Krediteur Fakture

Krediteur Fakture


Hoe om 'n faktuur te skep

  • Kliek op die "skep 'n faktuur" knoppie
  • Kies die krediteur vir wie jy 'n faktuur wil laai
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie
  • Vul die datum van die faktuur in
  • Vul die faktuur nommer van die verskaffer in
  • Dui aan of die faktuur onderhewig is aan belasting
  • Vul die totaal van die faktuur in
  • Vul 'n beskrywing in
  • Onder "item" tik die item in wat jy wil laai, of kies die item deur op die afpyltjie te kliek
  • Vul die hoeveelheid in
  • Vul die eenheidsprys in
  • Dui aan of dit btw in of uitsluit
  • Kies die projek of grootboek rekening wat van toepassing is
  • Indien nodig, kan nog lyne bygevoeg word deur op die "voeg lyne by" knoppie te druk
  • Indien nodig, kan jy lyne uitvee deur op die "vee lyne uit" knoppie
  • Wanneer die faktuur gelaai is, kies om dit te "stoor" of "stoor en stuur vir goedkeuring"
  • 'n Taak sal geskep word sodat die relevante persoon die faktuur kan goedkeur

Hoe om 'n faktuur te redigeer

  • Kies die faktuur wat jy wil redigeer deur op die "radio button" langs die relevante faktuur te kliek
  • Kliek op die "redigeer" knoppie
  • Bring die nodige veranderinge aan en kliek dan op die "stoor en stuur vir goedkeuring"

Hoe om 'n faktuur te kopieër

  • Kies die faktuur wat jy wil kopieër deur op die radio button langs die relevante faktuur te kliek
  • Kliek dan op die "kopieër" knoppie
  • Die stelsel sal dan 'n kennisgewing opbring wat vra of jy seker is dat jy die faktuur wil kopieër en jy kan of "ja" of "nee" kies.

Hoe om 'n faktuur te verwyder

  • Kies die faktuur wat jy wil verwyder deur op die "radio button" langs die faktuur te kliek
  • Kliek dan op die "verwyder" knoppie 
  • Die stelsel sal dan 'n kennis gewing opbring wat vra of jy seker is dat jy die faktuur wil kanselleer
  • Kies dan of "ja" of "nee"                        

Hoe om 'n verwerpte faktuur weer te in te dien

  • By "kies 'n status" kies "verwerp"
  • Kies dan die faktuur deur op die "radio button" te kliek langs die relevante faktuur
  • Die verwerpte fakture sal verskyn met die redes hoekoem hulle verwerp is
  • Die lyne wat goedgekeur is, sal in groen verskyn
  • Bring die nodige veranderings aan en kliek weer op die "stoor en stuur vir goekeuring" knoppie

© Copyright d6 group (Pty) Ltd
    • Related Articles

    • Krediteure Joernale

      Aanpassings tussen grootboekrekeninge en krediteure word gedoen met behulp van "joernale" Hoe om 'n krediteur jornaal te skep Kliek op die "doen 'n aansuiwering" knoppie Kies die krediteur vir wie jy die joernaal wil doen Kliek op die "gaan voort" ...
    • Krediteur Rekeninge

      Hierdie funksie stel jou in staat om rekeninge vir die verskillende verskaffers van die skool te skep. Dit sal die vaslegging van data transaksies insluitend fakture, kredietnotas en betalings op hierdie rekening fasiliteer. Let asseblief daarop dat ...
    • Krediteure Ouderdomsontleding Verslag

      Hoe om 'n ouderdoms ontleding te genereer Kies die datum waarop jy die verslag wil genereer Kies of jy die krediteure ouderdomsontleding wil genereer volgens "krediteure" of die "grootboek kontrole rekening" Kies of jy die krediteure ...
    • Krediteur Kredietnotas

      Hoe om 'n kredietnota te skep Kliek op die "skep 'n kredietnota" knoppie Kies die relevante krediteur deur op die afpyltjie te kliek Kliek op die "gaan voort" knoppie Vul die datum van die kredietnota in Vul die kredietnota nommer in soos wat dit op ...
    • Magtig Betalings

      Hoe om 'n betaling te magtig Kliek op die "skep 'n betalingsmagtiging" knoppie Jy kan kies om die magtigings per krediteur te skep of andersins kan jy dit los op "alle krediteur rekeninge" Jy kan kies om fakture volgens betalingsterme te sien of ...