Leerderoorsig

Leerderoorsig

My Skool > Leerders > Leerderoorsig

Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.
Die leerder oorsig funksie laat toe dat die gebruiker 'n wye oorsig van die leerder se inligting soos biografiese inligting, ouer inligting, gedrag, akademie, afwesighede en Notas kry op een sentrale plek.

Die 'Superuser' moet die relevante gebruikersregte toeken sodat jy die 'tabs' op die leerderoorsig bladsy kan sien.

Soek die leerder: 

Let wel: Waar die Excel knoppie beskikbaar is kan inligting uitgevoer word.
  • Lees die relevante soek inligting in (byvoorbeeld voornaam, van, familiekode, noemnaam of toelatingsnommer) direk in die soek blokkie.
  • Die stelsel sal outomaties inligting uitlig wat die van toepassing is.
  • Lees 'n minimum van 3 karakters in, dan sal die stelsel outomaties begin filter.
  • In die geval dat jy nie die leerder vind waarvoor jy soek nie en jy wil nuwe soek besonderhede inlees, kliek op die "herstel" knoppie en lees die nuwe inligting in die soek blok in.
  • Kies die leerder van die lys wat beskikbaar word.
  • Jy sal oplet dat daar 6 "tabs" is: Leerder, Ouers, Gedrag, Akademie, Bywoning en Notas.
  • Jy sal ook oplet dat die leerder se her-registrasie status ook vertoon.

Besigtig, Redigeer en Druk 'n Leerder se inligting

  • Op die Leerder "tab" kan jy leerder inligting besigtig, redigeer en druk.
  • Om die leerder se inligting te redigeer kliek op die "redigeer" knoppie onderaan die bladsy.
  • 'n Nuwe bladsy sal oopmaak op stap 1 van die leerder opstelling. 
  • Om 'n leerder se inligting te "druk" kliek op die " Druk" knoppie onderaan die bladsy.
  • Die inligting kan ook na Excel uitgevoer word deur op die Excel knoppie te kliek.
In geval die dokument nie vertoon nie is dit heel moontlik as gevolg van die opspring blokkeerder. (pop-up blocker).

Besigtig, Redigeer en Druk Ouer Inligting

  • Jy kan die Ouer Inligting besigtig, redigeer en druk op die Ouer "tab".
  • Om die ouers te redigeer kliek op die "redigeer" knoppie.
  • 'n Nuwe bladsy sal oopmaak op stap 4 van die ouer inligting. 
  • Om 'n ouer se inligting te druk kliek op die " druk" knoppie onderaan die bladsy.

Besigtig die gedrag van die leerder

  • Jy kan die gedrag van die leerder besigtig by die Gedrag "tab".
  • Om veranderinge aan te bring aan hierdie inligting, doen dit by My Skool > Leerders > Dissipline. 

Hoe om die Dissipline verslag te druk

  • Kliek op die gedrag "tab" en kliek op die "Dissiplineverslag" knoppie regs onderaan die bladsy.
  • Die leerder waarvoor jy die verslag wil druk sal alreeds gekies wees in die regterkanste blok.
  • Kliek die "besigtig" knoppie. Kliek dan op die "Druk" opsie om die dokument uit te druk.

Besigtig die Akademie "tab" van die leerder

  • Jy kan die leerder se akademiese inligting besigtig by die Akademie "tab".
  • Jy sal net die akademiese inligting besigtig hier.
  • As jy veranderinge wil maak op hierdie inligting gaan asseblief na My Skool > Kurrikulum.
  • Let op dat die promosiepunt 'n voorlopige berekende punt sal wees gedurende die jaar.

Hoe om die leerder rapport te druk

  • Kliek op die Akademie "tab" van die leerder. 
  • Om 'n rapport uit te druk, kliek op die "Rapport" knoppie.
  • Maak jou keuses van wat jy op die rapport wil sien.
  • Kliek op die "Genereer Rapporte" knoppie. 
  • Kliek op die druk opsie om die dokument te druk.

Besigtig en Druk die bywoning van die leerder

  • Kliek op die Bywoning "tab" van die leerder.
  • Jy sal slegs die bywoning inligting van die leerder hier kan besigtig.
  • Die totale dae afwesig by die vorige skool word op die leerder rekord ingevul en sal hier vertooas OB:aantal-dae. Bv. (OB:18)
  • Wanneer jy veranderinge wil maak gaan na My Skool > Leerders > Afwesighede.
  • Vir die afwesigheidsverslag kliek op die "afwesigheidsverslag" knoppie. 
  • Kliek op die "Besigtig" knoppie.
  • Kliek op die "druk" opsie om die dokument te druk.

Hoe om 'n nota by te voeg op die leerder se oorsigbladsy

  • Jy kan notas besigtig en notas byvoeg by die leerder se profiel op die Notas "tab".
  • Jy kan notas byvoeg deur op die "voeg nota by" knoppie te kliek.
  • Jy kan notas skep om publiek te wees vir alle persone of privaat notas sodat slegs die persone met die relevante gebruikersregte dit kan sien.
  • Sleutel die nota teks in.
  • Kliek op "stoor".
  • Die nuwe nota sal wys onder die "geskep" kolom. 


Gereelde Vrae 

Hoekom kan ek nie al die "tabs" van die leerder oorsig sien nie?

  • Slegs die superuser of administrateur van die skool kan gebruikersregte aan gebruikers toeken. Die "tabs" wat jy kan sien hang af van die regte wat aan jou toegeken is.
  • Om regte toe te ken moet die superuser / administrateur gaan na My Skool > Personeel > Personeel.
  • Soek vir die personeellid wat jy wil verander. 
  • Jy sal sien dat daar 'n "Leerder Oorsigblad" afdeling is waar regte aan personeellede toegewys kan word.
  • Kliek op die "stoor" knoppie om die veranderinge te stoor.

Hoekom wys die Gedragskode per jaar en nie per kwartaal nie?

  • Die Gedrag "tab" is dinamies gebasseer op hoe jou skool se Gedragskode opgestel is. Jy kan kies oor watter tydperk die saamgevoegde totale sal verval (Maandeliks, Per termyn, tweekeer per jaar, of jaarliks) dit sal bepaal hoe die gedrag opsomming sal vertoon.
  • Om die saamgevoegde totale se vervaltyd te verander gaan na My Skool > Algemeen > Skoolopstelling. 
  • Jy sal opmerk dat daar 'n "Gedragskode Inligting" veld is waar die saamgevoegde totale se vervaltyd verander kan word.
  • Kliek op "stoor" onderaan die bladsy.



© Copyright d6 group (Pty) Ltd.


    • Related Articles

    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • Leerders Per Heffings Item

      Hoe om die leerders per heffingsitem verslag te skep Kies die heffingsitems wat jy wil besigtig en kliek op die pyltjies wat na regs wys om op hul te rapporteer. Kliek op "besigtig" knoppie om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n ...
    • Laat leerders toe om inligting op d6 Connect te sien

      My Skool > Kommunikasie Type <Ctrl> <F> to search for words in the article. Aangesien die d6 Connect app uitsluitlik geskep is om ouers toegang te gee na inligting rakende hul kinders, is daar nie 'n spesifieke proses om leerders aan die app te ...
    • Redigeer 'n Leerder

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Redigeer 'n leerder Wanneer jy veranderinge wil aanbring aan 'n leerder se inligting, moet jy eers die leerder soek vir wie jy die verandering wil maak. Hierdie kan ...
    • Promosies

      Inleiding My Skool > Leerders > Promosies Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Let wel: Hierdie metode om kinders te promoveer is slegs vir grade waar die " geen berekening" metode gekies is by My Skool > Kurrikulum > Resultaat riglyne. ...