FINALE RESULTATE

FINALE RESULTATE

My skool > Kurrikulum > Finale Resultate   

Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.
Hierdie funksie laat die skool toe om leerders se finale punte, resultate en redes te bereken, kontroleer en aan te pas. Die berekening van die finale resultate word outomaties deur die stelsel gedoen. Die  finale resultate word bereken vir alle leerders wie se punte ingelees is en sal herbereken word elke keer wanneer nuwe punte ingelees word.

Handige Excel uitvoer dokumente is beskikbaar onder aan die bladsy, op die "resultate verslag"-knoppie.  Indien u nie die knoppie sien nie, vra die skool se Administrateur (superuser) om Excel regte aan u toe te ken.

HOE OM FINALE RESULTATE TE BESIGTIG

  • Selekteer die Jaar.
  • Selekteer die Graad.
  • Selekteer die Kurrikulum.
  • Selekteer die Formuletipe.
  • Alle leerders vir die gekose jaar en graad sal vertoon word met berekende resultate.
  • Die kolomme in die tabel is as volg:
  • Die Leerder naam 
  • Die Vergunning (indien van toepassing) word gelys.
  • Die Berekende Resultaat vertoon.
  • Die Gemodereerde Resultaat vertoon.
  • Indien die Berekende resultaat nie gemodereer (verander) is nie, sal die Gemodereerde Resultaat kolom ‘uitgegrys’ wees.
  • Indien jy die muis skuif oor die inligting ikoon langs ‘n leerder se naam sal die leerder se vakke en punte vertoon.

MODEREER LEERDER PUNTE EN PROMOSIE RESULTATE

Indien u ‘n leerder se punte en berekende resultaat wil modereer (verander) , dubbelkliek dan op die blokkie onder die "Gemodereerde Resultaat" kolom teenoor die leerer se naam.
Verander ’n leerder se punte op die ‘Punte’ ‘tab’ en die Promosie Resultaat op die ‘Resultaat’ ‘tab’.

Punte Tab:
  • Ken ‘n spesiale vergunningreël aan ‘n leerder toe deur die kieslys by te gebruik e. Andersins behou die “Geen vergunning” opsie.
  • Tik die gemodereerde/aangepaste punt.
  • Tik die rede vir die aanpassing van die leerder se punt.
  • Kliek op die "Stoor"  knoppie om die aanpassings te stoor.
  • Kliek "Ja" om te bevestig.
  • Die vergunning wat aan die leerder toegeken is (waar van toepassing) sal in die ‘Vergunning’ kolom vertoon.
  • Die stelsel sal outomaties die leerder se Finale Resultaat herbereken volgens die gemodereerde punt.
  • Die leerder se Promosie punt is gemodereer. Die stelsel sal die leerder se Finale Resultaat herbereken volgens die gemodereerde punte en die nuwe resultaat vertoon in die ‘Berekende Resultaat’ kolom.
Slegs wanneer die Berekende Resultaat gemodereer (oorskryf) word, sal die aanpassings vertoon in die “Gemodereerde Resultaat’ kolom. 

Die Resultaat ‘Tab’:
  • Om ‘n spesiale Vergunningreël aan ‘n leerder toe te ken, kies die toepaslike opsie. Of behou die “Geen konsessie” opsie indien van toepassing.
  • Kies die Resultaat wat moet vertoon uit die kieslys.
  • Tik die rede vir die moderering van die berekende resultaat in Afrikaans en Engels.
  • Kies die persoon wie die moderering van die berekende resultaat goedgekeur het.
  • Kliek op die "Stoor" knoppie om die veranderinge te stoor.
  • Kliek "Ja" om te bevestig.
  • Die leerder se gemodereerde resultaat sal in die Gemodereerde resultaat-kolom vertoon. Die resultaat sal nou verskil van die ooreenstemmende resultaat in die ‘Berekende Resultaat’ kolom.

Let op: Leerders wie se ‘Berekende Resultaat’ nie gemodereer is nie, se ‘Gemodereerde resultaat’ kolom sal ‘uitgegrys’ vertoon.

Om die detail inligting van ‘n gemodereerde resultaat’ te sien, soos die nuutste moderering, rede vir moderering en wie dit goedgekeur het, skuif die muis oor die "i" ikoon langs die toepaslike gemodereerde resultaat.

HERBEREKEN ALLE LEERDERS SE FINALE PROMOSIE RESULTATE

Herbereken die Finale Promosie Resultate vir alle leerders deur te kliek op die "Herbereken" knoppie.
Kliek "Ja" om te bevestig.

Let op: Die leerders wie se punte gemodereer sal vertoon na die herberekening, omdat die nuwe resultaat op die ‘gemodereerde punte’ gebasseer is.
Om die datum en rede vir die spesifieke Resultaat (RP, NRP of PR) te sien, skuif die muis oor die "i" ikoon van die spesifieke leerder.

Let op:  Vir ‘Bevorder resultate’ sal geen rede vertoon nie. Vir ‘Teruggehou’ sal die rede vir die resultaat vertoon volgens die kriteria in die Resultaat Riglyn ‘2012 DOE-NPPPPR.

HOE OM ALLE LEERDERS TE PROMOVEER (in ‘n spesifieke graad)

  • Kies die Jaar.
  • Kies die Graad.
  • Kies die Kurrikulum.
  • Kies die Formuletipe.
  • Al die leerders van die relevante jaar en graad sal vertoon word met die berekende resultate.
  • Om alle leerders in hierdie graad vir die spesifieke kwartaal te promoveer, kliek op die "Promoveer almal" knoppie.
  • Kliek "Ja" om te bevestig.

Indien u kies ‘promoveer almal’, sal moderering gedoen word op die berekende resultate gebasseer op die “Decision Guideline 2012 DOE-NPPPPR” en alle ‘Nie behaal’ resultate sal oorskryf word. Indien u hierdie verkeerdelik bereken het - kliek op die "Gebruik berekende resultate vir almal" knoppie om die aksie terug te rol en herstel na die ‘Berekende resultaat’.

Die stelsel sal steeds die ‘Berekende Resultaat’ vertoon en die gemodereerde resultaat langs dit.

HOE OM DIE ‘BEREKENDE RESULTAAT’ VIR ALLE LEERDERS TE GEBRUIK

  • Indien u ALLE ‘Gemodereerde Resultate’ wil terug verander na die ‘Berekende resultaat’, kliek op die "Gebruik berekende resultate vir almal" knoppie.
  • Kliek "Ja" om te bevestig.
  • Die ‘Gemodereerde Resultate’ kolom sal nou ‘uitgegrys’ vertoon en alle leerders van daardie spesifieke graad sal gepromoveer of teruggehou wees gebasseer op die ‘Berekende Resultaat’.

OORSIG VAN LEERDER PUNTE

  • Hierdie funksie sal u toelaat om ‘n volledige oorsig van leerder punte te kan besigtig
  • Kies die Jaar.
  • Kies die Graad.
  • Kies die Kurrikulum.
  • Kies die Formuletipe.
  • Alle leerders van die relevante jaar en graad sal vertoon word.

Vrae wat baie gevra word


Hoekom kan ek sekere grade nie sien nie?

Die relevante grade wat nie vertoon word onder ‘Finale Resultate’ nie, was geallokeer as ‘Geen berekening’ by My Skool > Kurrikulum  > Resultaat Riglyne - Slegs grade wat gekoppel is aan ‘n ‘2012 DOE NPPPPR guideline’, sal beskikbaar wees om te vertoon by My Skool > Kurrikulum > Finale Resultate.


© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Kwartaal Resultate

      My Skool > Kurrikulum > Kwartaal Resultate Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hierdie funksie stel die skool instaat om termyn resultate te kan bereken, monitor en te wysig. Die berekening van termyn resultate word outomaties ...
    • Kurrikulum Opmerkings

      My Skool > Kurrikulum > Opmerkings  Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat jou toe om opmerkings te skep wat op die rapport kan wys aan die einde van die jaar of termyn. Opmerkings kan bygevoeg word om op die Rapport ...
    • KURRIKULUM DATA VERSLAG

      ‘n Kurrikulum Data Verslag kan gegenereer word om die leeruitkomstes/komponente en hul assesserings wat bestaande is in die Databasis, te vertoon. Hierdie verslag sal beide die voorafopgestelde sowel as die assesserings wat per hand geskep is, ...
    • Resultaat Riglyne

      My Skool > Kurrikulum > Resultaat Riglyne Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie word gebruik om die berekeningsmetode van die promosie besluite per graad te bereken. Hierdie berekening bereken die resultate vir Termyne, ...
    • TEMPLAAT FORMULES

      My Skool > Kurrikulum > Templaat Formules Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel  Die berekening van promosiepunte word benodig vir alle leerders om te bepaal of leerders bevorder word of nie. Hierdie berekeninge word deur die stelsel ...