Deposito

Deposito


Deposito’s is die proses om kwitansies saam te groepeer en dan na die bank toe te stuur sodat slegs een inskrywing op die bankstaat sal vertoon.  Hierdie deposito sal dan op die bankstaat van die bankinstansie vertoon wat dan weer kan gerekonsilieer word met die deposito wat in die stelsel gemaak is. 

Hoe om 'n deposito te maak

  • Kliek op die "maak deposito" knoppie.
  • Die datum wanneer jy die deposito gaan maak moet gekies word - die stelsel kies outomaties vandag se datum. Indien jy aan die datum wil verander, kliek op die af pyltjies en kies die relevante datum. Die datum van die deposito moet ooreenstem met die datum waarop die deposito gemaak is by die bank
  • Die deposito nommer sal outomaties deur die stelsel toegeken word en is ‘n numeriese volgnommer.
  • Die bank deposito strokie nommer kan ingesleutel word.  Hierdie is ‘n opsionele veld.  Gewoonlik het bankinstansies “Depositoboeke” aan skole uitgereik en dan sou daar ‘n deposito volgnommer (amper dieselfde as ‘n tjeknommer) op elke strokie gedruk wees.
  • Kies kwitansies vir deposito deur een van die volgende opsies te kies:
  1. Kwitansie nommer. Hierdie opsie maak dit vir jou moontlik om alle kwitansies in te sluit tot by ‘n sekere kwitansienommer.
  2. Die “Datum” opsie word gewoonlik gebruik wanneer skole aanvanklik kwitansies met die hand uitgereik het en dan ‘n paar weke later dit op die stelsel toevoer.  Met die hand-proses sou die skool steeds die gelde gereeld gaan bank het.  Hierdie “Datum” opsie vergemaklik net die proses om kwitansies te kan filter wat tot op ‘n sekere datum uitgereik is.
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie
  • Die eerste blok sal die deposito inligting bevat wat soos volg uiteengesit is:
  1. Deposito Datum (soos gekies)
  2. Deposito Nommer (word deur stelsel toegeken)
  3. Tjek bedrag (indien van toepassing)
  4. Kontant bedrag
  5. Totale bedrag
  6. Tjek bedrag nie geallokeer  (dit moet verander na nul wanneer jy die volgende stap volg)
  7. Kontant bedrag nie geallokeer (dit moet verander na nul wanneer jy die volgende stap volg)
  8. Totale bedrag nie geallokeer (dit moet verander na nul wanneer jy die volgende stap volg)
  • Die volgende blokke sal jou relevante bank rekeninge en kasboek voorstel. Hier het jy dan die keuse om die gelde dan na een rekening te deponeer of na verskillende rekeninge. 
  • Die laaste blok sal al die kwitansies lys wat beskikbaar is om te bank. Jy kan die kwitansies kies wat jy wil bank deur 'n regmerkie in die "gekies" blokkie te plaas of uit te haal. Die beskrywing van die kwitansie is in blou wat beteken dat dit 'n skakel is waarop jy kan kliek. As jy op die skakel kliek, sal dit jou na die relevante kwitansie toe neem.
  • Sodra jy die relevante kwitansies gekies het wat jy wil bank sal die bedrag onder "totale bedrag nie geallokeer" in blok een as n nul wys. Dus sal die bedrag totale bedrag balanseer met die kwitansies wat gebank word.
  • Druk dan op die "gaan voort" knoppie.
  • Die stelsel sal bevestig dat die deposito gemaak is en jy sal nou die deposito transaksie of die bank deposito strokie kan besigtig of druk.

Hoe om 'n deposito transaksie te soek

  • By "kies depositos vir", kies die relevante datum deur op die afpyltjie te kliek.
  • Kliek op die sirkel om die relevante deposito transaksie te kies.
  • Kliek op die "besigtig" knoppie.
  • Die stelsel sal die relevante deposito inligting oopmaak.

Vrae Beantwoord

Kan ek kontant wat ek ontvang na my kleinkas bank

Ja. Dit gebeur soms dat kontant ontvang word by die skool en dat dieselfde kontant onmiddellik weer benodig word om byvoorbeeld lone of ander uitgawes mee te delg.  Die stelsel fasiliteer hierdie hele proses met ‘n volledige ouditspoor.

Moet ek 'n kwitansie tenvolle deponeer

Ja. Die beginsel is dat kwitansies na verskillende bankrekeninge toe gedeponeer kan word, maar dat “halwe” kwitansies nie gebank kan word nie.  Jy kan byvoorbeeld ‘n R500 kwitansie uitreik en R250 daarvan in jou bankrekening deponeer en die ander R250 in jou kleinkas.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd
    • Related Articles

    • Kasboek Verslag

      Verslae > Finansies > Transaksies > Kasboek Verslag Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hoe om 'n kasboek verslag te skep Kies die periode waar binne die verslag moet hardloop Kies die formaat van die verslag deur op die af-pyltjie ...
    • Kasboek Rekeninge

      Hoe om 'n bank rekening te skep Kliek op die rooi plus om 'n nuwe rekening te skep. Tik 'n "rekening kode" in die beskikbare blok in. Tik 'n "rekening naam" in die beskikbare blok in. Kies die datum wat jy wil he die rekening moet vanaf aktief wees. ...
    • Kwitansies

      ‘n Kwitansie is ‘n dokument wat bewys dat geld betaal is aan die skool en wel ontvang is. Omdat die stelsel ‘n proses-gedrewe stelsel is, maak die stelsel voorsiening vir verskeie tipes kwitansies om prosessering te vergemaklik. Die rekeningkundige ...
    • Bankrekonsiliasie

      ‘n Bankrekonsiliasie word gedoen om die bankstaat van elke bankrekening met die stelsel se kasboek van elke rekening te laat balanseer. Bankrekeninge in die stelsel word aanvanklik deur die Stelsel implementeringspan vir u opgestel, maar indien u ...
    • Oorplasings

      Met hierdie funksie word bankoorplasings tussen jou bankrekeninge gedoen en besigtig. Hierdie funksie sal outomaties die bankoorplasings in die bankrekonsiliasie koppel en met ‘n geel blok vertoon. Maak asseblief seker dat die transaksies wat ...