Herregistrasies

Herregistrasies

My Skool > Leerders > Herregistrasies

Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.
Leerders moet jaarliks aandui of hulle gaan aanbly by die skool die volgende jaar en of hulle aan die einde van die jaar die skool gaan verlaat.
Hierdie Proses het 'n invloed op baie aspekte van die stelsel, aangesien dit gebruik word vir Statestieke vir Departementele verslaggewing, die druk van oorplasingskaarte aan die einde van die jaar en die leerders klasindelings vir die volgende jaar.
Dit is die beste om hierdie opsie te voltooi gedurende die skooljaar (sou gou as wat die herregistrasie vorms terugkom van die leerders.) Om te wag tot al die vorms terug is voordat die jy begin inlees, kan 'n groot werkslading skep.

Herregistrasie van Leerders

Voorvereistes voor hierdie stap voltooi kan word: Alle herregistrasie vorms moet ingevul word deur ouers en terugontvang word.
Om her-registrasie vorms te druk gaan na: Verslae > Leerders > Herregistrasie vorms.
  • Wanneer jy na My Skool > Leerders > Herregistrasies gaan, sal 'n tabel op die bladsy oopmaak.
  • Hierdie tabel is 'n opsomming van die die herregistrasie status van alle registerklasse.
  • Die rooi kolom wys die aantal leerders van herregistrasies per register klas waarvoor geen terugvoer ontvang is nie of die her-registrasie proses nog nie begin is nie.
  • Die Oranje kolom vertoon die aantal herregistrasie vorms wat uitstaande is per registerklas.
  • Die Groen kolom wys die aantal leerders wat ge-her-registreer het vir die volgende jaar en die aantal wat aan die einde van die huidige jaar verlaat per registerklas.
  • Vir elke registerklas, kliek op die blou pyltjie langs die graad se naam.
  • Wanneer 'n leerder se vorm uitstaande is, dui dit aan deur op die sirkeltjie regs van die leerder se naam (in die oranje kolom) te kliek.
  • Let wel dat jy nie na Stap 2 van die Admin jaareinde sal kan voortgaan totdat al die her-registrasie vorms terug is en jy aangedui het of die leerder gaan bly of weggaan aan die einde van die jaar.
  • Die leerders wat nie geherregistreer is nie sal nie beskikbaar wees vir klas groepering nie.
  • Wanneer 'n leerder herregistreer vir die volgende jaar, dui dit aan deur op die korrekte knoppie(sirkeltjie) te kliek.
  • Wanneer 'n leerder die skool verlaat in die volgende jaar, dui dit aan deur langs die leerder op die toepaslike knoppie te kliek.
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie om jou inligting te stoor.
  • Wanneer al die leerders in 'n registerklas herregistreer vir die volgende jaar kliek die blokkie by "Kies alles".
  • Let op dat die inskrywings van oranje na groen verander.
  • Kliek op die " gaan voort" knoppie om die veranderings te stoor of  kliek op  " Besigtig die oorplasingskaarte" om die om die oorplasingskaarte te besigtig van die leerders wat aangedui het hulle verlaat die skool aan die einde van die jaar.
  • Jy kan nou voortgaan om die res van die registerklasse te doen.



Vrae Beantwoord


Wanneer moet herregistrasies gedoen word?

Soos deur die DOE vereis moet herregistrasies gedoen word dieselfde tyd wat toelatings gedoen word vir die volgende jaar.


Hoe kan ek voorlopige herregistrasies doen?

Wanneer al die " verlaat aan die einde van die jaar" aanduidings gedoen is, kliek op die " Besigtig oorplasingskaarte" knoppie onderaan die bladsy.




© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • LEERDER HERREGISTRASIES

      Dit is raadsaam om te verseker dat u hierdie stappe slegs voltooi wanneer u seker is dat die voorvereistes vir hierdie stappe nagekom is. Die administratiewe jaareinde kan nie omgekeer word nie, en enige groot veranderinge soos toegepas, sal met die ...
    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • Leerders Per Heffings Item

      Hoe om die leerders per heffingsitem verslag te skep Kies die heffingsitems wat jy wil besigtig en kliek op die pyltjies wat na regs wys om op hul te rapporteer. Kliek op "besigtig" knoppie om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n ...
    • Admin Jaareinde Oorsig

      ADMIN JAAREINDE OORSIG Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Admin Jaareinde proses ('oorrol') moet deur alle skole gedoen word om profiele te skep vir leerders en personeel vir die komende/volgende jaar.   Dit is raadsaam om ...
    • Klasindeling

      My Skool > Leerders > Klasindelings Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hierdie jaareinde funksie word eers in die vierde kwartaal beskikbaar. Klasindelings kan slegs gedoen word nadat die herregistrasie- en promoveringsprosedures ...