My Skool > Kurrikulum > Resultaat Riglyne
Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.
Hierdie funksie word gebruik om die berekeningsmetode van die promosie besluite per graad te bereken. Hierdie berekening bereken die resultate vir Termyne, Promosie punte, en Jaarpunte. Die resultaat riglyne kan opgestel word om leerders per hand te promoveer of outomaties te bereken volgens 'n berekeningsmetode.
Tans akkommodeer die stelsel slegs die berekeningsmetode soos deur die " National Policy Pertaining to the Programme and Promotion requirements of the National Curriculum statement" (2012 DOE - NPPPPR) vir Grade R - 12. Die endossement berekening vir die FET Fase (Graad 10-12) word ook met hierdie funksie opgestel.
Hoe om Resultaat Riglyne te koppel
Let wel dat jy tans slegs die resultaat riglyn "National Policy Pertaining to the Programme and Promotion requirements of the National Curriculum statement" (2012 DOE - NPPPPR) vir Grade R - 12 " kan kies.
- Dubbelkliek op die lyn (ry) waarin jy veranderings wil maak, die kieslys pyltjies sal verskyn en jy kan jou keuse maak vir die " Promosie Riglyn" en " Endossment riglyne" (Slegs van toepassing op Graad 10 - 12).
- Kies tussen die " 2012 DOE NPPPPR" riglyn" of "Geen berekening".
Die "Geen berekening" opsie is slegs beskikbaar om te kies as die " 2012 DOE NPPPPR" riglyne NIE gebruik word om die resultate vir 'n spesifieke graad te bereken nie. Wanneer jy die " Geen berekening" opsie kies sal die skool slegs kan voortgaan met die per hand metode om leerders te promoveer by My Skool > Leerders > Promosies.
- Slegs Grade wat gekoppel is aan die " 2012 DOE NPPPPR" riglyn sal beskikbaar wees om te besigtig onder My School > Kurrikulum > Finale Reslutate.
- Slegs Grade waaarvoor die " Geen berekening" opsie gekies is sal beskikbaar wees om per hand die leerders te promoveer onder My Skool > Leerders > Promosies.
Wanneer die "2012 DOE NPPPPR" opsie gekies is vir 'n spesifieke termyn kan die metode nie terugverander word word vir die spesifieke termyn nie. Dit beteken dat die formule vir die spesifieke termyn vir die gebruik sal word. Die metode kan slegs verander word vir die volgende termyn of jaar as " Geen berekening" eers gekies was vir die termyn of jaar.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.