KWARTALE

KWARTALE


My Skool > Algemeen > Kwartale

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel
Opstelling van kwartale is van kardinale belang omdat die stelsel juis kwartaal gedrewe is. Modules soos die Kurrikulum vereis hierdie inligting as boustene vir latere gebruik. In openbare skole, word tipies 4 kwartale per jaar opgestel. Privaat skole maak weer gewoonlik gebruik van 3 termyne per jaar. Die beste praktyk is om alle kwartale of termyne gedurende dieselfde tydstip te skep vir beide leerders en personeel/opvoeders. Hierdie word normaalweg hanteer gedurende die implementeringsfase van die stelsel. Dit is uiters belangrik om te verseker dat kwartale se datums korrek is, as aangesien dit funksies soos afwesighede affekteer vir personeel en leerders op die stelsel.

HOE OM KWARTALE TE SKEP VIR DIE NUWE JAAR

  • Indien u nuwe kwartale wil skep:
  • Eerstens, kies die toepaslike jaar:
  • Kliek nou op die "Skep kwartale vir n nuwe jaar" knoppie.
  • Die huidige jaar se kwartale sal oorkopieër na die volgende jaar en die datums vir die nuwe jaar sal verander moet word deur net te dubbelkliek in die blokkie.  

HOE OM KWARTALE BY TE VOEG VIR LEERDERS EN PERSONEEL/OPVOEDERS

  • Kliek op die "Voeg kwartaal by" knoppie.
  • Jaar: Die jaar wat u gekies het, sal vertoon word, maar kan nie verander word nie (grys).
  • Kwartaal: Die volgende logiese kwartaal nommer sal vertoon word deur vaste keuse.
  • Vanaf / Tot en met Datums: Sleutel die korrekte van en tot datums in vir die betrokke kwartaal vir beide leerders en personeel/opvoeders.
  • Wanneer u klaar is, kliek "Stoor" en gaan voort om die volgende kwartaal vir die betrokke jaar te skep (Alternatief kliek "Kanselleer" om na die vorige skerm terug te keer).

HOE OM KWARTALE TE REDIGEER

  • As u kwartale wil redigeer, dubbel kliek dan die betrokke kwartaal rekord lyn om u verandering te maak en te stoor.

HOE OM DIE LAASTE KWARTAAL TE VERWYDER

  • Indien u die laaste kwartaal wil verwyder en dit wil omskep in 3 termyne, kliek dan op die "Verwyder Laaste Kwartaal"  knoppie. Indien die stelsel verwante data vir hierdie kwartaal sou vind, sal dit eers ontkoppel of verwyder moet word voordat hierdie aksie toegelaat sal word.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Kwartale

      KWARTALE Opstelling van kwartale is van kardinale belang omdat die stelsel juis kwartaal gedrewe is. Modules soos die Kurrikulum vereis hierdie inligting as boustene vir latere gebruik. In publieke skole, word tipies 4 kwartale per jaar opgestel. ...
    • Personeel Afwesighede

      Hierdie funksie laat die gebruiker to om afwesighede in te lees vir Personeel en om afwesighede wat reeds ingelees te besigtig. Die eerste skerm vertoon die afwesighede wat reeds vir die gekose kwartaal ingelees is. Hoe om afwesighede in te lees vir ...
    • RUGSTEUN

      My Skool > Algemeen > Rugsteun Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hierdie handleiding is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit verduidelik die “backups” (rugsteun) wat die sisteem maak om u data te beskerm. Die stelsel maak outomaties ...
    • WATERMERKE

      My Skool > Algemeen > Watermerke Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel  VOEG WATERMERKE BY Indien u ‘n agtergrond wil byvoeg, kliek op die "Voeg Agtergrond By" knoppie. Kies die brieftipe deur op die kieslys te kliek. Kies die ...
    • NOODNOMMERS

      Noodnommers is die telefoonnommers, adresse en ander kontakbesonderhede van die naaste polisie stasie, ambulans, brandweer, dokter of hospitaal. Nooddiens besonderhede moet opgestel word op die stelsel. Kies die toepaslike diens van die kieslys af en ...