Jaarlikse Begroting

Jaarlikse Begroting


Hoe om 'n nuwe begroting te skep

  • Skep 'n leë begroting vir die volgende jaar deur op die "voegby" knoppie te druk
  • Kies die jaar deur te kliek op die af pyltjie
  • Tik 'n beskrywing in beide die Afrikaanse en Engelse beskikbare velde
  • Kliek dan op die "voegby" knoppie

Hoe om 'n bestaande begroting te kopieër

  • Kies die begroting wat jy wil kopieër
  • Kliek dan op die "kopieër begroting" knoppie
  • Die "kopieër vanaf" sal dan die begroting opsie wees wat jy gekies het om te kopieër
  • Die "kopieër na" sal dan die nuwe begroting wees wat jy geskep het
  • Kliek dan op die "kopieër" knoppie 

Hoe om 'n nuwe begrotingsitem by te voeg

  • Kies die nuwe begroting wat jy geskep het
  • Kliek op die "bestuur begrotings items" knoppie
  • Kies die begrotings kategorie
  • Kliek op die "voegby" knoppie
  • Kies die begrotings kategorie deur op die af pyltjie te kliek
  • Kies die rekening deur op die af pyltjie te kliek
  • Kies 'n personeel lid onder die "begroter" 
  • Kliek dan op die "gaan voort" knoppie
  • Tik 'n nuwe item in die beskikbare blok of kies items op die "item" kieslys
  • Tik 'n handelsnaam in die beskikbare blok of kies uit die "handelsnaam" kieslys.
  • Kies bedrag onder die "begroot" opskrif om 'n item te skep met 'n jaarlikse bedrag. Dit is die totale bedrag waarvoor jy wil begroot vir die spesifieke jaar se begroting.
  • Tik die jaarlikse bedrag vir die spesifieke jaar in die "totaal" blokkie wat voorsien is.
  • As jy 'n maandelikse bedrae wil wysig, kliek op die "vertoon meer" knoppie onder die "detail" opskrif
  • Kies die aantal maande waaroor die begrote bedrag versprei moet word
  • Verwyder maandelikse bedrae soos nodig
  • Wysig bestaande bedrae soos nodig
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie

Hoe om bestaande begrotings item te wysig

  • Kies die begroting en kliek op "bestuur begrotingsitems"
  • Kies die begrotings kategorie en kliek op die "kies" knoppie
  • Kies die rekening wat jy wil wysig
  • Kliek op die "redigeer" knoppie
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie
  • Wysig die relevante inligting soos nodig
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie om die veranderinge te stoor
  • Die stelsel sal jou outomaties terug neem na die "Begrotings Items" skerm 

Hoe om begrotings tussen jare te kopieër

  • Kies die begroting wat jy wil kopieër
  • Kliek op die "kopieër begroting" knoppie
  • By die "kopieër vanaf" opsie sal jy dan die jaar wat jy wil kopieër kies.
  • By die "kopieër na" opsie saly dan die begroting jaar kies wat jy geskep het
  • Kliek dan op die "kopieër" knoppie
  • Die stelsel sal dan 'n kennis gewing opbring wat bevestig dat jy die begroting gaan kopieër en dat dit nie terug gerol kan word nie
  • Kliek op die "ek verstaan" knoppie

© Copyright d6 group (Pty) Ltd
    • Related Articles

    • My Begroting

      Hier sal alle begrotings vir die gebruiker wat tans aangeteken is, verskyn. Onder die "begrotingshoof" sal die stelsel gebruiker se naam verskyn. Onder die "jaar" opskrif, kan die gebruiker die jaar kies van die begroting wat hy/sy wil besigtig. Die ...
    • My Begroting

      My begroting Hier sal alle begrotings vir die gebruiker wat tans aangeteken is, verskyn. Onder die "begrotingshoof" sal die stelsel gebruiker se naam verskyn. Onder die "jaar" opskrif, kan die gebruiker die jaar kies van die begroting wat hy/sy wil ...
    • Begrotingskategoriee

      Hoe om 'n begrotings kategorie te skep Kliek op die "voeg by" knoppie Tik die begrotingskategorie naam in beide Afrikaans sowel as Engels in die beskikbare blokkies Kies watter rekeningtipe die begroting kategorie voor is. Dit kan of 'n ...
    • Begroting Per Kategorie

      Hoe om 'n opsommende begroting wat vergelyk met 'n ander gekose jaar se begroting te druk Kies die Begrotingsjaar ("Vir begroting") deur op die pyltjie te kliek Kies 'Opsomming' in die opsie 'Wys' deur op die afrolpyltjie te kliek Kies die vorige ...
    • Begroting Per Personeellid

      Hoe om 'n opsommingslys per personeellid te genereer Kies die Begrotingsjaar "Vir begroting" deur op die afpyltjie te kliek. Kies die verantwoordelike persoon "Vir begroter" deur op die afpyltjie te kliek. Klik op die "gaan voort" knoppie. Kies ...