VAKGROEPE

VAKGROEPE

My Skool > Kurrikulum > Vakgroepe

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel

‘n Vakgroep is die term wat ons gebruik om leerders wat verskillende vakke saam het, te groepeer. Dit is dus nie vir registerklas doeleindes nie, maar vir akademiese doeleindes. Hierdie funksie stel die gebruiker in staat om vakgroepe te skep vir leerders met verskillende vakke. Hierdie dokument gee instruksies vir die skep van uitsonderings op die vakgroepe. 
Hierdie funksie stel die gebruiker in staat om vakgroepe te skep en dan aan klaskamers en onderwysers te allokeer.

Excel Uitvoer Funksie:
‘n Excel Uitvoer funksie is bygevoeg op verskeie skerms. Wees op die uitkyk vir die "Voer uit na Excel" knoppie.
Excel Uitvoer-regte sal deur die Superuser toegeken moet word om gebruikers toegang te gee na hierdie funskie.

STEL ‘N VAKGROEP OP 

Met hierdie funksie word die klaskamer, vakonderwyser en graad geskep.
  • Kies die betrokke jaar.
  • Kies die betrokke graad.
  • Kies die leerprogram wat van toepassing sal wees op die vakgroep. 
  • Kies die kwartaal waarvoor die vakgroepe opgestel moet word.
  • Kies die vak waarvoor u die vakgroep wil skep.

1. Doen vakgroep opstellings

  • Kliek die +Voeg by-knoppie om 'n nuwe vakgroep op te stel.
  • Groepnaam: Tik die naam vir die vakgroep. Bv. 4B Afr.
  • Klaskamer: Kies die klaskamer waar die klas gaan aangebied gaan word.  Indien die klas nie in die lys voorkom nie, stel die klas op by My Skool > Personeel > Klaskamers.
  • Onderwyser: Kies die onderwyser wie die vak gaan aanbied. Daar is geen limiet aan hoeveel keer ‘n onderwyser gekoppel word aan ‘n vak of graad nie.
  • Aanbiedingstaal:  Dui die taal aan waarin die klas aangeboed gaan word.
  • Status: Nuwe vakgroepe sal outomaties as "Aktief aangedui word. Om 'n vakgroep te verwyder, dui dit aan as "Onaktief" of "Geskrap"
    Nota: "Onaktiewe" status kan weer heraktiveer word, maar nie groepe wat geskrap was nie.
  • Aktiewe leerders: Dui die totale aantal leerders aan wat reeds aan die vakgroep toegeken is. Om leerders by te voeg/verwyder, kliek op die nommer of gaan na My Skool > Kurrikulum > Vakgroep allokering. 
  • Onaktiewe leerders:  Dui dieaantal leerders aan wat reeds die skool verlaat het, maar steeds aan die vakgroep gekoppel is. Hierdie leerders sal dus steeds op die puntelys vertoon.  
  • Punte inlesers: Dui die aantal personeel aan wie punte kan inlees vir hierdie vakgroep. Om personeel te verander, kliek op die nommer en skuif die personeel na links om te verwyder of na regs om by te voeg. 

  • Voeg bykomende vakgroepe vir hierdie vak by, indien nodig.
  • Kliek op "Aanvaar veranderings" om u veranderings te stoor

2. Leeruitkomsgroep Opstelling

  • 'n Uitsondering kan voorkom wanneer een vakgroep deur meer as een onderwyser aangebied word. Die vakgroep het 'n primêre onderwyser wat die leeruitkomste A, B sal aanbied, asook 'n sekondêre onderwyser (die uitsondering) wat die leeruitkoms C sal aanbied. Bv. Geskiedenis en Geografie in Sosiale Wetenskappe. In hierdie stap sal u slegs hierdie uitsonderings byvoeg of wysig.
  • Ons vind egter dat hierdie opsie baie komplikasies veroorsaak, en beveel nie aan om dit op hierdie stadium te gebruik nie.


Vrae wat baie gevra word

Watter funksies moet vooraf opgestel wees voordat ek vakgroepe kan skep? 

  • Klaskamers moet reeds geskep wees.
  • Onderwysers moet ook reeds op die stelsel gelaai wees voordat u die klasgroepering kan voltooi.  

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Kurrikulum Opmerkings

      My Skool > Kurrikulum > Opmerkings  Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat jou toe om opmerkings te skep wat op die rapport kan wys aan die einde van die jaar of termyn. Opmerkings kan bygevoeg word om op die Rapport ...
    • KURRIKULUM DATA VERSLAG

      ‘n Kurrikulum Data Verslag kan gegenereer word om die leeruitkomstes/komponente en hul assesserings wat bestaande is in die Databasis, te vertoon. Hierdie verslag sal beide die voorafopgestelde sowel as die assesserings wat per hand geskep is, ...
    • PUNTE INSLEUTELREGTE

      My Skool > Kurrikulum > Insleutelregte  Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.   Hierdie funksie beheer die punte insleutelregte. Dit kan per personeellid of vir spesifieke vakke en vakgroepe opgestel word.  Wie kan insleutelregte toeken? ...
    • Kopieering van leerprogramme

      Die opstel van die kurrikulum vir 'n hele jaar is 'n groot taak. In d6 + is daar twee benaderings hiertoe. Vir skole wat die CAPS leergang volg, word voorafopstellings voorsien gebasseer op die SA-SAMS-leergang wat deur die DOE vir 'n jaar vrygestel ...
    • Vakgroepindeling

      My Skool > Kurrikulum > Vakgroep Indeling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hierdie funksie stel die gebruiker in staat om vakgroep indelings te doen en/of te verander. Klasgroeperings is die verdeling van leerders tussen klasse ...