Dokumente of fotos vir personeellede, ouers en/of leerders kan gestoor word. U kan dit gebruik om bv. 'n afskrif van 'n persoon se ID, geboortesertifikate, bewys van verblyf, immuniseringskaart, afskrif van die vorige skool se rapport, en ander dokumente in d6+ op te laai.
Laai dokumente op vir individuele personeellede, ouers en/of leerders: |
My Skool > Personeel > Personeel dokumente |
Status | Lys huidige of verlaat personeellede |
Tipe | Kies om alle soorte dokumente of slegs 'n spesifieke tipe te sien |
Wys | Wys slegs personeel met en/of sonder dokumente |
Soek | Tik 'n persoon se naam om slegs een leerder, ouer of personeellid se dokumente te sien Dokumente word volgens die bogenoemde keuses gelys Klik op die Dokument Tipe-skakel om net een tipe dokument te wys Om 'n dokument te laai vir persone sonder dokumente, klik op ”Choose file”, vind die lêer en kies Laai lêer Klik op die Titel-skakel om 'n bestaande dokument te sien of af te laai Om 'n dokument te verwyder, klik op Verwyder vir die spesifieke dokument Die stelsel dui aan wie die dokument opgelaai het, asook die datum en tyd waarop dit opgelaai is
|
Skep verskillende tipes dokumente: My Skool > Algemeen > Dokumente: Dokument tipes |
Enige aantal dokument tipes kan volgens die behoeftes van u skool bygevoeg word. |
Let wel: | Slegs een dokument kan per tipe, per persoon opgelaai word. As u verskeie soortgelyke dokumente wil oplaai moet u genommerde tipes skep, byvoorbeeld Terapeutverslag 1, Terapeutverslag 2, ens. Duplikaatname word nie toegelaat nie. Toekomstige ontwikkeling sal die moontlikheid byvoeg om dokumente aan gebeurtenisse soos afwesigheid te heg. |
Gebruikersregte |
Die vermoë om Dokument tipes te bestuur word beheer deur "1.1. Skool administrasie". Die vermoë om Personeel dokumente te bestuur word beheer deur "1.2. Personeel administrasie". Die vermoë om Leerder- en Ouer dokumente te bestuur, word beheer deur "1.3. Leerder / Oueradministrasie". Die vermoë om dokumente op Leerder Oorsig te sien, word beheer deur die Leerder Oorsig-blad "Dokumente”-reg.
|