gelde ontvang) was, sal die stelsel jou na die kwitansie skerm toe neem van waar jy dan die relevante kwitansie kan uitreik. Sodra die kwitansie uitgereik is sal die stelsel jou terug vat na die rekonsiliasie skerm en sal die transaksie dan in groen vertoon. Let wel dat die linkerkant se beskrywing sal in swart vertoon en die regterkant se beskrywing in blou. Die blou is 'n skakel waarop jy kan kliek en dan sal die stelsel jou na die relevante kwitansie toe vat.

Bedrae wat in rooi verskyn dui betalings/oorplasings ens aan
Bedrae wat in swart verskyn dui kwitansies/gelde ontvang/oorplasings aan
Alle inskrywings aan die linkerkant van jou bankstaat verteenwoordig jou bankrekening. Die inskrywings aan die regterkant verteenwoordig die stelsel transaksies

Alle inskrywings aan die bankstaat kant (linkerkant) moet of geel of blou of groen wees vir die hele bank rekonsiliasie om te kan rekonsilieer

Hoe om debiet order transaksies van Stratcol te rekonsilieer

  • Nadat die debietorders aangebied is sal die transaksies op die relevante aksiedatum op die bankstaat verskyn. (Die woord STRATCOL sal in die blou skakel vertoon).
  • Kliek op die blou skakel om kwitansies vir die debietorders uit te maak.
  • Die transaksies wat gekoppel is aan hierdie verwysing by Stratcol sal nou vertoon word.
  • Die legende aan die bokant van die skerm sal aandui of transaksies suksesvol of onsuksesvol was met die rede. Let daarop dat die individuele transaksies met hierdie kleure aangedui word
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie
  • Die kwitansies sal nou uitgemaak word teen die debiteur rekening en outomaties aan die relevante items (bv. skoolgeld/busgeld/koshuis) gekoppel word.
  • Indien die transaksie voltooi is sal die rekonsiliasie in groen vertoon en die beskrywing aan die regterkant sal presies dieselfde vertoon as die beskrywing aan die linkerkant.
  • Indien daar weierings (Rooi transaksie) is sal die transaksie se bedrag in rooi verskyn en die woord STRATCOL sowel as "LATE UNP" sal in die skakel vertoon
  • Kliek op die blou skakel en dan op die "gaan voort" knoppie.
  • Die “betaling” sal geallokeer word en die bank rekonsiliasie sal dienooreenkomstig aangepas word.

Geel inskrywings: Voorgestelde rekonsiliasie items

  • Hierdie inskrywings word voorgestel deur die stelsel op grond van die bedrag en datum.
  • Indien die voorstel verkeerd is, kliek op die datum aan die regterkant om die items na oranje (uitstaande items) toe terug te verander.
  • Transaksie wat tipies hier sal verskyn is kontantdeposito’s en bankoorplasings.
Geen bankoorplasings of deposito’s wat deur die skool gemaak is moet met die blou skakel gerekonsilieer word nie

Rekonsiliasie van bank oorplasings

  • Doen 'n bank oorplasing op die stelsel. Die oorplasing sal automaties aan die regterkant van die bankstaat vertoon.
  • Indien die bankoorplasing balansseer sal die transaksie geel gemerk wees op die bankrekon.

Onthou om nie die blou skakel te kliek om bankoorplasings te allokeer van die bankstaat af nie. Dit sal duplisering van transaksies tot gevolg hê

Rekonsiliasie van Deposito’s wat deur die skool gemaak is (oor die toonbank fondse)

  • Kwitansies vir kontant/tjeks word op die stelsel uitgemaak teen die ongedeponeerde fondse rekening m.a.w. die kontant/tjeks is ontvang by die skool maar nog nie gebank nie.
  • Doen die fisiese deposito na die bankrekening of na die kleinkas, m.a.w. neem die kontant/tjeks na die bank nadat die depositostrokie ingevul is.
  • Doen dan die bankdeposito op die stelsel.
  • Indien die bankdeposito balansseer sal die transaksie geel gemerk wees op die bankrekon.
Onthou om nie die blou skakel te kliek om deposito’s te allokeer van die bankstaat af nie. Dit sal duplisering van transaksies tot gevolg hê.

Blou inskrywings: Rekonsiliasie items wat balanseer

  • Om oranje (uitstaande) items na blou (gerekonsilieerde) items te verander, doen die volgende:
  1. Kliek op die sirkel langs die oranje (uitstaande) item.
  2. Kliek op die datum aan die regterkant wat die bedrag pas. U kan ook veelvuldige items gelyk kies (deur een vir een op die datums te kliek totdat die rooi items blou word)
  • Indien 'n aantal inskrywings aan die regterkant nie met die bank aan die linkerkant balanseer nie, sal dit in rooi vertoon.

Pienk inskrywings: Voorgestelde rekonsiliasie items (Datums verskil > 10 dae)

Pienk inskrywings sal verskyn op een lyn en dit is stelsel voorgestelde items wat gerekonsilieer kan word, soortgelyk aan die geel items, maar met die datums wat meer as 10 dae uitmekaar.

  • Kliek op die datum op die regterkant van die items terug te verander na oranje (uitstaande items).
  • Kliek op die datum regs wat ooreenstem met die bedrag.
  • Die inskrywings sal nou weer verskyn in een lyn en dit sal nou blou toon, om 'n rekonsiliasie te toon.

Hoe om 'n bank rekonsiliasie weg te skryf

  • Om 'n bank rekonsiliasie weg te skryf, moet al die transaksies of in groen of blou of geel vertoon.
  • Die bank rekonsiliasie sal alleenlik balanseer tot by die datum voor die volgende oranje inskrywing aan die bankstaat kant, wat aandui dat die inskrywing nog uitstaande is.
  • Kies die datum aan die onderkant van die bankstaat tot waar jy wil balanseer en kliek dan op die "vertoon" knoppie.
  • Sodra die inskrywings wys soos wat jy gekies het, kliek op die "gaan voort" knoppie.
  • Die stelsel sal die rekonsiliasie inligting blok laat verskyn wat bevestig tot watter lyn en watter datum op die bankstaat jy kan rekonsilieer. Dit sal ook die rekening saldo bevestig soos op die gegewe datum.
  • Die inligting blok  sal dan verder die volgende inligting uiteensit:
  1. Die saldo volgens die bank staat soos op die datum gekies
  2. Die uitstaande betalings op die finansiele stelsel
  3. Die uitstaande deposito's op die finansiele stelsel
  4. Die berekende Kasboek saldo soos op die datum gekies
  5. Die saldo volgens die proefbalans soos op die datum gekies
  6. Die verskil, indien daar een sou wees
  • Indien jy tevrede is, kliek op die "gaan voort" knoppie.
  • Die stelsel sal dan bevestig dat jy tot die betrokke datum gerekonsilieer het en dan die opsie bied om die bank rekonsiliasie te druk.

Bank rekonsiliasie per hand

Hierdie bank rekonsiliasie is tipies gedoen vir rekeninge soos die kleinkas rekening of kort termyn beleggings rekeninge wat nie in die stelsel ingetrek word nie.

  • Kliek op die "doen 'n bankrekonsiliasie knoppie"
  • Kies vir watter bank rekening jy 'n rekonsiliasie wil doen deur op die afpyltjie te kliek en kliek dan op die "gaan voort" knoppie
  • Kies die datum waarop jy die rekonsiliasie wil uitvoer en kliek dan op die "gaan voort" knoppie.
  • Die eerste blok sal die bank rekonsiliasie ingligting bevat. Dit behels die datum van die rekonsiliasie sowel as die bankrekonsiliasie nommer wat automaties deur die stelsel toe geken word.
  • Die tweede blok sal alle deposito's wat na die rekening gemaak is, lys. Jy kan hier kies watter van die deposito's in die rekonsiliasie ingesluit moet word deur die reg merkie onder "gekies" uit te haal of by te voeg.
  • Die derde blok sal al die betalings wat gemaak is, lys. Jy kan kies watter van die betalings in die rekonsiliasie ingesluit moet word deur die reg merkie onder "gekies" uit te haal of by te voeg.
  • Die vierde blok is waar jou saldo inligting vertoon en dit sal bestaan uit die volgende:
  1. Openingsbalans (dit sal jou vorige rekonsiliasie se afsluitings saldo wees)
  2. Deposito's wat ingesluit is
  3. Betalings wat ingesluit is
  4. Afsluitings saldo
  5. Jou saldo
  6. Die saldo verskil
  • Die saldo wat jy in die oop blokkie sit sal wees die fisiese kontant wat jy het in die geval van 'n klein kas andersins sal dit moet ooreenstem met die balans op die staat van die rekening wat jy wil rekonsilieer.
  • Indien die bedrag by "saldo verskil" nie nul is nie kan dit beteken dat daar deposito's en/of fakture's is wat nog nie verwerk is nie.
  • Indien die saldo wel nul is, kliek op die "gaan voort" knoppie.
  • Die stelsel sal dan bevestig dat die rekening gerekonsileer is op die betrokke datum en dan die opsie bied om die rekonsiliasie te druk.

Vrae Beantwoord

Hoekom laat die stelsel my nie toe om die bank rekonsiliase op maandeinde af te sluit nie 

  • Die stelsel sal jou nie toe laat om op maand einde af te sluit nie indien:
  1. Daar nie ten minste een dag van die volgende maand se staat ingetrek is nie want die stelsel toets dat jou afsluitings balans en jou openings balans van die volgende maand balanseer.
  2. Jy transaksies aan jou staat kant rekonsilieer met 'n transaksies aan jou stelsel kant oor maande. Die stelsel sal jou slegs toelaat om die bank rekonsiliasie te doen tot voor hierdie transaksies. Dus moet alle transaksies aan die staat kant moet tot die laast datum aan die stelsel kant gerekonsilieer wees of net na hierdie transaksies, m.a.w die laaste datum van 'n gekoppelde transaksie.  


Indien jy inligting benodig oor ons Netcash/Sagepay integrasie, kliek gerus op die skakel hieronder

© Copyright d6 group (Pty) Ltd



    • Related Articles

    • Netcash Integrasie

      Inleiding Finansies > Kasboek > Rekeninge Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Indien die skool al klaar gebruik maak van 'n Netcash/SagePay rekening As 'n skool klaar van Netcash/SagePay gebruik maak, sal daar klaar 'n grootboek ...
    • Kasboek Verslag

      Verslae > Finansies > Transaksies > Kasboek Verslag Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hoe om 'n kasboek verslag te skep Kies die periode waar binne die verslag moet hardloop Kies die formaat van die verslag deur op die af-pyltjie ...
    • Netcash Integration

      Introduction Finances > Cashbook > Accounts Type <Ctrl> <F> to search for words in the article If the school already have a Netcash/SagePay Bank Account If the school used Netcash/SagePay before, you should have an existing Netcash/Sage Pay cash book ...
    • Kasboek Rekeninge

      Hoe om 'n bank rekening te skep Kliek op die rooi plus om 'n nuwe rekening te skep. Tik 'n "rekening kode" in die beskikbare blok in. Tik 'n "rekening naam" in die beskikbare blok in. Kies die datum wat jy wil he die rekening moet vanaf aktief wees. ...
    • Oorplasings

      Met hierdie funksie word bankoorplasings tussen jou bankrekeninge gedoen en besigtig. Hierdie funksie sal outomaties die bankoorplasings in die bankrekonsiliasie koppel en met ‘n geel blok vertoon. Maak asseblief seker dat die transaksies wat ...