Ander Debiteure

Ander Debiteure

Finansies > Ander Debiteure

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel

Die Ander Deiteure funksie stel 'n Skool instaat om fakturering te laat plaasvind vir ander debiteure en nie net vir Skool Debiteure nie. Fakture kan uitgereik word en krediet nota's kan gelaai word. State sowel as fakture kan aan die debiteure gestuur word en die ouderdomsontleding verslag verseker dat daar goeie en akkurate kontrole gehou kan word oor uitstaande fakture. Ander opsies sluit projekte, debiet order funksie en debiteure nota's in. 

Hoe Om 'n Ander Debiteur Rekening Te Skep 

  1. Gaan na Finansies > Algemene Grootboek > Rekeninge > Kliek op die Plus en om 'n nuwe rekening te skep.
  1. Die rekening moet 'n Rekeninge Ontvangbare (Accounts Receivable) rekening wees.
  2. Wanneer die rekening geskep is, gaan na Finansies > Debiteure > Rekeninge > Kliek Op Die Plus
  3. Tipe - Kies "ander debiteur"
  4. Ander Debiteur - Kies of dit 'n Nuwe een is, 'n Bestaande een. Daar is nie 'n d6 een nie.
  5. Rekenpligtige - Kies of dit 'n Instansie of 'n Persoon is deur op die af pyltjie te kliek
  6. Tipe Instansie - Kies die relevante opsie deur op die af pyltjie te kliek
  7. Handelsnaam - Vul die handelsnaam in van die Ander Debiteur
  8. Geregistreerde Naam - Vul die geregistreerde naam van die instansie in, sou dit van toepassing wees
  9. Regsitrasie Nommer - Vul die regsitrasie nommer in
  10. Geregistreer vir BTW - Dui hier aan of die Invorderaar wel geregistreer is vir BTW. As die Ander Debiteur geregistreer is en jy het "ja" gekies, sal daar 'n blokkie oop maak waarby jy dan hulle BTW nommer moet invul 
  11. Telefoonnommer - Dit sal die telefoon nommer van die instansie wees
  12. Faksnommer - Dit sal die ander debiteur se faksnommer wees wat jy hier moet invul
  13. E-posadres - Dit sal die epos adres vir die ander debiteur wees
  14. Webwerf - Dis die weberf vir die ander debiteur
  15. Fisiese Adres - Dit sal die fisiese adres vir die ander debiteur
  16. Posadres - Dis die posadres vir die ander debiteur
  17. Naam - Die naam van die kontak persoon by die ander debiteur
  18. Van - Die van van die kontak persoon by die ander debiteur
  19. Telefoonnommer - Die telefoon nommer van die kontak persoon by die ander debiteur
  20. Selfoon nommer - Die selfoon nommer van die kontak persoon by die ander debiteur
  21. E-posadres - Die epos adres van die kontak persoon by die ander debiteur
  22. Rol van kontakpersoon - Wat is die rol/titel van die kontak persoon by die ander debiteur
  23. Belastingssertifikaat - Benodig jy 'n kopie van die ander debiteur  se belastings sertifikaat
  24. BEE status - As jy wil aandui of dieander debiteur  wel 'n BEE status het
  25. Voorkeur verskaffer gradering - Hier kan die skool aandui watter graad verskaffer die ander debiteur is, as hulle sou wou
  26. Bankbesonderhede - Hier kan die skool die ander debiteur se bank besonderhede invul sodat die inligting beskikbaar is wanneer die ander debiteur se betaling deur debiet order moet geskied
  27. Grootboek kontrole rekening - Kies die Ander Debiteure Kontrole Rekening (die rekening word geskep onder die Algemene Grootboek Rekeninge en dit moet 'n Rekeninge Ontvangbaar rekening wees)
  28. Rekeningnommer - Die rekening nommer word outomaties deur die stelsel toegeken 
  29. Verwysing/Rekeningnommer by ander debiteur - Vul die skool se rekening nommer by die ander debiteur hier in
  30. Rekening aktief vanaf - Dui aan vanaf watter datum jy die rekening wil aktief he
  31. Kliek op die "voeg by" knoppie

Hoe om 'n faktuur te skep

  1. Kliek op die "skep 'n faktuur" knoppie
  2. Kies die ander debiteur vir wie jy 'n faktuur wil laai
  3. Kliek op die "gaan voort" knoppie
  4. Kies die betalings terme van die faktuur
  5. Dui aan of die faktuur onderhewig is aan belasting
  6. Dui aan of die faktuur deur debiet order betaalbaar is
  7. Vul die totaal van die faktuur in
  8. Vul 'n beskrywing in
  9. Onder "item" tik die item in wat jy wil laai, of kies die item deur op die afpyltjie te kliek
  10. Vul die hoeveelheid in
  11. Vul die eenheidsprys in
  12. Dui aan of dit btw in of uitsluit
  13. Kies die projek of grootboek rekening wat van toepassing is
  14. Indien nodig, kan nog lyne bygevoeg word deur op die "voeg lyne by" knoppie te druk
  15. Indien nodig, kan jy lyne uitvee deur op die "vee lyne uit" knoppie
  16. Wanneer die faktuur gelaai is, kies om dit te "stoor voorlopig" of "stoor"
  17. Die faktuur moet dan gepos word

Hoe om 'n faktuur te redigeer

  1. Kies die faktuur wat jy wil redigeer deur op die radio sirkel langs die relevante faktuur te kliek
  2. Kliek op die "redigeer" knoppie
  3. Bring die nodige veranderinge aan en kliek dan op die "stoor voorlopig of stoor" knoppie

Hoe om 'n faktuur te kopieër

  1. Kies die faktuur wat jy wil kopieër deur op die radio sirkel langs die relevante faktuur te kliek
  2. Kliek dan op die "kopieër" knoppie
  3. Die stelsel sal dan 'n kennisgewing opbring wat vra of jy seker is dat jy die faktuur wil kopieër en jy kan of "ja" of "nee" kies

Hoe om 'n faktuur te besigtig of te epos vir beide 'n ander debiteur of skool debiteur

  1. Kliek op die radio sirkel en dan op "besigtig"
  2. Indien jy die faktuur wil epos, kliek op die "epos" knoppie
  3. Indien jy die faktuur wil druk, kliek op die "besigtig" knoppie wat die faktuur dan in 'n pdf formaat sal oopmaak waar jy dan ook die opsie het om dit te druk

Hoe om 'n kredietnota te skep

  1. Kliek op die "skep 'n kredietnota" knoppie
  2. Kies die relevante ander debiteur deur op die afpyltjie te kliek
  3. Kliek op die "gaan voort" knoppie
  4. Vul die datum van die kredietnota in
  5. Dui aan of dit 'n belasting kredietnota is of nie
    Dui aan of die krediet nota die debiet order bedrag outomaties moet verander indien die debiteur deur 'n debiet order betaal en die debiet orders nog nie na Stratcol/Netcash aangebied is nie
  6. Vul die bedrag van die nota in
  7. Vul 'n beskrywing in
  8. Onder "item" tik 'n nuwe item in of kies 'n item wat al reeds bestaande is deur op die afpytljie te kliek
  9. Vul die hoeveelgheid in
  10. Vul die eenheids prys in
  11. Dui aan of btw ingesluit of uitgesluit is
  12. Kies die relevante projek of grootboekrekening 
  13. Voeg 'n lyn by, indien van toepassing
  14. Vee oortollige lyne uit, indien van toepassing
  15. Kies om die kredietnota voorlopig te stoor of dit te stoor en te stuur vir goedkeuring
  16. Die "balans nie geallokeer nie" moet altyd Nul wees andersins sal jy nie die kredietnota kan stoor nie

Hoe om 'n kredietnota te redigeer

  1. Indien 'n kredietnota voorlopig gestoor is, kan dit geredigeer word deur op die radio sirkel te kliek en dan op die "redigeer" knoppie te druk.
  2. Die stelsel sal jou weer na die eerste skerm bring waar jy die krediteur moet kies so kliek net op die "gaan voort" knoppie
  3. Bring die nodige veranderinge aan en kliek op die "stoor voorlopig of stoor" knoppie

Hoe om 'n kredietnota te kopieër

  1. Kies die kredietnota wat jy wil kopieër deur op die radio sirkel langs die nota te kliek
  2. Kliek dan op die "kopieër knoppie
  3. Die stelsel sal dan 'n kennis gewing opbring wat vra of jy wel 'n kopie van die kredietnota wil maak n jy het dan 'n keuse tussen "ja" en "nee"
  4. Indien jy "ja" gekies het, sal die stelsel die kredietnota as "voorlopig" stoor waar jy dit dan kan redigeer
  5. Hoe om 'n kredietnota te verwyder
  6. Kies die kredietnota wat jy wil verwyder deur op die radio sirkel langs die nota te kliek
  7. Kliek dan op die "verwyder" knoppie 
  8. Die stelsel sal dan 'n kennisgewing opbring wat vra of jy seker is dat jy die kwitansie wil kanselleer
  9. Kies dan of "ja" of "nee"                        

Hoe om 'n staat vir 'n ander debiteur te druk

  1. Onder rekeningstate waar die "staat inligting" blok is, kan jy onder "staat vir" kliek en dan ander debiteure kies.
  2. Indien die ander debiteur aan 'n projek gekoppel is, kan jy onder die "druk opsies" blok waar dit vra "druk projek detail" dan "ja" kies sodat dit op die staat verskyn
  3. Indien daar 'n debiteure betalings reëling nota vir die ander debiteure geskep is kan jy onder "druk opsies" waar dit vra "druk debiteure notas" dan "ja" kies sodat dit op die staat verskyn

Hoe om 'n debiet order te laai vir 'n ander debiteur

  1. Wanneer die debiteur geskep word, moet bankbesonderhede ingevul word
  2. Wanneer 'n faktuur gelaai word, moet daar aangedui word of die faktuur deur middel van 'n debiet order betaal word
  3. Die debiet order sal dan saam met die skool debiteure verskyn wanneer dit aan Stratcol/Netcash aangebied word

Hoe om 'n debiteure nota vir 'n ander debiteur te laai

Daar is drie verskillende notas wat geskep kan word naamlik 'n interne nota, 'n teks nota en dan 'n reling om te betaal nota. Betalingsreëlings is ooreenkomste wat gemaak is deur debiteure om fooie op ‘n latere stadium te betaal of om ‘n reëling te tref ten opsigte van betaling.

'n Interne nota is soos wat die naam voorstel, intern en is gewoonlik nie iets wat die skool op die debiteur se rekening staat print nie. Dis 'n manier vir die skool om 'n geskiedenis op te bou aangaande alle gesprekke wat gehou is met 'n spesifieke debiteur. 
  1. Kliek op die "skep 'n nota" knoppie.
  2. Kies die ander debiteur vir jy die nota wil skep.
  3. Kies die datum van die nota.
  4. Die rekenpligtige sal altyd die rekenpligtige wees wat aan die familie gekoppel is maar jy kan dit verander.
  5. By "tipe nota" kies dan interne nota.
  6. Vul dan die nodige informasie onder die "nota" seksie in.
  7. As al die informasie ingevul is en jy wil graag die nota stoor, kliek op die "Gaan voort" knoppie.
'n Teks nota werk op ie basiese konsep van 'n interne nota maar word gewoonlik wel op die debiteur se staat geprint.
  1. Kliek op die "skep 'n nota" knoppie.
  2. Kies die ander debiteur vir jy die nota wil skep.
  3. Kies die datum van die nota.
  4. Die rekenpligtige sal altyd die rekenpligtige wees wat aan die familie gekoppel is maar jy kan dit verander.
  5. By "tipe nota" kies dan teks nota.
  6. By die "kommunikasie medium" opsie kan jy dan kies om te wys hoe jy in verbinding was met die debiteur.
  7. Vul dan die nodige informasie onder die "nota" seksie in.
  8. As al die informasie ingevul is en jy wil graag die nota stoor, kliek op die "Gaan voort" knoppie.
Betalingsreëlings is ooreenkomste wat gemaak is deur debiteure om fooie op ‘n latere stadium te betaal of om ‘n reëling te tref ten opsigte van betaling.
  1. Kliek op die "skep 'n nota" knoppie.
  2. Kies die ander debiteur vir jy die nota wil skep.
  3. Kies die datum van die nota.
  4. Die rekenpligtige sal altyd die rekenpligtige wees wat aan die familie gekoppel is maar jy kan dit verander.
  5. By "tipe nota" kies dan teks nota.
  6. By die "kommunikasie medium" opsie kan jy dan kies om te wys hoe jy in verbinding was met die debiteur.
  7. Vul dan die nodige informasie onder die "nota" seksie in.
  8. Onder die "reëling om te betaal inligting" seksie kan jy datums sowel as die bedrae invul wat die debiteur ooreengekom het om te betaal.

As al die informasie ingevul is en jy wil graag die nota stoor, kliek op die "Gaan voort" knoppie.
Sodra 'n nota geskep het, kan dit gewysig word maar nooit verwyder word nie.


Hoe om 'n projek aan 'n ander debiteur te koppel

  1. Druk op die "skep 'n projek" knoppie.
  2. Projeknommer: Die stelsel sal outomaties die volgende projeknommer toeken.
  3. Projeknaam: Tik die naam van die projek in
  4. Projek bestuurder: Die naam van die onderwyser wat in beheer is van die projek moet gekies word uit die lys van name.
  5. Projekkontrolerekening: Kies die grootboekrekening wat u wil gebruik as u projekkontrolerekening. Die meeste skole sal hier slegs een opsie hê.
  6. Wins-/Verlies rekening: Hier moet jy die naam kies van die rekening waarheen jy wil hê die wins of verlies van die projek moet pos. 
  7. Begin datum: Die datum wanneer die projek begin moet getoon word. Indien u transaksies pos, sal hierdie betrokke projek slegs van daardie datum af beskikbaar wees.
  8. Verwagte eind datum: Hierdie datum is wanneer jy verwag die projek ten einde sal loop. 
  9. Projek het ‘n bepaalde bedrag: Indien daar ‘n bepaalde bedrag is vir die projek moet die bedrag ingesleutel word. 
  10. Koppel leerders aan projek: Hier sal dit dan "nee" wees
  11. Koppel ander kontakte/debiteure aan projek: Hier kan jy kies om ander kontakte wat gewoonlik verwys na ouers of personeel, te koppel aan 'n projek. Jy kan ook ander debiteure aan 'n projek koppel.
  12. Sodra al die informasie gelaai is, kliek op die "voegby knoppie" en die stelsel sal jou terug vat na die eerste skerm waar al jou aktiewe projekte vertoon.

Hoe om gelde van 'n ander debiteur af te skryf deur middel van 'n debiteure afskrywings joernaal

  1. Kies Debiteure Afskrywingsjoernaal. 
  2. Kies dan die joernaal: 
  3. Ander Debiteure na Grootboek Rekening/Projek - Jy gaan die Ander debiteur rekening afskryf teen ‘n grootboek rekening of projek.
  4. Kies die debiteur rekening vir die afskrywings joernaal gepos gaan word
  5. Indien jy Ander Debiteure Na Grootboek Rekening gekies het, kies die relevante rekening en kliek op "gaan voort". Alles saldo's op die rekening sal nou vertoon.
  6. Sleutel die transaksie datum in, dit is die datum wanneer die transaksie op die Grootboek gepos moet word.
  7. Skryf af teen rekening is waar jy moet aantoon teen watter grootboekrekening jy die transaksie wil pos. In geval van afskrywings sal jy in meeste gevalle die "Oninvorderbare" of "Slegte" skulde rekening gebruik. Jy kan ook 'n aparte rekeninge he waarteen oor jy skool debiteure en ander debiteure afskryf
  8. Totale bedrag vir afskrywing is waar jy die bedrag insleutel wat afgeskryf moet word.  Jy kan hierdie blok uitlos en dan net die blokkies kliek vir die maande wat jy wil afskryf.  Die stelsel sal dan outomaties hierdie bedrag invul.  Sien ook regs bo in die hoek die twee blokkies: 
  9. Die boonste blokkie is die bedrag wat jy ingesleutel het by die Totale bedrag of die totaal van al die blokkies per maande wat jy gekies het.
  10.  Die onderste blokkie is om te kyk of die bedrag wat jy by totale bedrag ingesleutel het en die blokkies wat jy kies om afteskryf balansseer.  Indien dit nie balansseer nie sal die blokkie Rooi vertoon.  Indien dit balansseer sal die blokkie groen vertoon.
  11. Beskrywing is waar jy die rede moet verskaf hoekom dit afgeskryf moet word. Wat u hier intik sal op die algemene grootboekrekening verskyn.
  12. Goedkeuring gegee: Die vergadering wat toestemming gegee het om die geld af te skryf, moet getoon word. U kan kies tussen "Beheerliggaam", "Finansiële Komitee" of "Departement van Onderwys".
  13. Opmerking: Hier beveel ons aan dat jy die datum van die vergadering aantoon sodat die notules nagegaan kan word deur di skool se Ouditeure indien julle enige navrae kry.
  14. Kies die verskillende maande se blokkies wat julle wil afskryf. Indien die totaal wat jy wil afskryf en die totaal van die blokkies wat jy gekies het nie balanseer nie, sal die stelsel nie voortgaan nie en daar sal 'n fout boodskap opkom waar jy op die "gaan voort" opsie moet kliek en sodoende na die vorige skerm te kan terug gaan.
  15. Indien dit ‘n nul bedrag is, kliek op die "gaan voort" knoppie.

Hoe om 'n verkeerde allokasie vir 'n ander debiteur reg te stel deur middel van 'n debiteure joernaal

  1. Kies dan die joernaal: 
  2. Ander Debiteure na Grootboek Rekening/Projek - Die opsie sal gewoonlik nie gebruik word nie want debiteure joernale is gewoonlik net van toepassing op debiteure wat op die skool se boeke reflekteer.
  3. Kies die debiteure rekening waarvoor die joernaal gedoen moet word.
  4. Kliek op die "gaan voort" knoppie.
  5. Indien jy ander debiteure gekies het, sal die saldo's hier vertoon
  6. Sleutel die transaksie datum in, dit is die datum wanneer die transaksie op die Grootboek gepos moet word.
  7. Kies die relevante Grootboek rekening wat gedebiteer of gekrediteer moet word. In die geval waar dit 'n Nul Rand aansuiwering is, sal dit beter wees om jou "Afwag" rekening te gebruik. Let wel dat met 'n Nul Rand aansuiwering word die betrokke rekening glad nie gedebiteer of gekrediteer nie want die bedrag is Nul.
  8. Totale bedrag vir aansuiwering is waar jy die bedrag insleutel wat jy die rekening wil debiteer of krediteer.  Jy kan hierdie blok uitlos en dan net die blokkies kliek vir die maande wat jy wil joernaliseer.  Die stelsel sal dan outomaties hierdie bedrag invul.  Sien ook regs bo in die hoek die twee blokkies: 
  9. Die boonste blokkie is die bedrag wat jy ingesleutel het by die Totale bedrag of die totaal van al die blokkies per maande wat jy gekies het.
  10.  Die onderste blokkie is om te kyk of die bedrag wat jy by totale bedrag ingesleutel het en die blokkies wat jy kies om te joernaliseer.  Indien dit nie balansseer nie sal die blokkie Rooi vertoon.  Indien dit balansseer sal die blokkie groen vertoon.
  11. Staat Beskrywing is waar jy die rede moet verskaf hoekom die joernaal plaasvind. Wat jy in die blok intik, sal op die debiteur se staat verskyn. As jy nie jou eie beskrywing wil gebruik nie kan jy op die afpyltjie kliek en die stelsel sal dan vir jou 'n lys van vooraf opgestelde redes gee wat jy kan kies om van te gebruik.
  12. Opmerking: Hier kan jy jou eie beskrywing gee. Onthou hoe meer inligting gegee word, hoe makliker is dit om terug te verwys oor hoekom die joernaal nodig was. Jy kan ook dieselfde beskrywing wat jy in die staat beskrywing gebruik het, weer hier gebruik
  13. Kies die verskillende maande se blokkies wat jy wil joernaliseer. Indien die totaal wat jy wil joernaliseer en die totaal van die blokkies wat jy gekies het nie balanseer nie, sal die stelsel nie voortgaan nie en daar sal 'n fout boodskap opkom waar jy op die "gaan voort" opsie moet kliek en sodoende na die vorige skerm te kan terug gaan.
  14. Indien dit ‘n nul bedrag is, kliek op die "gaan voort" knoppie.

Hoe om 'n kwitansie uit te reik vir 'n ander debiteur

  1. Kliek op die "reik kwitansie uit" knoppie indien jy die kwitansie via Finansies < Kasboek > Kwitansies uitreik. Indien jy die kwitansie vanaf die bank staat uitreik, kan jy net op die beskrywing kliek
  2. Kies die "debiteure ander" opsie deur op die afpyltjie te kliek
  3. Kliek op die "gaan voort" knoppie
  4. Kies die datum van die kwitansie
  5. Kies die "tipe" kwitansie
  6. "Ontvang van" sal die Ander Debiteur se naam wees
  7. Vul die bank besonderhede van waar af die gelde ontvang is, in
  8. Vul die bedrag in wat ontvang is
  9. Vul 'n beskrywing in
  10. Allokeer die gelde na die relevante uitstaande gelde
  11. Kliek op die "gaan voort" knoppie

Hoe om 'n debiteure ouderdoms ontleding verslag te druk vir ander debiteure

  1. Gaan na Verslae > Finansies > Debiteure > Ouderdoms Ontleding >>>
  2. Kies die datum van die ouderdomsontleding
  3. Kies of die ouderdomsontleding vir Skool debiteure, Grootboek kontrole rekening, Invorderaar of Ander Debiteure moet wees
  4. Die verslag sal outomaties vir alle rekeningpligtiges wees
  5. Die verslag sal 'n standaard ontleding wees
  6. Kies of debiet, krediet, nul of alle saldos getoon moet word
  7. Kies om te sorteer volgens die debiteure kode of debiteure verwysing
  8. Kliek besigtig  om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n .PDF dokument. Jy sal Adobe Acrobat Reader nodig hê om hierdie dokument te kan besigtig

Hoe om die uitstaande gelde verslag te skep

  1. Gaan na Verlsae > Finansies > Debiteure > Uistaande Gelde Verslag
  2. Kies die datum van die verslag
  3. Kies dat die verslag vir Ander Debiteure moet wees
  4. Kies watter saldo’s moet vertoon
  5. Kliek op die "besigtig" knoppie om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n .PDF dokument. Jy sal Adobe Acrobat Reader nodig hê om hierdie dokument te kan besigtig

Hoe om 'n projek detail verslag te skep

  1. Gaan Na Verslae > Finansies > Transaksies > Projek Detail Verslag
  2. Kies of alle transaksies getoon moet word of slegs vir 'n periode
  3. Kies die projek detail per transaksie, registerklas of gekoppelde leerders/ander kontakte/ander debiteure
  4. Indien jy gekoppelde leerders/ander kontakte/ander debiteure gekies het, sal jou lys van projekte verander na 'n lys van leerders/ander kontakte/ander debiteure wat gekoppel is aan 'n projek
    Kies of jy alle projekte, aktief of afgesluit wil sien
  5. Kies die projek aan die linkerkant en skuif oor na regs
  6. Kliek op die "besigtig" knoppie om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n .PDF dokument. U sal Adobe Acrobat Reader nodig hê om hierdie dokument te kan besigtig
© Copyright d6 group (Pty) Ltd

    • Related Articles

    • Debiteure Ontledings Verslag

      Hoe om die debiteure ontleding verslag te skep Kies of jy 'n debiteure ontleding wil doen per registerklas, huidige leerders, ingeskrewe leerders, verlate leerders of alle leerders. Kies die jaar. Kies of jy die transaksies oor 'n periode, vanaf 'n ...
    • Debiteure Rekeninge

      Met hierdie funksie kan jy rekeninge skep vir die verskillende Invorderaars en ander debiteure van die skool. Dit sal die aanvang van alle debiteurtransaksies insluitend joernale, aanpassings, oorhandigings en kwitansies op die rekening fasiliteer. ...
    • Nuwe Debiteure Notas & Reëlings

      Finansies > Debiteure > Nuwe Debiteurenotas & Reëlings Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Daar is drie verskillende notas wat geskep kan word naamlik 'n interne nota, 'n teks nota en dan 'n reling om te betaal nota. ...
    • Debiteure Ouderdomsontleding Verslag

      Hoe om die ouderdomsontleding verslag te skep Kies die datum van die ouderdomsontleding Kies of die ouderdomsontleding vir Skool debiteure, Grootboek kontrole rekening, Invorderaar of Ander Debiteure moet wees Kies of die oudersontleding vir Alle ...
    • Debiteure Joernaal

      Finansies > Debiteure > Joernale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kliek op die "doen 'n joernaal" knoppie en kies die tipe joernaal wat gedoen moet word, deur te kliek op die af pyltjie. U kan kies tussen "Debiteure ...