Bank Staat Intrek

Bank Staat Intrek



Om bankstate te kan intrek benodig jy 'n elektroniese kopie van jou bankstaat Hierdie elektroniese kopie kan verkry word deur verskeie maniere, maar die mees algemene metode is om aan te meld by die internet bankdienste webblad van jou bank,  sodat jy van daar ‘n bankstaat kan aflaai. Let asseblief daarop dat ons verskillende lêer formate vir verskillende bankinstellings het, en in sommige gevalle ook verskillende lêer formate vir verskillende tipes rekeninge binne dieselfde bankinstelling. Vergewis jou dus van die formaat van toepassing op die spesifieke bankstaat wat u benodig.
Die funksie “Trek Bankstaat In” maak dit moontlik om die bankstaat wat elektronies afgelaai is, in die stelsel in te trek. Die volgende stap sal wees om die bank rekonsiliasie te doen.

Hoe om 'n bank staat in te trek


Dit is raadsaam om die lêers wat jy aflaai van jou bank instelling na die volgende formaat herbenoem : JJJJMMDD , byvoorbeeld 20180315.ofx - dit is makliker om hierdie lêers te vind wanneer jy die intrek van jou bankstaat doen. Wanneer die leêrs gesorteer word altyd die eerste of die laaste een in die lys wees. As jy meer as een bankrekening het , is dit ook raadsaam om 'n ekstra karakter ( soos 'n " G" vir die geldmarkrekening ) aan die voorkant van die JJJJMMDD sluit byvoorbeeld G20150315.ofx sodat dit maklik geïdentifiseer kan word.

Finansies gebruikers sal herinner word deur middel van take indien die skool nie hul bankstate ingetrek het in die laaste 30 dae nie. Neem asseblief kennis dat die taak is nie per bankrekening nie - dus as jou skool meer as een bankrekening het waarvoor jy bankstate moet intrek, is dit die skool se verantwoordelikheid om seker te maak op watter bankrekening die kennisgewing van toepassing is.

  • Kies die relevante bankrekening deur te kliek op die af pyltjie.
  • Kies die maand van toepassing.
  • Soek vir die lêer wat ingetrek moet word deur te kliek op die “Choose File” knoppie en blaai na die gespesifiseerde gids op jou rekenaar of netwerk waar die lêer gespaar is.
  • Kies die lêer wat ju wil intrek
  • Kliek op die "trek leer in" knoppie
  • Die stelsel sal dan aandui of die intrek wel suksesvol was
  • As die staat suksesvol ingetrek is en jy “Ja” gekies het, sal jy herlei word na die Bank Rekonsiliasie skerm waar die ingevoerde transaksies gekoppel kan word. As jy "Nee" kies, sal jy op die invoer bankstaat skerm bly, waar 'n bankstaat vir 'n ander bankrekening ingevoer  kan word.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd
    • Related Articles

    • Kasboek Rekeninge

      Hoe om 'n bank rekening te skep Kliek op die rooi plus om 'n nuwe rekening te skep. Tik 'n "rekening kode" in die beskikbare blok in. Tik 'n "rekening naam" in die beskikbare blok in. Kies die datum wat jy wil he die rekening moet vanaf aktief wees. ...
    • Kasboek Verslag

      Verslae > Finansies > Transaksies > Kasboek Verslag Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hoe om 'n kasboek verslag te skep Kies die periode waar binne die verslag moet hardloop Kies die formaat van die verslag deur op die af-pyltjie ...
    • Kwitansies

      ‘n Kwitansie is ‘n dokument wat bewys dat geld betaal is aan die skool en wel ontvang is. Omdat die stelsel ‘n proses-gedrewe stelsel is, maak die stelsel voorsiening vir verskeie tipes kwitansies om prosessering te vergemaklik. Die rekeningkundige ...
    • Bankrekonsiliasie

      ‘n Bankrekonsiliasie word gedoen om die bankstaat van elke bankrekening met die stelsel se kasboek van elke rekening te laat balanseer. Bankrekeninge in die stelsel word aanvanklik deur die Stelsel implementeringspan vir u opgestel, maar indien u ...
    • Oorplasings

      Met hierdie funksie word bankoorplasings tussen jou bankrekeninge gedoen en besigtig. Hierdie funksie sal outomaties die bankoorplasings in die bankrekonsiliasie koppel en met ‘n geel blok vertoon. Maak asseblief seker dat die transaksies wat ...