Goedkeur Van Transaksies

Goedkeur Van Transaksies



Hierdie funksie fasiliteer die goedkeuring of verwerping van fakture en krediet notas wat ingesleutel is. Transaksies kan per faktuur of per faktuur lyn (Item) goedgekeur word. Dit beteken enige Faktuur kan gedeeltelik goedgekeur word. Die huidige goedkeuring / verwerping status word onmiddelik gestoor nadat dit geselekteer word, selfs al is die keuse nog nie bevestig nie. Dit beteken nog nie dat die transaksies wel Goedgekeur / Verwerp is nie. Byvoorbeeld jy het 200 Fakture en maak jou keuses nou (vandag) maar wil die volgende dag net eers seker maak dat alles wel reg is, sal dit jou vorige dag se seleksies stoor en dus kan jy dan op ‘n latere stadium die finale goedkeuring doen deur op die goedkeuring knoppie te kliek vir finale goedkeuring.

Hoe om transaksies goed te keur of te verwerp

  • Om van die filter opsie gebruik te maak sodat net sekere transaksies gesien kan word moet jy gebruik maak van die af-pyltjies om die velde beskikbaar te kan verfyn
  • Kliek op die af-pyltjie by ‘Kies ‘n krediteurerekening’ en selekteer die krediteurerekening wat jy wil sien
  • Kliek op die af-pyltjie by ‘Kies transaksies betaalbaar in’ en selekteer tydperk indien van toepassing
  • Alle transaksies wat die kriteria bevat sal vertoon
  • Om die detail te kan sien van die items waaruit die faktuur bestaan of om te gaan kyk of daar wel ‘n krediet nota is kan jy kliek op die knoppie  langs die toepaslike transaksie / faktuur
  • Die lyn sal uitbrei na die detail lyne van die transaksies wat in die faktuur vertoon word
  • Om transaksies goed te keur, kliek in die relevante  knoppie langs die transaksie (s) in die goedkeur kolom
  • Om transaksies te verwerp, kliek in die relevante  knoppie langs die transaksie (s) in die verwerp kolom
  • Wanneer ‘n transaksie in groen uitgelig is, beteken dit dat die Faktuur ten volle goedgekeur is. Wanneer ‘n transaksie oranje vertoon beteken dit dat net gedeelte van die Faktuur goedgekeur is.
  • Om die detail van die Faktuur weer weg te steek nadat jy klaar jou keuse gemaak het , kliek op die  knoppie blou sirkel knoppie
  • Kliek op die "keur goed vir betaling/verwerp" knoppie om die opsies te prosesseer wat u geselekteer het.
  • Die stelsel sal 'n kennis gewing opbring wat se dat die goedkeuring van die transaksie is afgehandel
  • Kliek op die "Ok" knoppie:
  • Die gedeeltelike (oranje) faktuur goedkeuring (s) sal nou terug gestuur word na die verwerking stap (Fakture / Krediet Notas) stap waarop daar dan aangedui kan word sou daar enige fout gewees het tydens die verwerp stap, gedeeltelik faktuur
  • Wanneer ‘n transaksie rooi uitgelig is beteken dit dat die transaksie (s) gaan verwerp word.
  • Wanneer die verwerp opsie gekies is dan gaan die veld oop by die rede kolom, waar jy dan die redes kan kies vir die individuele transaksies asook die faktuur in geheel
  • Kliek op die "keur goed vir betaling/verwerp" knoppie om die opsies te prosesseer wat jy geselekteer het.
  • Kliek op die "ok"  knoppie om voort te kan gaan.
  • Sodra die transaksie her-goedgekeur moet word sal dit uitgelig word in Oranje want dit is gedeeltelike aanvaar van die spesifieke faktuur
  • Kliek op die blou sirkel knoppie langs die spesifieke faktuur om al die items te kan sien waaruit die faktuur bestaan / krediet nota
  • Om die volle faktuur goed te keur kan jy kliek op die  knoppie wat oranje vertoon, of alternatiewelik kan jy kliek op die  knoppie langs die spesifieke item wat goedgekeur / verwerp moet word
  • Kliek op die "keur goed vir betaling/verwerp"  knoppie om die finale goedkeuring / verwerp van die fakture te bevestig.
  • Kliek op die "ok"  knoppie om voort te kan gaan.
  • Die siklus sal herhaal word tussen voorlegging en goedkeuring van die faktuur totdat die faktuur totaal en al goedgekeur is / verwyder / geskrap word vanaf die stelsel.

Vrae Beantwoord

Hoekom kan ek nie transaksies goedkeur nie?

  • Slegs die gebruiker (s) wat regte het vir die goedkeur van krediteure transaksies sal transaksies kan goed keur. Die stelsel sal ‘n taak vir die gebruiker(s) op bring om die transaksie goed te keur

Hoekom kan ek nie ‘n faktuur sien wat ek gestuur het vir goedkeuring onder Finansies | Krediteure | Goedkeur van transaksies?

  • Die Krediteure rekening waarop die faktuur geskep is, is ‘Ongeverifieerd’. Personeellede met die nodige gebruikers regte wat die krediteure rekeninge kontroleer, moet die verskaffer besonderhede verifieer wat op die stelsel in gelees is, daarna sal die faktuur beskikbaar wees om goedgekeur te word.  





© Copyright d6 group (Pty) Ltd.

    • Related Articles

    • Krediteure Joernale

      Aanpassings tussen grootboekrekeninge en krediteure word gedoen met behulp van "joernale" Hoe om 'n krediteur jornaal te skep Kliek op die "doen 'n aansuiwering" knoppie Kies die krediteur vir wie jy die joernaal wil doen Kliek op die "gaan voort" ...
    • Krediteure Ouderdomsontleding Verslag

      Hoe om 'n ouderdoms ontleding te genereer Kies die datum waarop jy die verslag wil genereer Kies of jy die krediteure ouderdomsontleding wil genereer volgens "krediteure" of die "grootboek kontrole rekening" Kies of jy die krediteure ...
    • Krediteur Fakture

      Hoe om 'n faktuur te skep Kliek op die "skep 'n faktuur" knoppie Kies die krediteur vir wie jy 'n faktuur wil laai Kliek op die "gaan voort" knoppie Vul die datum van die faktuur in Vul die faktuur nommer van die verskaffer in Dui aan of die faktuur ...
    • Krediteur Kredietnotas

      Hoe om 'n kredietnota te skep Kliek op die "skep 'n kredietnota" knoppie Kies die relevante krediteur deur op die afpyltjie te kliek Kliek op die "gaan voort" knoppie Vul die datum van die kredietnota in Vul die kredietnota nommer in soos wat dit op ...
    • Krediteur Rekeninge

      Hierdie funksie stel jou in staat om rekeninge vir die verskillende verskaffers van die skool te skep. Dit sal die vaslegging van data transaksies insluitend fakture, kredietnotas en betalings op hierdie rekening fasiliteer. Let asseblief daarop dat ...