Netcash Integrasie

Netcash Integrasie

Inleiding

Finansies > Kasboek > Rekeninge

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel

Indien die skool al klaar gebruik maak van 'n Netcash/SagePay rekening

As 'n skool klaar van Netcash/SagePay gebruik maak, sal daar klaar 'n grootboek rekening (bank rekening) bestaan onder Algemene Grootboek Rekeninge en onder die Kasboek Rekeninge skerm. Dit sal gewoonlik 'n per-hand rekening wees. Indien dit so is, kan die volgende stappe gevolg word
  1. Skep 'n nuwe bank rekening wat gebruik kan word vir die Netcash integrasie. Baie belangrik is om seker te maak dat die "rekening aktief" datum korrek is aangesien transaksies vanaf hierdie datum ingetrek sal word. 
  2. Doen 'n oorplasing vanaf die ou Netcash rekening na die nuwe Netcash rekening sodat die ou Netcash rekening nul is en gesluit kan word. Die balans wat op die ou Netcash rekening was sal dus die openings balans op die nuwe Netcash rekening wees

Indien die skool nog nie 'n Netcash/SagePay rekening het nie en een moet opstel

  1. Indien die skool nou eers van Netcash/SagePay gebruik maak gaan die skool 'n nuwe bank rekening moet skep onder Finansies > Kasboek > Rekeninge
  2. Dit is belangrik om die bankstaat formaat te kies as Netcash (English)
  3. Sodra die formaat gekies word, gaan die skool hulle Netcash rekening nommer moet invul sowel as hulle Netcash Service inligting waar die skool dan "Account Service" sal kies en dan moet hulle ook die "Account Services Service Key" invul
  4. Die besonderhede kan gevind word deur aan te teken op die skool se Netcash skerm by https://merchant.netcash.co.za/SiteLogin.aspx

Waar om die Netcash rekening nommer en die "service key" te vind

  1. Teken aan op Netcash. Sodra jy aangeteken het, sal jy 'n lys sien met al jou rekening waarnatoe jy toegang het. Doen dan soos volg
  2. Kliek op die potlood
  3. Kliek op die rekening profiel menu wat in die boonste seksie is
  4. Aan die regterkant van die menu sal die inligting verskyn wat nodig is om op d6+ te laai. 
  5. Sodra die inligting op d6+ gelaai is, sal die integrasie volledig wees en die transaksie sal op 'n daaglikse basis om 10h00 ingetrek word

Transaksies sal op 'n daaglikse basis in d6+ ingetrek word maar die skool is nog steeds verantwoordelik om die transaksies te verwerk deur kwitansies ens uit te reik

Netcash het met Sage saam gesmelt en dit is waar Sage Pay vandaan kom. Intussen het hulle weer gesplit en is nou weer bekend as Netcash. Dus, al se die skool hulle gebruik Sage Pay, sal dit in werklikheid Netcash wees

Dit is belangrik om te weet dat Netcash verskillende opsies het om mee te integreer. Die volgende opsies kan nog nie integreer met die d6+ stelsel nie
  1. Debiet order integrasie
  2. Krediteure integrasie
  3. Salaris betalings integrasie
  4. Betaal nou integrasie

© Copyright d6 group (Pty) Ltd

    • Related Articles

    • Bankrekonsiliasie

      ‘n Bankrekonsiliasie word gedoen om die bankstaat van elke bankrekening met die stelsel se kasboek van elke rekening te laat balanseer. Bankrekeninge in die stelsel word aanvanklik deur die Stelsel implementeringspan vir u opgestel, maar indien u ...
    • Kasboek Rekeninge

      Hoe om 'n bank rekening te skep Kliek op die rooi plus om 'n nuwe rekening te skep. Tik 'n "rekening kode" in die beskikbare blok in. Tik 'n "rekening naam" in die beskikbare blok in. Kies die datum wat jy wil he die rekening moet vanaf aktief wees. ...
    • Kasboek Verslag

      Verslae > Finansies > Transaksies > Kasboek Verslag Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hoe om 'n kasboek verslag te skep Kies die periode waar binne die verslag moet hardloop Kies die formaat van die verslag deur op die af-pyltjie ...
    • Debiteure Rekeninge

      Met hierdie funksie kan jy rekeninge skep vir die verskillende Invorderaars en ander debiteure van die skool. Dit sal die aanvang van alle debiteurtransaksies insluitend joernale, aanpassings, oorhandigings en kwitansies op die rekening fasiliteer. ...
    • Algemene Grootboek Rekeninge

      Grootboekrekeninge maak deel uit van die grootboek van die skool, waar alle rekenkundige transaksies gestoor en opgesom word. Hierdie word benodig sodat die boekhouding stelsel suksesvol kan funksioneer. Grootboekrekeninge word normaalweg genommer. ...