SEKURITEIT

SEKURITEIT



Twee-Faktor Verifikasie

Twee faktor verifikasie (2FV) voeg ekstra sekuriteit by u gebruikersrekeninge.
Na inlesing van die wagwoord sal gebruikers gevra word om 'n unieke kode in te sleutel wat per e-pos of sms gestuur sal word.
Slegs die Superuser kan hierdie vereiste stel om die gebruikers van hul skool te dwing om 2FV-metode te gebruik.

Laat gebruikers toe om 2FV aan te skakel

  1. Hierdie opsie stel gebruikers in staat om 2FV op hul eie personeelrekord aan te skakel by My Tuiste > My Gebruiker Inligting.

Laat gebruikers toe om vetroude toestelle te gebruik

  1. Gebruikers kan hul skootrekenaar / lessenaar rekenaar / selfoon vir drie maande as 'n vertroude toestel aandui.
  2. Vertroude toestelle benodig nie 2FV wanneer u op d6+ aanteken nie.
  3. Na 3 maande moet die vertroude toestel weer aangedui word.

Toelaatbare 2FV verifikasie metodes

  1. Kies die metode waarop die gebruikers die 2FV-kode waarmee hulle kan inteken, sal ontvang.
  2. Let daarop dat die skool sal betaal vir kennisgewings wat per sms aan gebruikers gestuur word.

Handhaaf 2FV op alle rekeninge

  1. Indien hierdie opsie gekies word, sal 2FV op alle personeelrekords geaktiveer word.
  2. Personeel het dan nie die opsie om 2FV op hul eie rekords af te skakel nie.

Laat gebruikers sonder kontakinligting toe om aan te teken as 2FV aangeskakel is

  1. As 'n gebruiker geen kontakinligting op die stelsel het nie, kan hierdie gebruiker sy kontakbesonderhede byvoeg om die 2FV-kode te ontvang sodat hy kan aanteken op d6+.
  2. Die ingevoerde kontakinligting sal bygevoeg word op hul persoonlike personeelrekord in d6 +.

    • Related Articles

    • My Gebruiker Inligting

      Met hierdie funksie kan gebruikers hul persoonlike inligting invoer en korrigeer. Die gebruiker kan ook 'n nuwe wagwoord skep en 2-faktor-verifikasie instel om veiligheid te verbeter. Twee faktor verifikasie (2FV) voeg ekstra sekuriteit by u ...
    • Personeel

      My Skool > Personeel > Personeel Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Elke personeellid se besonderhede moet op die stelsel ingelees word. Dit sluit in inligting vir alle personeel ongeag of hulle deur die Departement van Onderwys of ...
    • Biografiese Inligting

      Hierdie funksie maak dit moontlik om addisionele biografiese inligting (soos gewig en lengte) vir leerders in te voer. Kies die jaar, termyn, graad, registerklas vir wie die inligting ingelees moet word. Kies die biografiese tipe wat jy wil inlees, ...
    • Data Verifikasie

      Verslae > Personeel > Data Verifikasie Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hoe om 'n data verifikasie vorm te genereer vir 'n personeel lid Kies om die vorms te genereer vir aktiewe personeel of verlate personeel Kies die personeel ...
    • DATA VERIFIKASIE

      GENEREER LEERDER DATA VERIFIKASIE VORMS Kies om die vorms te genereer vir Registerklasse, Leerders (huidig) of Leerders (verlaat). Kies om die data oor twee bladsy te druk of om al die bladsye te druk. Indien u twee bladsye kies sal slegs die ...