Kwitansies

Kwitansies



‘n Kwitansie is ‘n dokument wat bewys dat geld betaal is aan die skool en wel ontvang is. Omdat die stelsel ‘n proses-gedrewe stelsel is, maak die stelsel voorsiening vir verskeie tipes kwitansies om prosessering te vergemaklik. Die rekeningkundige inskrywings wat deur elkeen van die kwitansies gemaak word, is dieselfde:   Debiteer die kasboek waardeur die transaksie ontvang word en krediteer die gekose grootboek rekeninge of projekte.

Hoe om 'n kwitansie uit te reik

  • Kliek op die "reik kwitansie uit" knoppie.
  • Kies die relevante kwitansie tipe wat jy wil uitreik, deur te kliek op die af pyltjie.
  • Reik dan die kwitansie uit.

Debiteure Skool

  • Kliek op die "reik kwitansie uit" knoppie
  • Die stelsel sal automaties die "debiteure skool" opsie, opbring
  • Kies die relevante familie om die kwitansie voor uit te reik
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie
  • Kies die "tipe kwitansie" deur te kliek op die af pyltjie. Maak jou besluit tussen "bankstaat", "per hand" of "stelsel".
  • "Per hand": Hierdie opsie is baie handig, indien die stelsel dalk af is en jy tydelik kwitansies in 'n kwitansieboek moet uitskryf. Daar is 'n veld beskikbaar waar die kwitansieboek se kwitansie nommer ingesleutel kan word.
  • Vul die datum van die kwitansie in
  • Die persoon van wie die kwitansie ontvang is, moet getoon word. Indien dit ‘n nuwe betaler is, moet die nuwe betaler opsie gekies word.
  • Onthou: Die blokkies met die rooi * is verpligte velde.
  • Ontvang: Kies of die betaling met kontant, kaart, elektronies of per tjek gemaak word.
  • Indien jy die "tjek" opsie kies, moet die tjek nommer, takkode en die totale bedrag van die inbetaling ingetik word, asook die beskrywing van die betaling.
  • "Stelsel": Wanneer jy die "stelsel" opsie kies, word die "kwitansie nommer" weggeneem deur die stelsel, maar die res van die inligting word steeds voltooi soos vir die "per hand" opsie.
  • Vul die bedrag in wat ontvang is
  • Vul 'n beskrywing in
  • Al die betalingsopsies wat aan die leerder gekoppel is, soos skoolfonds, sal verskyn en jy kan nou die gelde in die relevante maande gaan allokeer
  • As die leerder voor uit betaal het, kliek op die "meer inligting" knoppie om die volgende maande beskikbaar te stel
  • Indien die leerder die hele jaar se gelde betaal het, en daar is nog gelde oor kan dit ge-allokeer word na "vooruit betalings". Dit meen dat die leerder dan die volgende jaar sal begin met 'n krediet.
  • Indien die leerder aan 'n projek gekoppel is, kan jy die gelde allokeer deur op die "meer inligting" knoppie te druk en dan die relevante projek te kies deur op die af pyltjie te kliek.
  • Jy kan ook gelde ontvang na 'n gootboek rekening toe pos deur ook op die "meer inligting" knoppie te druk en dan die relevante grootboek kies deur op die afpyltjie te kliek
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie

Ander Debiteure

  1. Kliek op die "reik kwitansie uit" knoppie 
  2. Kies die "debiteure ander" opsie deur op die afpyltjie te kliek
  3. Kliek op die "gaan voort" knoppie
  4. Kies die datum van die kwitansie
  5. Kies die "tipe" kwitansie
  6. "Ontvang van" sal die Ander Debiteur se naam wees
  7. Vul die bank besonderhede van waar af die gelde ontvang is, in
  8. Vul die bedrag in wat ontvang is
  9. Vul 'n beskrywing in
  10. Allokeer die gelde na die relevante uitstaande gelde
  11. Kliek op die "gaan voort" knoppie

Debiteure Invorderaar

  • Kliek op die "reik kwitansie uit" knoppie
  • Kies die "debiteure invorderaar" opsie deur op die afpyltjie te kliek
  • Kies die relevante invorderaar deur op die afplytjie te kliek
  • Kies die relevante familie vir wie jy die kwitansie wil uitreik en skuif die familie van links na regs 
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie
  • Kies die datum van die kwitansie
  • Kies die "tipe" kwitansie
  • "Ontvang van" sal die Invorderaar se naam wees
  • Vul die bank besonderhede van waar af die gelde ontvang is, in
  • Vul die bedrag in wat ontvang is, maar as die skool verantwoordelik is vir die invorderings kostes, moet dit van die bedrag afgetrek word
  • Indien die skool verantwoordelik is vir die invorderings kostes, vul die bedrag in die oop blokkie. Sou die leerder self verantwoordelik wees vir die invorderingskostes, vul 'n Nul in die blokkie
  • Vul 'n beskrywing in
  • Allokeer die gelde na die relevante uitstaande gelde
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie

Direk kwitansies

Direkte kwitansies word gebruik wanneer daar gelde ontvang word vanaf ad-hoc of eenmalige betalers. Direkte betalings en kwitansies word nie gefaktureer nie en ook nie op die rekeningstaat aangetoon nie. Allokasie word gedoen na relevante grootboek rekeninge of aan projekte waar geen leerders gekoppel is nie.
  • Kliek op die "reik kwitansie uit" knoppie
  • Kies dan die "direk" opsie deur op die afpyltjie te kliek
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie
  • Kies die "tipe kwitansie" deur te kliek op die af pyltjie. Maak jou besluit tussen "bankstaat", "per hand" of "stelsel".
  • "Per hand": Hierdie opsie is baie handig, indien die stelsel dalk af is en jy tydelik kwitansies in 'n kwitansieboek moet uitskryf. Daar is 'n veld beskikbaar waar die kwitansieboek se kwitansie nommer ingesleutel kan word. Die persoon van wie die kwitansie ontvang is, moet getoon word. Indien dit ‘n nuwe betaler is, moet die nuwe betaler opsie gekies word.
  • Onthou: Die blokkies met die rooi * is verpligte velde.
  • Ontvang: Kies of die betaling met kontant, kaart, elektronies of per tjek gemaak word.
  • Indien jy die "tjek" opsie kies, moet die tjek nommer, takkode en die totale bedrag van die inbetaling ingetik word, asook die beskrywing van die betaling.
  • "Stelsel": Wanneer jy die "stelsel" opsie kies, word die "kwitansie nommer" weggeneem deur die stelsel, maar die res van die inligting word steeds voltooi soos vir die "per hand" opsie.
  • "Rekening/projek items": Allokeer die inbetaling na die relevante rekening of projek.
  • Indien jy die kwitansie wil druk, kliek op die vierkantige blokkie sodat daar ‘n regmerkie in die blokkie getoon word.
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie.

Projek kwitansies

Projek kwitansies word gebruik om aan ouers of rekenpligtiges wat vir voorafopgestelde projekte betaal, kwitansies uit te reik. Leerders moet vooraf aan die spesifieke projek  gekoppel word.
  • Kliek op die "reik kwitansie uit" knoppie
  • Kies dan die "projek" opsie deur op die afpyltjie te kliek
  • Kies die relevante projek of projek kode.
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie.
  • Kies die "tipe kwitansie" deur te kliek op die af pyltjie. Besluit tussen "bankstaat", "per hand" of "stelsel".
  • "Per hand": Hierdie opsie is baie handig, indien die stelsel dalk af is en u tydelik kwitansies in 'n kwitansieboek moet uitskryf. Daar is 'n veld beskikbaar waar die kwitansieboek se kwitansie nommer ingesleutel kan word.
  • Die persoon van wie die kwitansie ontvang is, moet getoon word. Indien dit ‘n nuwe betaler is, moet die nuwe betaler opsie gekies word.
  • Onthou: Die blokkies met die rooi * is verpligte velde.
  • Ontvang: Die stelsel sal outomaties hier "kontant" invul
  • "Stelsel": Wanneer u die "stelsel" opsie kies, word die "kwitansie nommer" weggeneem deur die stelsel, maar die res van die inligting word steeds voltooi soos vir die "per hand" opsie.
  • Leerder items vir projek: Kies die relevante leerders, deur op die vierkantige blokkies te kliek sodat 'n regmerkie vertoon word.
  • ‘n "Bedrag"- blokkie sal nou vertoon word onder die "bedrag" kolom. Tik die relevante bedrag daar in. Doen dieselfde vir ander leerders ook.
  • Die bedrag in "Totale bedrag", moet balanseer met die totaal van die bedrae, wat langs die leerders se name ingetik is.
  • "Balans nie geallokeer" dui aan of die kwitansie balanseer, m.a.w. die bedrag in die voorsiene blokkie, moet nul wees.
  • Indien jy die kwitansie wil druk, kliek op die vierkantige blokkie sodat daar ‘n groen regmerkie in die blokkie getoon word.
  • U kan ook kies om 'n "aparte kwitansie vir elke leerder" te druk, deur die relevante blokkie te merk.
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie.

Registerklas kwitansie

Registerklas kwitansies word gebruik wanneer daar gelde ontvang word vanaf leerders in dieselfde registerklas. Leerders moet vooraf aan die spesifieke projekte gekoppel word soos nodig.
  • Kliek op die "reik kwitansie uit" knoppie
  • Kies die "tipe kwitansie" deur te kliek op die af pyltjie.
  • Kies die relevante registerklas.
  • Kies die "spesifieke projek" of projek nommer; of
  • Indien daar geen spesifieke projek is nie, moet die "geen spesifieke" opsie gekies word.
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie.
  • Kies die "tipe kwitansie" deur te kliek op die af pyltjie. Besluit tussen "bankstaat", "per hand" of "stelsel".
  • "Per hand": Hierdie opsie is baie handig, indien die stelsel dalk af is en jy tydelik kwitansies in 'n kwitansieboek moet uitskryf. Daar is 'n veld beskikbaar waar die kwitansieboek se kwitansie nommer ingesleutel kan word. Die persoon van wie die kwitansie ontvang is, moet getoon word. Indien dit ‘n nuwe betaler is, moet die nuwe betaler opsie gekies word.
  • Onthou: Die blokkies met die rooi * is verpligte velde.
  • Ontvang: Die stelsel sal outomaties hier "kontant" invul
  • "Stelsel": Wanneer jy die "stelsel" opsie kies, word die "kwitansie nommer" weggeneem deur die stelsel, maar die res van die inligting word steeds voltooi soos vir die "per hand" opsie.
  • Rekening/projek items: Kies die relevante leerders, deur op die vierkantige blokkies te kliek sodat 'n regmerkie vertoon word.
  • Kies die "Projek/Rekening" waarteen die inbetaling geallokeer moet word.
  • ‘n "Bedrag"- blokkie sal nou vertoon word onder die "bedrag" kolom. Tik die relevante bedrag daar in. Doen dieselfde vir ander leerders ook.
  • Indien daar leerders is wat nie ‘n kwitansie moet kry nie, moet daar op die leerder gekliek word, sodat daar ‘n groen regmerkie in die blokkie verskyn en dan op die  opsie. Die kind sal dan verwyder word.
  • Indien die leerder se naam nie vertoon nie, kliek op die  opsie. Daar sal ‘n ekstra lyn bygevoeg word. U kan op die blou af pyltjie druk, sodat u die leerder wat nog nie bygevoeg is nie, kan byvoeg.
  • "Balans nie geallokeer" dui aan of die kwitansie balanseer, m.a.w. die bedrag in die voorsiene blokkie, moet nul wees.
  • Indien jy die kwitansie wil druk, kliek op die vierkantige blokkie sodat daar ‘n groen regmerkie in die blokkie getoon word.
  • Jy kan ook kies om 'n "aparte kwitansie vir elke leerder" te druk, deur die relevante blokkie te merk.
  • Kliek op die "gaan voort"  knoppie.

Hoe om 'n kwitansie te soek

  • Kies die opsie waarmee jy 'n kwitansie wil soek deur te kliek op die af pyltjie. Jy kan kies tussen "kwitansie nommer", "bedrag" en "beskrywing"; of
  • Kies die "jaar" en "maand" wanneer relevante kwitansie uitgereik is.
  • Kies die "soort kwitansie". Jy kan kies tussen "alle kwitansies", "gepos", "geherallokeer" en "gekanselleer".
  • Indien jy alle kwitansies kies, gaan al die kwitansies saam vertoon word.
  • Kies die relevante kwitansie, deur te kliek op die sirkel onder die "gekies" kolom
  • Kliek op die "besigtig kwitansie" knoppie
  • Indien jy die kwitansie wil druk, kliek op die vierkantige blokkie sodat daar ‘n regmerkie in die blokkie getoon word.
  • Jy kan ook kies om 'n "aparte kwitansie vir elke leerder" te druk, deur die relevante blokkie te merk.
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie.

Hoe om 'n kwitansie te kanselleer

Kwitansies moet slegs in hoogs noodsaaklike gevalle gekanselleer word. Dit is 'n oudit risiko en al hierdie transaksies word spesifiek vir oudit doeleindes gemerk. Let daarop dat indien ‘n kwitansie reeds deel vorm van ‘n Deposito, dit nie gekanselleer kan word nie. As die kwitansie direk vanaf die bank staat uitgereik is, kan dit ook nie gekanselleer word nie. Direkte kwitansies moet deur middel van betalings reggestel word
  • Kies die opsie waarmee jy 'n kwitansie wil soek deur te kliek op die af pyltjie. Jy kan kies tussen "kwitansie nommer", "bedrag" en "beskrywing"; of
  • Kies die "jaar" en "maand" wanneer relevante kwitansie uitgereik is.
  • Indien jy alle kwitansies kies, gaan al die kwitansies saam vertoon word.
  • Kies die relevante kwitansie, deur te kliek op die sirkel onder die "gekies" kolom.
  • Kliek op die "kanselleer kwitansie" knoppie.
  • Indien jy die kwitansie wil kanselleer moet daar ‘n rede vir die kansellering van die kwitansie gegee word.
  • Maak jou besluit deur op "ja" die  of "nee" knoppie te kliek.
Voor jy op die "gaan voort" knoppie kliek om die kwitansie uit te reik, maak seker dat die "Balans nie geallokeer" op 'n Nul rand vertoon andersins sal die stelsel jou nie toe laat om voort te gaan nie.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd

    • Related Articles

    • Kasboek Verslag

      Verslae > Finansies > Transaksies > Kasboek Verslag Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hoe om 'n kasboek verslag te skep Kies die periode waar binne die verslag moet hardloop Kies die formaat van die verslag deur op die af-pyltjie ...
    • Kasboek Rekeninge

      Hoe om 'n bank rekening te skep Kliek op die rooi plus om 'n nuwe rekening te skep. Tik 'n "rekening kode" in die beskikbare blok in. Tik 'n "rekening naam" in die beskikbare blok in. Kies die datum wat jy wil he die rekening moet vanaf aktief wees. ...
    • Deposito

      Deposito’s is die proses om kwitansies saam te groepeer en dan na die bank toe te stuur sodat slegs een inskrywing op die bankstaat sal vertoon. Hierdie deposito sal dan op die bankstaat van die bankinstansie vertoon wat dan weer kan gerekonsilieer ...
    • Bankrekonsiliasie

      ‘n Bankrekonsiliasie word gedoen om die bankstaat van elke bankrekening met die stelsel se kasboek van elke rekening te laat balanseer. Bankrekeninge in die stelsel word aanvanklik deur die Stelsel implementeringspan vir u opgestel, maar indien u ...
    • Netcash Integrasie

      Inleiding Finansies > Kasboek > Rekeninge Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Indien die skool al klaar gebruik maak van 'n Netcash/SagePay rekening As 'n skool klaar van Netcash/SagePay gebruik maak, sal daar klaar 'n grootboek ...