Laat leerders toe om inligting op d6 Connect te sien

Laat leerders toe om inligting op d6 Connect te sien

My Skool > Kommunikasie

Type <Ctrl> <F> to search for words in the article.

Aangesien die d6 Connect app uitsluitlik geskep is om ouers toegang te gee na inligting rakende hul kinders, is daar nie 'n spesifieke proses om leerders aan die app te koppel nie. Dit is egter moontlik om daarom te werk sodat leerders sekere inligting kan bekom. Opsie 1 is die maklikste oplossing.


Opsie 1
Skep 'n openbare kanaal om die bronne en kalenders aan te koppel. 'n Leerder wat u skool volg, sal dit kan sien. Dit sal egter ook enige ander persoon wie jou skool volg toegang daartoe gee.
Let wel: Die leerder sal nie enige ouer-spesifieke boodskappe kan ontvang nie. Ook nie sy eie inligting soos punte, disipline, state ens. kan sien nie

  1. Skep 'n publieke Eie Kanaal by My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kanale.
  2. Maak seker dat die kanaal as "Publiek" gemerk word, en dat "Koppel outomaties" as "Ja" gestel is.
  3. Wanneer enige Bronne gelaai word, of Kalenders geskep word, koppel dit aan hierdie publieke kanaal.
  4. Die leerder laai die d6 Connect app af en registreer daarop.
  5. Kliek dan op Koppel > Gemeenskap > soek vir die skool.
Indien die skool vertoon as "Invite only" dui dit aan dat die skool nie 'n publike kanaal opgestel het nie.



Opsie 2
Indien die ouer reeds geregistreer is, kan die leerder as "Aanhanger/Volgeling" registreer. Dit gee die leerder toegang tot die leerderinligting, soos punte, hulpbronne, dissipline, afwesiges, en inligting wat op die Huiswerk module gelaai is. Maar hulle sal nie boodskappe ontvang wat aan geregistreerde gebruikers gestuur is nie.
  1. Die leerder laai die d6 Connect app af en registreer daarop.
  2. Daarna koppel hy aan sy ouer se registrasie: Koppel > Leerder
  3. Tik eers die geregistreerde ouer se ID en daarna hul eie ID in
  4. Die ouer sal 'n boodskap ontvang om hulle in kennis te stel dat iemand sy leerder se inligting wil sien, waarna hy / sy toestemming kan gee.
Opsie 3 

Hierdie opsie word nie aanbeveel nie, want die ouer sal nooit hulself kan registreer terwyl die leerder so geregistreer is nie. Maar indien die ouer glad nie kan/wil registreer nie, kan die leerder as sy ouer registreer, wat hom/haar toegang verleen tot alles wat die skool vir ouers beskikbaar stel, sowel as finansies en die kontantlose opsie waarmee betalings gemaak kan word.  

  1. Die leerder laai die d6 Connect app af en registreer daarop.
  2. Daarna koppel hy aan homself by  Koppel > Leerder 
  3. Tik eers die ouer se ID en daarna hul eie ID in. Die stelsel sal die inligting vergelyk met die inligting wat vir die ouer op d6Plus gelaai is.

    • Related Articles

    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • Biografiese Inligting

      Hierdie funksie maak dit moontlik om addisionele biografiese inligting (soos gewig en lengte) vir leerders in te voer. Kies die jaar, termyn, graad, registerklas vir wie die inligting ingelees moet word. Kies die biografiese tipe wat jy wil inlees, ...
    • Aanlyn Registrasies

      Gebruik hierdie bladsy om aanlyn registrasies/aansoeke te aktiveer of te deaktiveer, en om die aanlynvorm wat ouers sal invul om aansoek te doen vir plasing van hul leerders aan te pas. Dit is moontlik om te versoek dat dokumente by die aansoek ...
    • My Gebruiker Inligting

      Met hierdie funksie kan gebruikers hul persoonlike inligting invoer en korrigeer. Die gebruiker kan ook 'n nuwe wagwoord skep en 2-faktor-verifikasie instel om veiligheid te verbeter. Twee faktor verifikasie (2FV) voeg ekstra sekuriteit by u ...
    • D6 CONNECT NUUS-ITEM

      My Skool > Kommunikasie > d6 Connect Nuus-item Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Gebruik hierdie skerm om Nuusitems wat reeds met d6 Connect gestuur is, te filtreer en te sien of nuwe boodskappe te stuur. In nuusitem boodskappe, waar ...