Elke leerder het 'n rekenpligtige. Slegs een rekening word per rekenpligtige gedruk. As twee leerders van 'n familie bv. aan die Pa as rekenpligtige gekoppel is, ontvang die Pa een staat met albei leerders op. As Ouer 2 gestel is op Ontvang afskrif van rekeningstaat per e-pos en 'n geldige e-posadres het, ontvang hy/sy ook 'n afskrif. State word in klasverband gedruk en kan per hand, pos of e-pos versprei word.
Finansies > Debiteure > Rekeningstate
Staat inligting: Kies een van die volgende via die afpyltjie: Druk of besigtig alle rekeningstate, Druk of besigtig state wat nie ge-epos kan word nie, of E-pos rekeningstate (Rekenpligtiges met e-posadres).
Staat op: Kies die datum van staat via die afpyltjies.
Staat vir: Kies Skool debiteure, Invorderaar (rekeninge oorgegee aan 'n invorderaar) of Ander debiteur.
State van: Kies alle debiteurrekeninge, slegs huidige leerders, slegs verlaters/waglys, spesifieke debiteurrekeninge of spesifieke registerklasse.
Druk staat per rekenpligtige: Kies per rekenpligtige, of per rekenpligtige en groeperingkategorie (laat ouer aparte state ontvang per heffingskategorie, bv. skoolfonds, naskool, koshuis).
Druk staat vir: Kies Maand (slegs die spesifieke maand) of Jaar (alle transaksies vanaf begin van jaar tot geselekteerde datum).
Druk kolomme: Kies Debiet/Krediet/Saldo of Bedrag/Saldo.
Stel die volgende opsies as Ja of Nee in: Druk faktuur detail, Druk detail transaksieallokasie, Druk state volgens voorkeurtaal, Toon projekte, Toon debiteure notas (interne notas verskyn nie op staat nie), Toon leerder ID/Registrasienommers, Ouderdomsontleding (per leerder, per leerder en heffingskategorie, of geen).
Kies om state per familie kode of per familie te besigtig, kies dan die relevante families en skuif hulle van links na regs.
Let wel: Debiteure met 'n Dollar-teken ($) is reeds aan 'n invorderaar oorhandig.
As leerders van dieselfde familie verskillende rekenpligtiges het (bv. een leerder by Pa, een by Ma), word afsonderlike state vir elke rekenpligtige gedruk. Verseker dat alle leerders van 'n familie aan die korrekte rekenpligtige gekoppel is as jy net een staat per familie wil stuur.
Laas opgedateer: Maart 2026 | Weergawe 3.0