Klasindeling

Klasindeling

My Skool > Leerders > Klasindelings

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel
  • Hierdie jaareinde funksie word eers in die vierde kwartaal beskikbaar.
  • Klasindelings kan slegs gedoen word nadat die herregistrasie- en promoveringsprosedures afgehandel is. Eers dan sal die klasindelingslyste vertoon word waar u die aantal leerders vir 'n spesifieke graad kan sien. Jy hoef egter nie bekommerd te wees dat jy hier ‘n fout kan maak nie aangesien die stelsel jou sal waarsku indien sekere stappe wat hierdie funksie moet voorafgaan, nog nie voltooi is nie.
  • Onthou om eers die Toelatings te doen voordat u die Klasindeling doen.
  • Bepaal hoeveel klasse per graad daar gaan wees in die volgende jaar en bepaal ook van watter moontlike klasindelingsmetode u wil gebruik maak om klasindelings te doen.

Doen klasindeling

  • Kies die Graad waarvoor jy klasindeling vir die volgende jaar wil doen deur op die blou pyltjie knoppie langs die graad te kliek.
  • Indien een van die vorige stappe oorgeslaan is sal daar 'n boodskap bo-aan die klaslys wees.
  • Geherregistreer: Dit is die leerders wat in die skool was en aansoek gedoen het om volgende jaar steeds in die skool te wees en wat deur die herregistrasie- en promoveringsprosedures gedoen is.
  • Teruggehou: Dit is die leerders wat weens een of ander rede weer die huidige graad gaan herhaal.
  • Nuwe inskrywings: Dit sal al die leerders wees wat op die waglyste A en B was en reeds deur jou toegelaat is.

Doen die volgende stappe:

  • Kies die “klasindeling vir onderrigtaal”,  "groeperingsmetode" en “doen indeling volgens?” deur te kliek op die af-pyltjie.
  • Antwoord die vraag oor die "geslag" – Ja / Nee. Indien die geslag in berekening gebring moet word sal die stelsel probeer om die aantal seuns en dogters per klas eweredig te verdeel.
  • Voltooi die "aantal klasse" vir die volgende jaar deur die hoeveelheid in die blokkie te tik.
  • Kies die vertoon volgorde – Alfabeties / Akademies.
  • Kliek op die groen "gaan voort" knoppie aan die onderkant van die bladsy om u veranderinge te stoor.
  • Die totale getal leerders wat op die vorige bladsy aangetoon is sal in hierdie lys verskyn vir indeling. Deel nou die leerders per klas in deur te kliek op die kolletjies.
  • Onthou om op die groen "gaan voort" knoppie te kliek om die veranderinge te stoor.
  • Die voorlopige klasindeling kan weer geredigeer word om veranderinge te maak.
Let wel: Wees versigtig om nie die ‘doen klasindeling oor’ opsie te verander na ‘ja’ nie.



© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • Leerders Per Heffings Item

      Hoe om die leerders per heffingsitem verslag te skep Kies die heffingsitems wat jy wil besigtig en kliek op die pyltjies wat na regs wys om op hul te rapporteer. Kliek op "besigtig" knoppie om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n ...
    • Admin Jaareinde Oorsig

      ADMIN JAAREINDE OORSIG Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Admin Jaareinde proses ('oorrol') moet deur alle skole gedoen word om profiele te skep vir leerders en personeel vir die komende/volgende jaar.   Dit is raadsaam om ...
    • Herregistrasies

      My Skool > Leerders > Herregistrasies Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Leerders moet jaarliks aandui of hulle gaan aanbly by die skool die volgende jaar en of hulle aan die einde van die jaar die skool gaan verlaat. Hierdie Proses ...
    • Laat leerders toe om inligting op d6 Connect te sien

      My Skool > Kommunikasie Type <Ctrl> <F> to search for words in the article. Aangesien die d6 Connect app uitsluitlik geskep is om ouers toegang te gee na inligting rakende hul kinders, is daar nie 'n spesifieke proses om leerders aan die app te ...