D6 CONNECT NUUS-ITEM

D6 CONNECT NUUS-ITEM

My Skool > Kommunikasie > d6 Connect Nuus-item

Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.

Gebruik hierdie skerm om Nuusitems wat reeds met d6 Connect gestuur is, te filtreer en te sien of nuwe boodskappe te stuur. In nuusitem boodskappe, waar vrae tydens die skeppingsproses gestel is, kan u ook opdaterings en terugvoer van App-gebruikers hier sien.

HOE OM 'N NUUS-ITEM BOODSKAP TE STUUR

  1. Klik op die opsie 'Nuwe boodskap'. Kies tussen 'dieselfde boodskap vir almal' of 'volgens voorkeurtaal'.
  2. Kies die kennisgewing-formaat: 'standaardboodskap' of 'waarskuwingsboodskap'.
  3. Kies of 'n blitskennisgewing gestuur moet word om die aandag van die ontvangers te kry..
  4. Tik die onderwerp en die boodskap inhoud.
  5. As u 'n vraag by die boodskap wil voeg, klik op die blokkie sodat 'n regmerkie aangedui word.
  6. Klik op 'Voeg by'.
  7. Tik die vraag in die betrokke taal / tale.
  8. Kies watter tipe antwoord gegee moet word: teks, ja/nee, enkelkeuse, meervoudige keuse of lêer.
  9. In die geval van meervoudige keuses, dui aan wat die maksimum aantal keuses is wat toegelaat word. 
  10. Kies of lesers verplig is om die vraag te beantwoord: ja/nee.
  11. Klik op 'Voeg by'.
  12. Dui aan of die vrae veelvuldige kere beantwoord kan word. Voorbeelde:
    1. Covid skandering antwoorde: 'n Ouer moet dieselfde vrae daagliks vir een of meer leerders beantwoord. (Ontmerk dus die opsie)
    2. BL-stemming: Ouers is slegs tot een stem beperk. (Merk die opsie)
  13. Dui aan of die vrae anoniem beantwoord kan word. Die ouers se name sal dan nie by die antwoorde gelys word nie. Indien nodig, noem dit in die boodskap sodat ouers weet hulle sal anoniem antwoord.
  14. Kies of u 'n afsnydatum vir antwoorde wil instel. Indien wel, klik op die blokkie sodat 'n regmerkie aangedui word. Kies die betrokke datum uit die kalender.
  15. Kies die ontvangers van die boodskap: kies of dit 'n direkte of 'n uitgesaai boodskap moet wees.
    Let Wel: 'n Nuus item kan nie gelyktydig na "Ouers Dinamiese Kanale" en "Eie Kanale" gestuur word nie. Indien ontvangers in beide groepe die boodskap moet ontvang, moet die boodskap afsonderlik na elkeen van die groepe gestuur word.
  16. Klik op 'Stoor'.
  17. Klik op 'Stuur'.

HOE OMNUUS-ITEM BOODSKAPPE TE SIEN

  1. Alle historiese 'gestuurde' boodskappe sal vertoon word.
  2. Om terugvoerstatistieke oor hierdie boodskappe te sien, klik op die betrokke boodskap en 'Besigtig'.
  3. As u 'n vraag in u nuusitem ingesluit het, dubbelklik op die vraag om die resultate te sien.
  4. Voer die antwoorde uit na Excel om 'n rekord te hou van al die antwoorde wat ontvang is. Onthou dat u Superuser u die regte gebruikersregte moet gee om data uit te voer.
  5. Om spesifieke historiese onderwerpe in gestuurde boodskappe te soek, tik 'n sleutelwoord in die 'soek'-blok.
  6. U kan ook boodskappe deaktiveer deur op die opsie 'Deaktiveer' te klik nadat u die relevante gestuurde boodskap gekies het.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • d6 CONNECT NEWS ITEM

      d6 Connect News Item Use this screen to filter and view feed messages previously sent with d6 Connect or to create new messages. In messages where questions were asked during the creation process, updates and answers from App users can also be viewed ...
    • Kommunikasie Groepe

      My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kanale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie Kanale is die skakels tussen Ouers/ Ander Kontakpersone en d6 Connect inhoud. Multi-platform en d6 Connect boodskappe kan gestuur word aan ...
    • Multi-Platform Kommunikasie

      My Skool > Kommunikasie > Multi-Platform Kommunikasie Druk <Ctrl><F> to search for words in the article Hierdie funksie laat die gebruiker toe om kommunikasie te stuur deur verskillende mediums sonder duplikasie en onnodige kostes. Dit kan E-pos, SMS ...
    • Bronne

      My Skool > Kommunikasie > Bronne Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.   Voeg 'n bron by Eie/ Dinamiese Kanale Kies die kanaal waaaraan jy die bron wil pos. Kliek op die "Voeg by" knoppie" Kies die Kategorie vir die Bron wat jy wil koppel ...
    • Kalenders

      Kalenders kan hier bygevoeg, geredigeer en verwyder word. Kalenders wat geskep word by die skep van 'n kanaal waaraan die nuwe kalender gekoppel is, sal ook in hierdie tabel wys waarvandaan dit verder verander kan word. Stelsel kalenders kan ook ...