Kurrikulum Opmerkings

Kurrikulum Opmerkings

My Skool > Kurrikulum > Opmerkings 

Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.

Hierdie funksie laat jou toe om opmerkings te skep wat op die rapport kan wys aan die einde van die jaar of termyn.
Opmerkings kan bygevoeg word om op die Rapport die onderwyser se opmerkings vir 'n leerder per termyn, graad, vak of leeruitkomste (wat kan aangewend word vir leerders van toepassing) of dit kan bygevoeg word vir 'n spesifieke leerder vir 'n algemene opmerking, vak opmerking of Taak/ Leeruitkomste opmerking. Nadat die opmerkings in die Kurrikulum module geskep is moet dit in die Leerders Module (My Skool > Leerders > Opmerkings) aangewend word.
  • Die blady is verdeel in 7 tabs:  Termyn Opmerkings, Graad Opmerkings, Vak Opmerkings, Taak/ LU Opmerkings, Leerder Opmerkings, Leerder Vak Opmerkings en Leerder Taak/ LU Opmerkings.
  • Die eerste 4 tabs is vir opmerkings van toepassing op alle leerders vir die groep.
  • Die laaste 3 tabs is vir opmerkings van toepassing op individuele leerders.
Let wel: Jy hoef nie al die tabs op te stel voor 'n opmerking gekoppel kan word nie. Slegs die wat nodig is.
  • Op al die tabs kan jy kies hoe die die opmerkings vertoon moet word. Hierdie word gedoen deur die Status.
  • Almal: Hier vertoon al die Opmerkings wat geskep is.
  • Aktief: Hier vertoon slegs die Aktiewe Opmerkings wat geskep is.
  • Onaktief: Hier vertoon slegs Onaktiewe Opmerkings wat geskep is.
  • Geskrap: Hier vertoon slegs Geskrapte Opmerkings wat geskep is.
  • Wanneer jy opmerkings op die rapporte wil druk, kliek op My Skool > Kurrikulum > Rapporte.
  • Kies die betrokke Templaat  en kliek op " Redigeer gekose Templaat".
  • Kliek op die opmerkings "tab" .
  • Hier kan jy die opsies verander van hoe jy die onderwyser opmerkings wil druk op die rapport.

Hoe om 'n Termyn Opmerking (Tab 1) te skep

  • Termyn Opmerkings sal vertoon op elke Leerder se Rapport vir 'n spesifieke termyn. Wanneer jy die opmerking wil vertoon op elke termyn se rapport, moet jy die opmerking aan elke Termyn koppel.
  • 'n Nuwe Termyn Opmerking kan geskep word deur op " voeg nuwe by" te kliek.
  • Kategorie: Kies die Kategorie vir die Opmerking deur op die afpyltjie langs "algemeen" te kliek. Kies uit Algemeen, Positief, Negatief of Ou opmerkings ( wat gewoonlik opmerkings is wat van die vorige opmerkings module af oorgeneem is).
  • Opmerkingskode: Hierdie word geskep deur die stelsel en word outomaties toegeken dit kan nie geredigeer word nie.
  • Opmerking Afrikaans/ Opmerking Engels: Lees die opmerking in vir beide tale in die spasie daarvoor voorsien.
  • Spesiale tags: 
  • Jy kan spesiale velde kies wat outomaties sal verander na gelang van wat geskryf word. Bv. "Hy/Sy" wat sal verander soos dit nodig is.
  • Wanneer die opmerking se " Johan se punte het verbeter hierdie termyn. Ek is trots op hom" sal die volgende tags gebruik word: punte vebeter hierdie termyn. Ek is trots op hom.
  • Wanneer jy begin om in die Afrikaanse Opmerking blok te tik sal die volgende 2 knoppies beskikbaar word:
  • " Vertaal in Engels" Gebruik hierdie knoppie om 'n rowwe vertaling na die Engelse Opmerking blok te doen. Die Stelsel gebruik "Google Translate" vir hierdie Funksie. Jy sal die rekenaar geskepte vertaling moet hersien.
  • " Kopieer in Engels": Gebruik hierdie knoppie om jou opmerking te kopieer na die Engelse Opmerkings veld. Moet nie hierdie funksie gebruik as jy vertaal het na Engels nie.
  • Gaan asseblief na dat die Engelse Vertaling reg is.
  • Kliek op die "stoor" knoppie om die Termyn Opmerking te stoor. Die volgende boodskap sal onderaan die bladsy aan die regterkant vertoon: Sukses 1 Opmerking gestoor.

Hoe om  Graad Opmerking (Tab 2) te skep

  • Kliek op die Graad Opmerkings tab.
  • Graad opmerkings sal op elke Leerder se Rapport vertoon in die Spesifieke graad wat gekies is vir die spesifieke termyn. As jy wil he die opmerking moet in elke termyn vertoon moet jy dit koppel aan elke graad in elke termyn.
  • Om 'n nuwe Graad Opmerking te skep kliek op " voeg nuwe by".
  • Kategorie: Kies die kategorie vir die opmerking deur op die afpyltjie te kliek langs "Algemeen". Jy kan kies van Algemeen, Positief, Negatief, of Ou Opmerkings (wat gewoonlik opmerkings is wat van die vorige opmerkings module af oorgeneem is).
  • Opmerkingskode: Hierdie word geskep deur die stelsel en word outomaties toegeken dit kan nie geredigeer word nie.
  • Opmerking Afrikaans/ Opmerking Engels: Lees die opmerking in vir beide tale in die spasie daarvoor voorsien.
  • Verdere stappe is dieselfde soos wat dit onder Tab 1 beskryf is.
  • Kliek op die "stoor"knoppie om die Graad Opmerking te stoor.Die volgende boodskap sal onderaan die bladsy aan die regterkant vertoon: Sukses 1 Opmerking gestoor.

Hoe om 'n Vak Opmerking (Tab 3) te skep

  • Kliek op die tab vir Vak Opmerkings.
  • Vak Opmerkings sal vertoon op elke Leerder Rapport in die spesifieke graad vir die Spesifieke vak wat gekies is van die spesifieke termyn. As jy wil he die opmerking moet wys in elke Termyn moet jy die opmerking koppel aan elke termyn.
  • Om 'n Vak Opmerking by te voeg kliek op " voeg nuwe by".
  • Kategorie: Kies die kategorie vir die opmerking deur op die afpyltjie te kliek langs "Algemeen". Jy kan kies van Algemeen, Positief, Negatief, of Ou Opmerkings (wat gewoonlik opmerkings is wat van die vorige opmerkings module af oorgeneem is).
  • Verdere stappe is dieselfde soos wat dit onder Tab 1 beskryf is.
  • Kliek op die "stoor"knoppie om die Graad Opmerking te stoor.Die volgende boodskap sal onderaan die bladsy aan die regterkant vertoon: Sukses 1 Opmerking gestoor.

Hoe om 'n Taak/ LU Opmerking (Tab 4) te skep

  • Kliek op die tab vir Taak/ LU Opmerkings.
  • Taak/ LU Opmerkings sal vertoon op elke Leerder Rapport in die spesifieke graad vir die Spesifieke vak wat gekies is van die spesifieke termyn. As jy wil he die opmerking moet wys in elke Termyn moet jy die opmerking koppel aan elke termyn.
  • Om 'n Taak/ LU Opmerking by te voeg kliek op " voeg nuwe by".
  • Verdere stappe is dieselfde soos wat dit onder Tab 1 beskryf is.
  • Kliek op die "stoor"knoppie om die Taak/ LU Opmerking te stoor.Die volgende boodskap sal onderaan die bladsy aan die regterkant vertoon: Sukses 1 Opmerking gestoor.

Hoe om 'n Leerder Opmerking (Tab 5) te skep

Let wel: Daar is ook 'n funksie beskikbaar om persoonlike boodskappe vir Leerders in te lees asof jy 'n handgeskrewe boodskap.
  • Kliek op die tab vir Leerder Opmerkings.
  • Leerder Opmerkings sal vertoon op elke Leerder Rapport in die spesifieke graad vir die Spesifieke vak wat gekies is van die spesifieke termyn. As jy wil he die opmerking moet wys in elke Termyn moet jy die opmerking koppel aan elke termyn.
  • Om 'n Leerder Opmerking by te voeg kliek op " voeg nuwe by".
  • Verdere stappe is dieselfde soos wat dit onder Tab 1 beskryf is.
  • Kliek op die "stoor"knoppie om die Leerder Opmerking te stoor. Die volgende boodskap sal onderaan die bladsy aan die regterkant vertoon: Sukses 1 Opmerking gestoor.

Hoe om 'n Leerder Vak Opmerking (Tab 6) te skep

  • Kliek op die tab vir Leerder Vak Opmerkings 
  • Leerder Vak Opmerkings sal slegs vertoon op gekose leerders op hulle Rapport vir 'n spesifieke Termyn.
  • As jy die opmerking op elke termyn se rapport wil laat vertoon moet jy die opmerking aan elke termyn gaan koppel.
  • Om 'n Leerder Vak Opmerking te skep kliek op "voeg nuwe by".
  • Spesiale tags:
  • Byvoorbeeld as jy die volgende opmerking wil wys: "Johan het dit geniet om deel te neem aan  Kuns en Kultuur hierdie Termyn" sal jy die spesiale tags gebruik soos volg: " Noemnaam" het dit geniet om deel te neem aan "Vak" hierdie Termyn.
  • Kies die vak van die linkerkantste blok en plaas oor na die regterkantste blok.
  • Verdere stappe is dieselfde soos wat dit onder Tab 1 beskryf is.
  • Kliek op die "stoor"knoppie om die Leerder Vak  Opmerking te stoor.Die volgende boodskap sal onderaan die bladsy aan die regterkant vertoon: Sukses 1 Opmerking gestoor.  

Hoe om 'n Leerder Taak/ LU Opmerking (Tab 7) te skep

  • Kliek op die tab vir Leerder Taak/LU  Opmerkings.
  • Leerder Taak/LU Opmerkings sal slegs vertoon op gekose leerders op hulle Rapport vir 'n spesifieke Termyn.
  • As jy die opmerking op elke termyn se rapport wil laat vertoon moet jy die opmerking aan elke termyn gaan koppel.
  • Verdere stappe is dieselfde soos wat dit onder Tab 1 beskryf is.
  • Kliek op die "stoor"knoppie om die Leerder Taak/ LU Opmerking te stoor.Die volgende boodskap sal onderaan die bladsy aan die regterkant vertoon: Sukses 1 Opmerking gestoor.  

Hoe om 'n opmerking te Redigeer

  • Kliek op die relevante tab bv. Termyn Opmerking.
  • Kies om die Opmerking te besigtig deur op die status te kliek - Aktief, Onaktief of Geskrap.
  • Almal: Hier vertoon al die Opmerkings wat geskep is.Aktief: Hier vertoon slegs die Aktiewe Opmerkings wat geskep is.
  • Onaktief: Hier vertoon slegs Onaktiewe Opmerkings wat geskep is.
  • Geskrap: Hier vertoon slegs Geskrapte Opmerkings wat geskep is.
  • Dubbel kliek op die opmerking wat jy wil redigeer.
Let wel: Wanneer jy veranderings wil maak aan Vak of Taak/ LU opmerkings sal daar addisionele opsies vertoon.
  •  Doen die veranderinge wat nodig is en kliek op "stoor" om die veranderings te stoor.

Hoe om die status van 'n Opmerking te verander

  • Jy kan die status van die opmerking verander na Aktief, Onaktief of Geskrap.
  • Kliek op die relevante tab bv. Termyn Opmerking
  • Kies die opmerking volgens sy status.
  • Almal: Hier vertoon al die Opmerkings wat geskep is.Aktief: Hier vertoon slegs die Aktiewe Opmerkings wat geskep is.
  • Onaktief: Hier vertoon slegs Onaktiewe Opmerkings wat geskep is.
  • Geskrap: Hier vertoon slegs Geskrapte Opmerkings wat geskep is.
  • Dubbelkliek op die opmerking wat jy wil redigeer.
  • Verander die status deur op die kieslys in die Status veld te kliek.
  • Kies die status wat jy wil he.
  • Kliek op die " stoor" knoppie om die inligting te stoor.
  • Die kleur van opmerkings sal verander sodra die status verander is.
  • Geskrapte opmerkings sal wys in Rooi.
  • Onaktiewe opmerkings sal wys in Oranje.
Let wel: Jy kan ook die status verander van 'n Geskrapte/ Onaktiewe opmerking terug na Aktief deur dieselfde prosedure as hierbo te volg.

Vrae Beantwoord

Ek wil nie 'n algemene opmerking skep nie maar wil 'n persoonlike opmerking vir elke leerder skep

Gaan asseblief na My Skool > Leerders > Opmerkings om 'n persoonlike boodskap vir 'n leerder te te tik.

Hoekom druk die opmerking nie op die rapport nie


Wanneer jy opmerkings op die rapport wil druk gaan na Verslae > Leerders > Rapport. Kies die toepaslike templaat en " redigeer". Kliek op die "Opmerkings" tab" en kliek op die blokkie " Opvoeder opmerkings".

Hoe kan ek soek vir spesifieke opmerkings wat ek geskep het?

  • Kliek op My Skool > Kurrikulum > Opmerkings.
  • Lees die sleutelwoord in die "Filtreer" boksie in.




© Copyright d6 group (Pty) Ltd.


    • Related Articles

    • Leerder Opmerkings/ Kommentaar

      Hierdie funksie laat die gebruiker toe om die opmerkings wat in Skep Opmerkings Module geskep is te koppel aan leerders. En ook om die gebruiker riglyne te gee hoe om persoonlike boodskappe vir spesifieke leerders op te stel. Koppel 'n Termyn ...
    • Rapport Template

      My Skool > Kurrikulum > Rapport Template Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Die Rapport Templaat opstelling word gebruik om die opsies/ voorkeure in te stel wanneer jy 'n rapport gaan druk.  Die Skep of opdatering van rapport template ...
    • KURRIKULUM DATA VERSLAG

      ‘n Kurrikulum Data Verslag kan gegenereer word om die leeruitkomstes/komponente en hul assesserings wat bestaande is in die Databasis, te vertoon. Hierdie verslag sal beide die voorafopgestelde sowel as die assesserings wat per hand geskep is, ...
    • ASSESSERINGS

      My Skool > Kurrikulum > Assesserings  Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Al die KABV kurrikulum assesserings is vooraf opgestel op die stelsel. Indien u ‘n openbare skool is in Suid-Afrika, sal alle Vakke, Leeruitkomste/Take/Komponente ...
    • VAKKE

      My Skool > Kurrikulum > Vakke Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Al die CAPS kurrikulum vakke is reeds gelaai in die stelsel. Indien u skool 'n openbare skool is in Suid-Afrika, sal die vakke reeds beskikbaar wees op die stelsel. ...