d6 Connect App Afwesigheids

d6 Connect App Afwesigheids

My Skool > Kommunikasie Kennisgewings > Leerders

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel

Ouers kan hierdie funksie gebruik om die skool in kennis te stel van leerder afwesighede. Die kennisgewings sal op 'n lys verskyn hier en wanneer dit aanvaar word op dieselfde dag as die kennisgewing, sal die afwesigheids inskrywing outomaties gestuur word na die My Skool > Leerder > Afwesigheids afdeling op die d6+ platform.

Aanvaar/ Wys af Afwesigheidskennisgewings vir Vandag


Belangrik: Slegs vandag se afwesigheidskennisgewings kan aanvaar / afgewys word om op te dateer op die d6+ Platform. Wanneer jy nie aanvaar vandag nie sal jy die afwesigheid moet inlees op die d6+ Platform by My Skool > Leerders > Afwesighede.

  • Die algemene opstelling is om die bladsy oop te maak by Vandag se Kennisgewings.
  • Kliek op die lyntjie van die leerder waarvan jy die Kennisgewing wil Aanvaar/ Afwys sodat die lyntjie uitlig.
  • Let op dat die Aanvaar/ Wys af knoppies nou beskikbaar is.
  • Kliek op die "Aanvaar" knoppie.
  • 'n Skerm sal wys waar jy die "Afwesigheidsrede" kan invul en ook 'n beskrywing en watter Ouer die SMS moet ontvang, indien geen SMS gestuur moet word nie maak seker die blokkie is leeg. Kliek op " Stoor". 
  • Wanneer die "stoor" knoppie gekliek is sal die d6+ platform opgedateer word.
  • Om 'n Afwesigheidskennisgewing te verwerp vir vandag lig die kennisgewing uit wat jy wil verwerp en kliek op die " Verwerp" knoppie.
  • Jy sal die volgende boodskap van die stelsel af ontvang: "Is jy seker jy wil die afwesigheidskennisgewing verwyder? Kliek op "Ja" om te bevestig.
  • Wanneer 'n Kennisgewing afgewys is sal dit van die stelsel af verdwyn en sal nie kan herstel word nie.

      Besigtig/ Redigeer/ Verwyder Onverwerkte Kennisgewings

Belangrik: Onverwerkte Kennisgewings kan nie opdateer op die die d6+ platform nie.
  • Kliek op die " Onverwerkte Kennisgewings" tab 
  • Let wel dat jy kan filter op die "Tydperk" knoppie.
  • Toekomstig - Afwesigheidskennisgewings of datums wat groter is as vandag.
  • Verlede - Afwesigheidskennisgewings of datums wat kleiner is as vandag se datum. 
  • Kliek op die Afwesigheidskennisgewing wat jy wil redigeer/ verwyder.
  • Om die rekord te redigeer kliek op die "redigeer" knoppie.
  • Let wel dat wanneer 'n dokument aangeheg was aan die " Afwesigheidskennisgewing" sal dit wys op hierdie funksie.
  • Jy sal die die Afwesigheidsrede/ Beskrywing kan redigeer.
  • Kliek op "stoor" 
  • Die Afwesigheidskennisgewing sal nou wys in die Onverwerkte Kennisgewings met die geredigeerde inligting.
  • Wanneer jy die Afwesigheidskennisgewing wil verwyder kliek op die "Verwyder" knoppie.
  • Die stelsel sal 'n boodskap wys soos volg: " Sukses: Onverwerkte kennisgewing is verwyder"
  • Wanneer die kennisgewing verwyder is kan dit nie herstel word nie.


© Copyright d6 group (Pty) Ltd.



    • Related Articles

    • Kommunikasie Groepe

      My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kanale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie Kanale is die skakels tussen Ouers/ Ander Kontakpersone en d6 Connect inhoud. Multi-platform en d6 Connect boodskappe kan gestuur word aan ...
    • Laat leerders toe om inligting op d6 Connect te sien

      My Skool > Kommunikasie Type <Ctrl> <F> to search for words in the article. Aangesien die d6 Connect app uitsluitlik geskep is om ouers toegang te gee na inligting rakende hul kinders, is daar nie 'n spesifieke proses om leerders aan die app te ...
    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • Multi-Platform Kommunikasie

      My Skool > Kommunikasie > Multi-Platform Kommunikasie Druk <Ctrl><F> to search for words in the article Hierdie funksie laat die gebruiker toe om kommunikasie te stuur deur verskillende mediums sonder duplikasie en onnodige kostes. Dit kan E-pos, SMS ...
    • D6 CONNECT NUUS-ITEM

      My Skool > Kommunikasie > d6 Connect Nuus-item Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Gebruik hierdie skerm om Nuusitems wat reeds met d6 Connect gestuur is, te filtreer en te sien of nuwe boodskappe te stuur. In nuusitem boodskappe, waar ...