Betalings Opsies

Betalings Opsies

Finansies > Debiteure > Betalings Opsies

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel
Betalings opsies word een keer per jaar geskep en deur dit te skep, word leerders dan maandeliks, kwartaaliks of jaarliks gehef vir iets soos skoolfonds of enige ander kostes wat die skool voor wil hef. Sodra 'n betalings opsie geskep is, kan leerders of individueel aan die opsie gekoppel word of in bulk. Heffing vir 'n betalings opsie vind automaties plaas op die eerste van elke maand en verskyn op die debiteur se staat.

Hoe om 'n betalings opsie te skep.

  • Kliek op die "skep betalings opsie" knoppie.
  • Vul die betalings opsie naam in Afrikaans.
  • Vul die betalings opsie naam in Engels.
  • Kies die heffingskategorie wat van toepassing is op die betalings opsie (Die staat beskrywing sal automaties ingevul word sodra jy 'n heffingskategorie kies. Jy kan die beskrywing so los of dit gaan verander na dit wat jy wil he moet op die debiteur se staat verskyn).
  • Kies dan die staat groeperingskategorie.
  • Kies die jaar wat die betalings opsie van toepassing sal wees.
  • By "betaling vind plaas deur 'n debiet order" het jy op die opsie om "ja" of "nee" te kies. Indien die betalings opsie spesifiek opgestel word vir debiet orders sal jy "ja" kies by die opsie andersins stel ons voor jy kies "nee" en aktiveer die debiet order opsie in die leerder se profiel. Indien jy "ja" hier kies, sal die stelsel verwag dat elke leerder wat aan die opsie gekoppel word, per debiet order betaal. 
  • Jy sal dan kan kies of a ouer kontantlose betalings via d6 Connect App mag maak, deur JA of NEE te kies. Kliek hier om meer te lees oor die kontantlose betalings. Indien die skool die d6 connect app gebruik kan die ouers hulle rekening betaal deur Sticitt se kontanlose beursie. Sodoende sien die ouers nie net hul rekening op die app nie maar kan terselfde tyd dit ook betaal.
  • Die volgende keuse is of jy die betaling opsie graag wil vertoon as 'n nuuslyn betalingsitem in d6 Connect.
  • Die laaste opsie rakende die d6 connect app, sal wees of jy n blits kennisgewing wil stuur via d6 Connect. 
  • Indien die skool enige afslag aanbied, sal jy "ja" by die "gee afslag op fooi" vraag kies.
  • Indien enige vrystelling, beurse of subsidie toegestaan word, sal jy "ja" by die "vrystelling op fooi toelaatbaar" vraag kies.
  • As jy dan na die Graad inligting seksie sal jy al die relevante grade by die opsie kies. Dit sal dan alle leerders in die spesifieke grade beskikbaar stel vir koppeling. Indien jy 'n algemene opsie vir iets soos skryfbehoeftes skep, sal jy hier al die grade kies sodat alle leerders beskikbaar is vir koppeling.
  • Onder die balansstaat rekeninge inligting seksie gaan jy die toepaslike Kontrole rekening vir die betalings opsie moet kies. Die sal gewoonlik jou leerder kontrole rekening wees en let wel dat jy nie enige joernale teenoor die rekening sal kan proseseer nie.
  • By die "inkomste rekening vir fooi" opsie gaan jy die relevante inkomste rekening moet kies. Geen joernale sal teen die rekening geproseseer kan word nie.
  • By die "uitgawe rekening vir aflag" opsie gaan jy die relevante uitgawe rekening moet kies en let wel dat geen joernale teenoor die rekening geproseseer kan word nie.
  • By die "uitgawe rekening vir vrystelling" opsie gaan jy die relevante uitgawe rekening moet kies en let wel dat geen joernale teenoor die rekening geproseseer kan word nie.
  • By die heffing inligting seksie gaan jy heel eerste moet aandui wat die jaarlikse fooi vir die spesifieke betaling opsie is.
  • By die "heffing vind plaas oor" opsie gaan jy moet aandui oor hoeveel maande die jaarlikse fooi gedeel moet word. As dit eenmalig moet afgaan, kan jy "1 Maand" kies of andersins dan "10 Maande" of oor hoeveel maande dit dan van toepassing wil he. Die stelsel sal dan automaties die Jaarlikse fooi vat en deur die hoeveelheid maande deel. Jy kan kan nog steeds dit gaan verander deur self bedrae in die blokkies te vul.
  • Daar sal 'n afslag kolom beskikbaar wees maar let wel dat enige afslag wat hier ingevul word, van toepassing sal wees op elke leerder wat aan die opsie gekoppel word. Ons stel voor dat enige afslag wat toegestaan word, eerder in die leerder se profiel toegestaan word onder die "fakturering" skerm.
  • Sodra al die informasie ingevul is, kan jy op die "voeg by" knoppie druk.
  • Die skerm wat nou sal vertoon sal al die leerders aan die linkerkant he en dan het jy die opsie om die leerders na die regterkant toe te skuif. Deur die leerders na die regterkant toe te skuif, bevestig jy dat dit die leerders is wat jy aan die opsie wil koppel. Jy kan of die leerders een vir een koppel of op die "kies almal" knoppie druk en oorgooi na regs.
  • Sodra jy al die leerders wat gekoppel moet word na die regterkant toe geskuif het, kan jy op die "ok" knoppie druk.
  • Daar sal 'n groot kennisgewing blok opkom wat vra dat jy moet bevestig dat jy leerders aan die opsie gaan koppel en dat die stap nie terug gerol kan word nie. Meer as dit moet jy besef dat enige veranderinge aan wat die betalings opsie gemaak word nadat leerders gekoppel is, nie die spesifieke leerders sal beinvloed nie en enige ander veranderinge sal aangebring moet word in die leerder se profiel onder die fakturering skerm.
  • Kliek op die "ek verstaan" knoppie.
  • Jy sal nou die betalings opsie skerm sien waar al die betalings opsies le.

Hoe om 'n leerder aan 'n bestaande opsie te koppel.

  • Kliek op die betalings opsie waaraan jy die leerder wil koppel.
  • Kliek op die "koppel leerders aan opsie" knoppie.
  • Skuif die leerder of leerders vanaf die linkerkant na die regterkant.
  • Sodra jy al die leerders wat gekoppel moet word na die regterkant toe geskuif het, kan jy op die "ok" knoppie druk.
  • Daar sal 'n groot kennisgewing blok opkom wat vra dat jy moet bevestig dat jy leerders aan die opsie gaan koppel en dat die stap nie terug gerol kan word nie. Meer as dit moet jy besef dat enige veranderinge wat aan die betalings opsie gemaak word nadat leerders gekoppel is, nie die spesifieke leerders sal beinvloed nie en enige ander veranderinge sal aangebring moet word in die leerder se profiel onder die fakturering skerm.
  • Kliek op die "ek verstaan" knoppie.
  • Jy sal nou die betalings opsie skerm sien waar al die betalings opsies le.

Hoe om 'n betalings opsie te redigeer.

  • Kliek op die betalings opsie wat jy wil redigeer.
  • Kliek op die "redigeer" knoppie.
  • Wysig die opsie soos nodig.

Enige veranderinge wat aangebring word aan die betalings opsie sal nie van toepassing wees op leerders wat klaar aan die opsie gekoppel is nie. Indien die leerders wat gekoppel is ook geaffekteer moet word, gaan die leerders eers ge-ontkoppel moet word en dan weer gekoppel word sodra die wysiging aangebring is. Neem kennis dat enige afslag en of vrystelling wat toegeken was, verlore sal wees sodra die leerders ge-ontkoppel word so jy sal dit dus weer moet aanbring in die leerder se profiel.

Hoe om 'n betalings opsie te verwyder.

  • Kliek op die relevante betalings opsie.
  • Kliek op die "verwyder" knoppie.
Indien daar enige geskiedenis op die betalings opsie is, sal jy dit nie kan verwyder nie.

Hoe om leerders te ontkoppel van 'n betalings opsie.

  • Om leerders vanaf 'n betalings opsie te ontkoppel, kan jy dit onder die leerder profile doen, dit sal wel net onder n aktiewe leerder se profiel gedoen kan word. Om dit te doen gaan asb na My Skool > Leerders > Leerders, soek jou leerder op en wysig die leerder profiel. Jy sal dan heelbo sien daar is verskillende tabs, bv: Familie, Leerder, Fakturering, ensovoorts. Kliek asb op Fakturering, en soek dan die betaling opsie wat jy graag wil verwyder, of aan verander. Tik dan 0.00 by elke maand van die spesifieke betalingopsie, en kliek dan op stoor veranderinge. Sou jy 0.00 by elke maand ingetik het, sal die spesifieke betalingopsie nou helemal verwyder wees, en jy kan dan die korrekte betalingopsie koppel. As dit n verlaat leerder is watse betalingopsie data moet verander, kan jy ons kontak vir bystand, per epos na support@d6plus.co.za

© Copyright d6 group (Pty) Ltd

    • Related Articles

    • Betalings

      Hierdie handleiding gee riglyne vir die maak van betalings en die soek van betalingstransaksies. Hoe om betalings te maak Kliek op die "maak betaling" knoppie Kies of dit 'n direkte betaling is of 'n krediteur betaling is deur op die af-pyltjie te ...
    • Debiteure Ontledings Verslag

      Hoe om die debiteure ontleding verslag te skep Kies of jy 'n debiteure ontleding wil doen per registerklas, huidige leerders, ingeskrewe leerders, verlate leerders of alle leerders. Kies die jaar. Kies of jy die transaksies oor 'n periode, vanaf 'n ...
    • Magtig Betalings

      Hoe om 'n betaling te magtig Kliek op die "skep 'n betalingsmagtiging" knoppie Jy kan kies om die magtigings per krediteur te skep of andersins kan jy dit los op "alle krediteur rekeninge" Jy kan kies om fakture volgens betalingsterme te sien of ...
    • Debiteure Ouderdomsontleding Verslag

      Hoe om die ouderdomsontleding verslag te skep Kies die datum van die ouderdomsontleding Kies of die ouderdomsontleding vir Skool debiteure, Grootboek kontrole rekening, Invorderaar of Ander Debiteure moet wees Kies of die oudersontleding vir Alle ...
    • Nuwe Debiteure Notas & Reëlings

      Finansies > Debiteure > Nuwe Debiteurenotas & Reëlings Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Daar is drie verskillende notas wat geskep kan word naamlik 'n interne nota, 'n teks nota en dan 'n reling om te betaal nota. ...