Oorplasings

Oorplasings



Met hierdie funksie word bankoorplasings tussen jou bankrekeninge gedoen en besigtig.  Hierdie funksie sal outomaties die bankoorplasings in die bankrekonsiliasie koppel en met ‘n geel blok vertoon.  Maak asseblief seker dat die transaksies wat gekoppel is in die bankrekonsiliasie korrek gekoppel is aan die regte transaksie voordat die bankrekonsiliasie voltooi word.

Hoe om 'n bank oorplasing te doen

  • Kliek op die "doen 'n bank oorplasing" knoppie
  • Tipe: Geen keuse hoef gemaak te word nie.  Stelsel is korrek.
  • Datum: Die datum  sal verstek na die huidige datum.  Indien die oorplasing op ‘n ander datum gedoen is, kies die korrekte datum deur te kliek op die afpyltjies vir die Dag, Maand en Jaar.
  • Vanaf bank rekening: Kies die rekening waarvan die oorplasing gedoen word, bv. ABSA Lopende Rekening.
  • Na bank rekening: Kies die rekening waarheen die oorplasing gedoen moet word, bv. Kleinkas
  • Bedrag: Sleutel die totale bedrag in wat oorgeplaas word.
  • Beskrywing: ‘n Beskrywing moet gegee word vir die rede van die oorplasing.
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie
  • Die stelsel sal 'n kennisgewing op bring wat vra of jy seker is dat jy die oorplasing wil doen en dan het jy 'n keuse om of "ja" te kliek of "nee" te kliek
Maak asseblief seker dat al die velde korrek ingevul is voordat die transaksie afgehandel word.

Hoe om 'n bankoorplasing transaksie te soek

  • Jy kan bankoorplasing transaksies wat reeds op die stelsel gedoen is,  besigtig of druk.
  • Kies ‘n rekening: Kies die relevante "rekeningnommer" of "rekeningnaam", deur te kliek op die af pyltjie
  • Kies bank oorplasings vir: Kies die betrokke maand of Alle bank oorplasings
  • Kliek op die sirkel om die relevante rekeningnommer te kies
  • Kliek op die "besigtig" knoppie
  • Deur weer op die "besigtig" knoppie te kliek, sal die oorplasing genereer in 'n pdf dokument wat jy dan kan druk

Vrae Beantwoord

Ek het per ongeluk na die verkeerde bankrekening ‘n oorplasing gedoen?

As jy per ongeluk n oorplasing gedoen het na die verkeerde bankrekening toe, byvoorbeeld jy het die oorplasing gedoen na die kleinkas rekening in plaas van die Geldmark rekening dan kan jy kan die transaksie omkeer deur die foutiewe oordrag reg te stel deur die selfde bedrag terug vanuit die kleinkas rekening aan die rekening waaruit dit gekom het - die ABSA lopende rekening, te plaas.
  • Kies by Vanaf Bankrekening, die “verkeerde” bankrekening in die kieslys waarheen die geld oorgeplaas is. Byvoorbeeld - Kleinkas rekening
  • Kies by Na Bankrekening, die oorspronklike bankrekening waaruit die oorplasing gedoen is. Byvoorbeeld - ABSA Lopende rekening.
  • Hierdie transaksie sal die “verkeerde”  bank oorplasing omkeer.
  • Doen ‘n Bank oorplasing na die “regte” bankrekening toe.
Onthou om die datum en die bedrag dieselfde te maak as die oorspronklike “verkeerde” bank oorplasing.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd



    • Related Articles

    • Kasboek Verslag

      Verslae > Finansies > Transaksies > Kasboek Verslag Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hoe om 'n kasboek verslag te skep Kies die periode waar binne die verslag moet hardloop Kies die formaat van die verslag deur op die af-pyltjie ...
    • Kasboek Rekeninge

      Hoe om 'n bank rekening te skep Kliek op die rooi plus om 'n nuwe rekening te skep. Tik 'n "rekening kode" in die beskikbare blok in. Tik 'n "rekening naam" in die beskikbare blok in. Kies die datum wat jy wil he die rekening moet vanaf aktief wees. ...
    • Bankrekonsiliasie

      ‘n Bankrekonsiliasie word gedoen om die bankstaat van elke bankrekening met die stelsel se kasboek van elke rekening te laat balanseer. Bankrekeninge in die stelsel word aanvanklik deur die Stelsel implementeringspan vir u opgestel, maar indien u ...
    • Deposito

      Deposito’s is die proses om kwitansies saam te groepeer en dan na die bank toe te stuur sodat slegs een inskrywing op die bankstaat sal vertoon. Hierdie deposito sal dan op die bankstaat van die bankinstansie vertoon wat dan weer kan gerekonsilieer ...
    • Betalings

      Hierdie handleiding gee riglyne vir die maak van betalings en die soek van betalingstransaksies. Hoe om betalings te maak Kliek op die "maak betaling" knoppie Kies of dit 'n direkte betaling is of 'n krediteur betaling is deur op die af-pyltjie te ...