Rapport Template

Rapport Template

My Skool > Kurrikulum > Rapport Template

Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.

Die Rapport Templaat opstelling word gebruik om die opsies/ voorkeure in te stel wanneer jy 'n rapport gaan druk. 

Die Skep of opdatering van rapport template

Dubbel kliek op 'n Templaat om te redigeer of op "Voeg by" om 'n nuwe templaat te skep.

Daar 5 tabs bo aan die bladsy is: Formaat, Punte, Slaagvereistes, Opmerkings en Handtekeninge.

Formaat tab

  • Lees die naam in in beide Engels en Afrikaans.
  • Kies die tipe briefhoof wat bo aan die rapport sal vertoon. Jy kan kies tussen Voorafgedrukte briefhoof, Standaard Briefhoof,  Digitale Briefhoof (jou eie briefhoof gestuur aan die Ondersteuningspan) en Provinsiale briefhoof.
    Nota: Indien u 'n ander logo vir die Gesiggie (Voorskoolse) rapport wil gebruik, stuur 'n voorbeeld na die Ondersteuningspan. 
  • Kies of jy afwesighede op die rapport wil druk en tot wanneer dit bereken moet word. Kies tussen die laaste dag van die kwartaal en 'n datum van u keuse..
  • Kies of jy die vak onderwyser se naam wil druk op die rapport en in watter formaat.
  • Kies of jy die skool se her-open datum wil druk.
  • Indien u die Digitale Briefhoof-opsie gebruik, dui aan waar op die bladsy die rapport moet begin druk om te voorkom dat die teks bo-oor die briefhoof druk.
  • Kies die rapport opskrif wat aan die bokant van die rapport sal druk. Jy kan kies tussen
    • Geen
    • Rapport,
    • Vorderingsverslag
    • Voorlopige Vorderingsverslag - Nie Finaal nie
    • Tussentydse verslag
    • Eie rapportopskrif om 'n volgende veld oop te maak waarin die opskrif getik kan word.
  • Kies die Skaaltabel wat gedruk moet word. Kies tussen Geen/Vlakke en beskrywings/Persentasies, vlakke en beskrywings
  • Kies die Skaaltabel volgorde.
  • Merk die blokkie as jy addisionele skale in die skaaltabel wil druk bv. "a" vir afwesig of "*" vir nie geskryf nie.
  • Kies die skaal tabel se lyn hoogte.
  • Kies die formaat van die leerder se naam op die rapport.
  • Kies die formaat van die graad.
  • Merk of kwartale vergelykend in kolomme langs mekaar gedruk moet word.
  • Dui aan of daar plek moet wees vir die skool stempel op die rapport.
  • Dui aan of die graad in hakies langs die vakke moet druk. (Hoofsaaklik vir skole waar leerders vakke van meer as een graad in 'n jaar neem)
  • Sleutel 'n lynhoogte vir die punte in.
  • Sleutel die wydte in van die punte kolom.
  • Sleutel die lettergrootte vir die puntekolom in.
  • Kies die datum formaat waarin jy die datum op die rapport wil druk.
  • Kliek op die "stoor" knoppie om die veranderinge te stoor.

Punte tab

Punte
  • Kies watter assesseringstipes jy wil druk op die rapport. Jy kan kies tussen Gekombineerde punte, SBA, PAT, Exam of ANA.
  • Kies watter punte tipes jy op die rapport wil druk. Jy kan kies tussen Persentasie, vlak, beide of Gesiggie (Voorskoolse rapporte).
  • Vir Gesiggie rapporte, kies of die resultaat met 'n kruis of 'n kol aangedui moet word.
  • Merk die blokkie as jy rou punte wil sien. Meer keuses sal oopmaak wanneer jy die desimale spasies inlees indien nodig.
  • Merk die blokkie as jy die gewigpunte wi sien. Meer keuses sal oopmaak wanneer jy die desimale spasies inlees indien nodig.
  • Merk die blokkie as jy die gemodereerde punte wil sien. Hierdie punte sal aangedui wees met 'n "#" simbool.
    Nota: Die funksie is slegs vir die promosiepunt in die laaste termyn van die jaar. Tiek hierdie blokkie in termyn 4. Die gemodereerde punte sal dan die oorspronklike punte oorskryf.
  • Merk die blokkie as wil hê dat die assesseringstipes moet apart druk. Verdere opsies sal oopmaak wat jou sal toelaat om die voorstelling van assesseringstipe punt te kies.  Jy kan kies tussen Persentasie, Vlak en beide.
Vak/ Leerarea, Komponent/ LU/ Taak of Assessering vlak
  • Kies tot op watter vlak jy wil hê die rapport moet punte druk. Jy kan kies tussen Vak/ Leerarea, Komponent/ LU/ Taak of Assessering.
  • Kies die agtergrond skakering, indien verkies, wat in die agtergrond van die vakke moet wys.
  • Lees die lettergrootte van die vak in.
  • Merk die blokkie as jy verkies om die lettertipe in vet skrif te druk vir die Vak.
  • Voorstelling: Kies die tipe punt wat op die rapport moet verskyn. U kan kies tussen Persentasie, Skaalpunt , Gesiggie (enkel kolom) of Slegs Gesiggies (meervoudige kolomme).
  • Opmerking: As u 'n ander logo op die Smiley-rapportkaarte wil hê, stuur 'n voorbeeld na Support.

Druk addisionele punttipes
  • Indien jy addisionele punttipes wil druk, kies die tipe wat gedruk moet word en of die Promosiepunte in 'n aparte kolom gedruk moet word.
    Nota: Addisionele punttipes kan van die Ondersteuningskantoor aangevra word.
  • Dui aan hoeveel desimale plekke op die rapportpunte vertoon moet word. Die oorspronklike punte in die stelsel sal nie verander nie.
  • Dui aan hoe die VOO leerdergemiddeld bereken moet word:
    Gemiddeld van alle vakke, of
    Kernvakke en beste 3 keusevakke: Vir leerders wie addisionele vakke neem, sal die beste 3 punte gebruik word. 
  • Dui aan of die graadgemiddeld gedruk moet word. LSEN leerder punte sal uitgesluit word van die graadgemiddelde behalwe as 'n rapport gedruk word vir 'n LSEN leerder. Die betrokke leerder se rapport sal die LSEN gemiddeld van die LSEN leerders in die graad wys.
  • Dui aan of  "Vakke wat nie deel vorm van die gemiddeld nie" onderaan die rapport as 'n aparte punte blok gedruk moet word. 'n Opsie sal beskikbaar word wat jou sal toelaat om te kies of jy die Leerder Gemiddeld vir die "Vakke wat nie deel vorm van die gemiddeld nie" wil druk.
  • Kliek op die "Stoor" knoppie om jou veranderings te stoor.

Slaagvereistes tab

  • Kies of jy die slaagvereistes wil druk. Die rede waarom 'n leerder nie slaag nie sal gedruk word. Bv. 50% in Huistaal word vereis.
  • Kies of vakke gedruip aangedui moet word (Punte word in rooi omkring). Die Omkringdrempel moet aangedui word by Stap 2 in die Leerprogram opstelling en by Vakspesifieke formules.
  • Lees die gekose opskrif vir die Resultaat en Endossement in.
  • Kies die tipe resultaat wat gedruk moet word. Kies tussen Druk niks, Druk kode (S/NA/R) en druk beskrywing (Slaag/Nie behaal/ Teruggehou)
    Nota: Indien hierdie nie druk nie, maak seker dat die resultaat riglyne is gekoppel by My Skool > Kurrikulum > Resultaat riglyne.
    Onthou dat jou Kwartaal Resultate (My Skool > Kurrikulum > Kwartaal Resultate) bereken moet word voor die punte op die rapporte sal druk.
  • Kies die posisie van die resultate.Tabel sal 'n resultaat onderaan elke termynpunt kolom druk, en Kommentaar sal 'n reel druk vir die termyn se resultate.
  • Druk leerder promosie resultate: Hierdie opsie moet SLEGS aan die einde van die jaar gekies word. Die reel: "Jy word bevorder na Graad 2. Baie geluk" sal gedruk word.
  • Kliek op die "Stoor" knoppie om jou veranderings te stoor.

Opmerkings tab:

  • Dui die opmerking lynhoogte aan.
  • Indien jy opmerkings vir vakke/ Leeruitkomstes wil druk, kliek op die Opmerkings tab.
  • Meer opsies sal vertoon waar jy kan kies om 'n sekere agtergrond skakering te druk of nie en lees die hoeveelheid leë lyne in wat jy wil druk na die opmerkings.
    Nota: Jy moet slegs hierdie opsie kliek as jy generiese opmerkings vir Vak/ Leeruitkomstes geskep en gekoppel het. (My Skool > Kurrikulum > Opmerkings) en (My Skool > Leerders > Opmerkings.)
  • Dui aan of Opvoeder opmerkings gedruk moet word. Meer opsies sal beskikbaar word waar jy kan kies of jy 'n raampie om die Opvoeder opmerkings te druk en kies die font grootte van die opmerkings. Jy kan ook 'n hoeveelheid leë lyne wat jy na die opmerkings wil druk insleutel.
  • Indien leë lyne vir Ouer-opmerkings gedruk moet word, dui die hoeveelheid lyne wat gedruk moet word.
  • Wanneer jy enige Biografiese inligting wil druk op die rapport, kies asseblief die toepaslike inligting wat gedruk moet word.
    Nota: Indien geen biografiese inligting ingelees is in die stelsel nie, moet asseblief nie die opsie kies nie.
  • Kliek op die "stoor" knoppie om die veranderings te aanvaar.

Handtekeninge tab

  1. Dui aan of 'n plek vir die Onderwyser handtekening gedruk moet word. Meer opsies sal wys waar jy die die Formaat van die naam (voorkeurnaam or voorletters) en die Titel van die onderwyser (voogonderwyser, opvoeder of eie titel) kan kies.
  2. Dui aan of 'n plek vir die Graadhoof handtekening gedruk moet word. Meer opsies sal vertoon waar jy die Titel van die onderwyser kan kies ( Graadhoof, Graadvoog, Voog, Adjunkhoof of eie titel.)
  3. Dui aan of 'n plek vir die Ouerhandtekening moet druk.
  4. Dui aan of 'n plek vir die Hoof se handtekening gedruk moet word. Meer opsies sal beskikbaar word waar jy die Formaat van die hoof se naam (Geen, Titel - Voorkeurnaam - Van of Titel - Voorletters - Van) en die Titel ( Geen , Waarnemende Hoof, Hoof, Adjunkhoof: Akademie en eie titel) kan kies.
  5. Dui aan of 'n datum onder die hoof se handtekening moet druk.
  6. Dui aan of die hoof se handtekening op die rapport moet druk.
    Nota: Die handtekening moet na die Ondersteuningspan gestuur word in 'n *jpg of *png formaat om op u d6+ stelsel gestoor te word. Slegs een hoof se handtekening kan gebruik word.
  7. Kliek op die " Stoor" knoppie om die veranderings te stoor.

Om Raporte te genereer

  1. Gaan na Verslae > Leerders > Rapporte
  2. Nou kan jy die rapporte druk gebasseer op die template wat jy ontwerp het.
 

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Kurrikulum Opmerkings

      My Skool > Kurrikulum > Opmerkings  Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat jou toe om opmerkings te skep wat op die rapport kan wys aan die einde van die jaar of termyn. Opmerkings kan bygevoeg word om op die Rapport ...
    • Sertifikaat Template

      My Skool > Prestasies >  Sertifikaat Template Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek Sertifikaat Template bepaal die uitleg van die verskillende items op die sertifikaat. Verskeie prestasies kan gekoppel word aan een sertifikaat templaat. ...
    • TEMPLATE FORMULAS

      This function enables the user to do the formula setup for mark calculations. The calculation of promotion marks is required for all learners, to determine whether learners are promoted or not. These calculations are facilitated by the system using ...
    • KURRIKULUM DATA VERSLAG

      ‘n Kurrikulum Data Verslag kan gegenereer word om die leeruitkomstes/komponente en hul assesserings wat bestaande is in die Databasis, te vertoon. Hierdie verslag sal beide die voorafopgestelde sowel as die assesserings wat per hand geskep is, ...
    • ASSESSERINGS

      My Skool > Kurrikulum > Assesserings  Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Al die KABV kurrikulum assesserings is vooraf opgestel op die stelsel. Indien u ‘n openbare skool is in Suid-Afrika, sal alle Vakke, Leeruitkomste/Take/Komponente ...