Skool Kategorieë en Aktiwiteite word gebruik om verskillende prestasies te groepeer. Hierdie artikel verduidelik hoe om nuwe aktiwiteite by te voeg, bestaande aktiwiteite te verander, en die volgorde op gedrukte sertifikate te stel.
My Skool > Stelsel > Prestasies > Skool Aktiwiteite
Skool Aktiwiteite kan volgens status vertoon word: Aktief, Onaktief, en/of Verwyder. Daar is vyf hoofkategorieë wat nie aangepas kan word nie:
Akademie
Sport
Kultuur
Leierskap
Ander
Akademiese sertifikate word slegs gebruik vir aktiwiteite onder die kategorie Akademies. Hierdie sertifikate word outomaties toegeken na gelang van leerders se punte, gebasseer op reëls wat deur die gebruiker opgestel word.
Nie-akademiese sertifikate word gebruik onder kategorieë soos Sport, Kultuur, Leierskap en Ander. Toekennings word per hand gedoen en leerders se punte word nie in aanmerking geneem nie.
Sekere aktiwiteite is reeds beskikbaar, maar nuwes kan bygevoeg word. Maak seker dat ten minste een aktiwiteit per kategorie bestaan sodat dit later in die proses gebruik kan word.
Klik die Skep nuwe-knoppie.
Kies die prestasiekategorie.
Sleutel die aktiwiteit naam in vir beide Afrikaans en Engels.
Dui die aktiwiteit volgorde aan. Dit posisioneer die aktiwiteit in die lys en bepaal die druk-volgorde op sertifikate.
Klik Stoor.
Kies die prestasiekategorie.
Kies die aktiwiteit wat verander moet word deur daarop te dubbelklik.
Bring die nodige veranderings aan en klik stoor.
Status Onaktief: behou die aktiwiteit in die stelsel vir latere heraktivering.
Status Geskrap: verwyder die aktiwiteit van die stelsel permanent.
Dui die gewenste volgorde aan in die Skoolaktiwiteit volgorde-veld by elke aktiwiteit. Dit bepaal die volgorde waarin aktiwiteite op gedrukte sertifikate verskyn.
Nee. Die vyf hoofkategorieë (Akademie, Sport, Kultuur, Leierskap en Ander) is vaste kategorieë in die stelsel en kan nie verander of verwyder word nie.
Akademiese toekennings word outomaties toegeken op grond van leerders se punte en reëls wat opgestel is. Nie-akademiese toekennings (Sport, Kultuur, Leierskap, Ander) word per hand toegeken en leerders se punte speel geen rol nie.
Nee. 'n Aktiwiteit met die status Geskrap word permanent van die stelsel verwyder en kan nie herstel word nie. Gebruik eerder die status Onaktief as u die aktiwiteit tydelik wil deaktiveer.
Die stelsel is tweetalig. Deur die aktiwiteit naam in beide tale in te voer, verseker u dat dit korrek verskyn ongeag in watter taal die sertifikaat of verslag gegenereer word.
Daar is geen vaste limiet nie. U kan soveel aktiwiteite byvoeg as wat nodig is. Maak seker dat ten minste een aktiwiteit per kategorie beskikbaar is sodat sertifikate en prestasies korrek aan kategorieë gekoppel kan word.
Laas opgedateer: Maart 2026 | Weergawe 2.0