Kwartale

Kwartale


KWARTALE

Opstelling van kwartale is van kardinale belang omdat die stelsel juis kwartaal gedrewe is. Modules soos die Kurrikulum vereis hierdie inligting as boustene vir latere gebruik. In publieke skole, word tipies 4 kwartale per jaar opgestel. Privaat skole maak weer gewoonlik gebruik van 3 termyne per jaar. Die beste praktyk is om alle kwartale of termyne gedurende dieselfde tydstip te skep. Dit is uiters belangrik om te verseker dat kwartale se datums korrek is, as aangesien dit funksies soos afwesighede affekteer vir personeel en leerders op die stelsel.

VERSKILLENDE TERMYN DATUMS VIR LEERDERS/ ONDERWYSERS/ PERSONEEL
  1. Dit is moontlik om verskillende termyn datums vir leerders, onderwysers en personeel op te stel.
  2. Personeel word gesien as nie-onderwysers wie enige tyd gedurende die jaar verlof neem of afwesig is. In die geval stel slegs  een kwartaal op word met datums van 1 Januarie tot 31 Desember.
  3. Onderwysers neem slegs verlof of word afwesig gemerk gedurende skool kwartaal warvan die datums deur die Onderwysdepartement vasgestel word.
  4. Leerders word slegs afwesig gemerk gedurende die skool kwartaal volgens Departementele datums.
  5. Dit is moontlik om kwartale by te voeg of the verander soos in die paragrawe hieronder beskryf.

HOE OM KWARTALE TE SKEP VIR DIE NUWE JAAR

  • Kies die regte Kalendertipe (Leerders/Onderwysers/Personeel)
  • Kliek nou op die "Skep kwartale vir 'n nuwe jaar" knoppie.
  • Kliek op Ja en die huidige jaar se kwartale sal oorkopieer na die volgende jaar, die presiese datums van die volgende jaar sal verander moet word, dubbelkliek in die blokkie van die datum wat jy wil verander.

HOE OM KWARTALE BY TE VOEG

  • Kliek op die "Voeg kwartaal by" knoppie
  • Jaar: Die jaar wat u gekies het, sal vertoon word, maar kan nie verander word nie (grys).
  • Kwartaal: Die volgende logiese kwartaal nommer sal vertoon word deur vaste keuse.
  • Vanaf / Tot en met Datums: Sleutel die korrekte van en tot datums in vir die betrokke kwartaal.
  • Wanneer u klaar is, kliek op stoor om die volgende kwartaal vir die betrokke jaar te skep.

HOE OM KWARTALE TE REDIGEER

  • As u kwartale wil redigeer, dubbel kliek dan die betrokke kwartaal rekord lyn om u verandering te maak en te stoor.
  • Nadat u al die toepaslike veranderinge gedoen het, sal die skerm sukses wys.

HOE OM DIE LAASTE KWARTAAL TE VERWYDER

  • Indien u die laaste kwartaal wil verwyder en dit wil omskep in 3 termyne, kliek dan op die "Verwyder Laaste Kwartaal"  knoppie. Indien die stelsel verwante data vir hierdie kwartaal sou vind, sal dit eers ontkoppel of verwyder moet word voordat hierdie aksie toegelaat sal word.
  • Om al die kwartale te verwyder, kliek "Verwyder laaste kwartaal" herhaaldelik totdat al die kwartale van Kwartaal 4 to 1 verwyder is.
  • Indien geen afwesighede reeds vir die kwartaal aangedui is nie, sal n skerm vertoon en vra: is u seker u wil termy 4 verwyder?
  • Kliek op ja en dan sal die laaste kwartaal nou verwyder wees.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.









    • Related Articles

    • KWARTALE

      My Skool > Algemeen > Kwartale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Opstelling van kwartale is van kardinale belang omdat die stelsel juis kwartaal gedrewe is. Modules soos die Kurrikulum vereis hierdie inligting as boustene vir ...
    • Personeel Afwesighede

      Hierdie funksie laat die gebruiker to om afwesighede in te lees vir Personeel en om afwesighede wat reeds ingelees te besigtig. Die eerste skerm vertoon die afwesighede wat reeds vir die gekose kwartaal ingelees is. Hoe om afwesighede in te lees vir ...
    • RUGSTEUN

      My Skool > Algemeen > Rugsteun Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hierdie handleiding is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit verduidelik die “backups” (rugsteun) wat die sisteem maak om u data te beskerm. Die stelsel maak outomaties ...
    • WATERMERKE

      My Skool > Algemeen > Watermerke Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel  VOEG WATERMERKE BY Indien u ‘n agtergrond wil byvoeg, kliek op die "Voeg Agtergrond By" knoppie. Kies die brieftipe deur op die kieslys te kliek. Kies die ...
    • NOODNOMMERS

      Noodnommers is die telefoonnommers, adresse en ander kontakbesonderhede van die naaste polisie stasie, ambulans, brandweer, dokter of hospitaal. Nooddiens besonderhede moet opgestel word op die stelsel. Kies die toepaslike diens van die kieslys af en ...