Debiteur Rekeningstate

Debiteur Rekeningstate


Rekeningstate

  • Elke leerder het ‘n rekenpligtige. Slegs een rekening word per rekenpligtige gedruk – indien daar dus 2 leerders van ‘n familie aan bv. die Pa as rekenpligtige gekoppel is en 1 leerder van dieselfde familie aan bv. die Ma as rekenpligtige gekoppel is, sal daardie familie, 2 rekeninge ontvang – een vir die Pa met die 2 leerders op en 1 vir die Ma met die 1 leerder op. Indien alle leerders van ‘n familie dus 1 rekenpligtige het, sal die familie slegs een rekeningstaat ontvang. Indien die ouer 2 gestel word as ‘Ontvang afskrif van rekeningstaat per epos en daar is ‘n geldige epos address in die epos veld dan sal ouer 2 ook ‘n afskrif ontvang.
  • Die name van die leerders wat ingesluit is by die familie, verskyn op die staat.
  • Die rekening word in klasverband gedruk.
  • Die verspreiding van rekeningstate kan per hand, pos of elektronies (e-pos) geskied.
  • Wanneer jy die stelsel gebruik, vereis sommige funksies van die program dat jy gebruik maak van Google Chrome as jou webblaaier ("Browser").

Staat inligting:

Kies tussen die volgende opsies
(deur op die afpyltjie te kliek):

  • *"Druk of besigtig van alle rekeningstate"
  • *"Druk of besigtig van rekeningstate wat nie ge-epos kan word nie
  • *"E-pos rekeningstate (Rekenpligtiges met e-pos address)" .

    Staat op:

  • Kies die "Datum van staat" deur te kliek op die "af-pyltjies".

    Staat vir:

  • Kies of die state vir "skool debiteure" of "invorderaar" of "ander debiteur" moet wees. "Invorderaar" verwys na debiteure rekeninge wat aan 'n Invorderaar's oorhandig is. "Ander Debiteur" verwys na debiteure, anders as skool debiteure, wat ook op die d6 stelsel gefaktureer word.

    By "state van" het jy die volgende keuses:
  1. Alle debiteurrekeninge.
  2. Slegs debiteurrekeninge wat huidige leerders insluit. 
  3. Slegs debiteurrekeninge wat nie in die skool is nie (verlaters asook waglys leerders). 
  4. Kies debiteurrekeninge.
  5. Kies registerklasse.

    Druk opsies:
     

  6. "Druk staat per rekenpligtige" het jy die opsie of jy die staat per rekeningpligtige wil druk of rekeningpligtige en groeperingkategorie. Indien jy kies om dit per rekeningpligtige en groeperingkategorie te druk sal die ouer 'n aparte staat vir elke heffingskategorie soos bv skoolfonds, naskool, koshuis, bus ontvang.
  • "Druk staat vir" het jy die opsie of jy net vir die spesifieke maand 'n staat wil druk en dan selekteer jy die Maand opsie by die ‘Druk staat vir’ veld. Indien jy die staat wil druk met alle transaksies op vanaf die begin van die jaar tot op die datum wat jy geselekteer het selekteer die Jaar opsie by die ‘Druk staat vir’ veld.
  • By die 'druk kolomme" het jy die opsie om die staat te druk met
  1. Debiet, Krediet en Saldo kolomme of
  2. Bedrag en Saldo kolomme
  • Jy het dan die opsie om nee of ja te merk by "Druk faktuur detail"
  • Volgende kan jy of "ja" of "nee" kies by "druk detail transaskieallokasie" . Hierdie wys die spesifieke allokasie wat gedoen is toe die relevante kwitansie aan die ouer uitgemaak is.
  • "Druk state volgens voorkeurtaal" bied ook die opsie om of "ja" of "nee" te kies. Indien "ja" gekies word, word die voorkeur taal geselekteer op die ouer skerm by die ouer se inligting
  • Kies die datum tot wanneer betalings ingesluit moet word.
  • Kies of projekte op die staat moet verskyn. Slegs projekte wat aan spesifieke leerders gekoppel is met 'n spesifieke bedrag sal op die staat verskyn. Indien jy 'n staat vir 'n ander debiteur druk en die debiteur is aan 'n projek gekoppel, kan jy dan ook die opsie kies sodat die projek op die leerder se rekening verskyn.
  • Kies of debiteure notas op die staat moet verskyn. Interne notas verskyn Nie op die staat nie maar wel teks notas sowel as reelings om te betaal nota's
  • Kies of die leerders se ID nommers/Regsitrasie nommers op die staat moet verskyn
  • Kies om die ouderdoms ontleding of per leerder, per leerder en heffingskategorie of geen te druk nie. Kies ook tot wanneerdie transakes in gesluit moet word  
  • Kies om die state of per familie kode of per familie te sien
  • Kies die relvante failie/s en skuif hulle dan van links na regs om hulle te kan besigtin

Debiteure met 'n Dollar teken wys dat die debituer oorhandig is

© Copyright d6 group (Pty) Ltd

    • Related Articles

    • Debiteure Joernaal

      Finansies > Debiteure > Joernale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kliek op die "doen 'n joernaal" knoppie en kies die tipe joernaal wat gedoen moet word, deur te kliek op die af pyltjie. U kan kies tussen "Debiteure ...
    • Nuwe Debiteure Notas & Reëlings

      Finansies > Debiteure > Nuwe Debiteurenotas & Reëlings Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Daar is drie verskillende notas wat geskep kan word naamlik 'n interne nota, 'n teks nota en dan 'n reling om te betaal nota. ...
    • Debiteure Rekeninge

      Met hierdie funksie kan jy rekeninge skep vir die verskillende Invorderaars en ander debiteure van die skool. Dit sal die aanvang van alle debiteurtransaksies insluitend joernale, aanpassings, oorhandigings en kwitansies op die rekening fasiliteer. ...
    • Ander Debiteure

      Finansies > Ander Debiteure Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Ander Deiteure funksie stel 'n Skool instaat om fakturering te laat plaasvind vir ander debiteure en nie net vir Skool Debiteure nie. Fakture kan uitgereik word en ...
    • Debiteure Ontledings Verslag

      Hoe om die debiteure ontleding verslag te skep Kies of jy 'n debiteure ontleding wil doen per registerklas, huidige leerders, ingeskrewe leerders, verlate leerders of alle leerders. Kies die jaar. Kies of jy die transaksies oor 'n periode, vanaf 'n ...