Verslae > DOE > Bevorderingstate
Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel.
BEVORDERINGSTATE
‘n Bevorderingstaat moet deurgegee word na die DOE om aan te dui watter leerders bevorder is na die volgende kwartaal/jaar.
GENEREER BEVORDERINGSTATE
- Kies die Verslag opskrif.
- Kies die Verslag inhoud. U kan kies om die staat met of sonder punte te druk.
- Kies die Jaar.
- Kies of u Addisionele Inskrywingsinligting wil insluit.
- Kies by Punte kolomme of u slegs die Skaalpunt of slegs die Persentasie, of beide wil uitdruk.
- Kies of Kwaartaalpunte of Berekende punte gedruk moet word.
- Indien u Kwartaalpunte gekies het:
- Kies die Kwartale en kliek op die regs-pyltjie knoppie om dit te koppel of kliek op die links-pyltjie knoppie om dit te ontkoppel.
- Indien u Berekende punte gekies het sal die skerm uitbrei soos volg:
- Kliek op die af-pyltjie en maak ‘n keuse tussen Promosiepunt, Merietepunt of Jaarpunt.
- Kies of u die verslag per graad of registerklas wil genereer.
- Kies die relevante graad of registerklas en kliek op die regs-pyltjie knoppie om te koppel of op die links-pyltjie knoppie om te ontkoppel.
- Kliek op die 'genereer verslag' knoppie om die verslag te genereer.
Nota: Neem asseblief kennis dat hierdie verslag altyd in Engels sal genereer soos volg:
- Indien u die leerders alreeds bevorder het gedurende die administratiewe jaareindprosedure, sal die verslag geskep word met die RP/NRP kolom wat saamgestel is.
VRAE WAT BAIE GEVRA WORD
- Ek het spesifieke leerders wat geslaag het met ‘bevorder met aanpassings’, waar word die aangepaste punte vertoon?
- Soos per die DOE spesifikasies - dat 'n punt aanpassing van 7% of minder - vir 'n maksimum van 3 vakke [prioritiseer die fundamentele vakke Huistaal, Eerste Addisionele Taal en Wiskunde] kan gegee word aan leerders wat 'n vakpunt behaal het binne die 2% omvang van die slaagvereistes.
- Die bevorderingstaat druk nou die aangepaste/gemodereerde punt met 'n asterisk (*) langs punte wat aangepas/gemodereer is.
- Hoekom vertoon verlaat leerders op die bevorderingstate?
- Die leerders wat nog vertoon is waarskynlik nog gekoppel aan vakke in kwartale waar hy reeds verlaat het. Voorbeeld hiervan is dat indien kwartaal 3 gekopieër is na kwartaal 4 - die stelsel sou outomaties die vak koppeling gekopieër het.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.