Leerder Opmerkings/ Kommentaar

Leerder Opmerkings/ Kommentaar



Hierdie funksie laat die gebruiker toe om die opmerkings wat in Skep Opmerkings Module geskep is te koppel aan leerders. En ook om die gebruiker riglyne te gee hoe om persoonlike boodskappe vir spesifieke leerders op te stel. 

Koppel 'n Termyn Opmerking

  • Kliek op "Selekteer kwartaal" van die huidige jaar.
  • Kliek op "Kwartaal opmerkings" van die termyn waaraan jy die Termyn opmerking wil koppel.
  • Jy kan die tipe opmerking kies wat jy geskep het, bv. Algemeen, Positief, Negatief of ou opmerkings.
  • Kliek op die opmerking wat jy wil koppel aan die spesifieke termyn en dra dit oor na die regterblok.
  • Kliek op "stoor" om die opmerking te koppel.
  • Die boodskap " Sukses Opmerkings Gestoor" sal in die regterkanste onderste hoek van die skerm vertoon as die inligting korrek gestoor is.
  • Om terug te keer na die Hoofskerm kliek op die blokkie - Selekteer 'n jaar.

Koppel 'n Graad Opmerking

  • Kliek op "Selekteer kwartaal" van die huidige jaar.
  • Kliek op " Selekteer graad" van die termyn wat jy wil koppel aan die Graad opmerking.
  • Kliek op "Graad Opmerkings" van die Graad waarvoor jy die Graad opmerkings wil oplaai.
  • 'n Lys van die vooraf geskepte opmerkings sal vertoon.
  • Jy kan kies van die tipe opmerkings wat jy geskep het bv. Algemeen, Positief,  Negatief of ou opmerkings.
  • 'n Lys van die opmerkings wat geskep is sal vertoon vir die filter wat gekies is bv.Positief.
  • Kliek op die opmerking wat jy aan die termyn wil koppel en dra dit oor na die regter blok.
  • Kliek op "stoor" om die opmerking te koppel.
  •  Die boodskap " Sukses Opmerkings Gestoor" sal in die regterkanste onderste hoek van die skerm vertoon as die inligting korrek gestoor is.
  • Om terug te keer na die Hoofskerm kliek op die blokkie - Selekteer 'n jaar.

Koppel 'n Vak Opmerking

  • Kliek op "Selekteer kwartaal" van die huidige jaar.
  • Kliek op " Selekteer graad" van die termyn wat jy wil koppel aan die Graadopmerking.
  • Kliek op " Selekteer Vak" vir die graad waarvoor jy die vak opmerking wil koppel.
  • Kliek op " Vak Opmerkings" om die vak opmerkings te kies.
  • Jy kan die tipe opmerking kies wat jy geskep het bv. Algemeen, Positief, Negatief of ou opmerkings.
  • 'n Lys van die opmerkings wat geskep is onder die tipe sal vertoon. bv.Positief
  • Kliek op die opmerking wat jy wil koppel en plaas dit oor na die regter blok.
  • Kliek op "Stoor" om die opmerking te stoor.
  • Die boodskap "Sukses Opmerking gestoor" sal vertoon in die onderste regterkantste hoek.
  • Om terug te keer na die Hoof koppel opmerkings skerm, kliek op die blokkie "Kies jaar".

Koppel 'n Taak/ LU Opmerking

  • Kliek op "Selekteer kwartaal" van die huidige jaar.
  • Kliek op "Selekteer graad" van die termyn wat jy wil koppel aan die Graadopmerking.
  • Kliek op "Selekteer Vak" van die Vak van die LU/ Taak waaraan  jy die opmerking wil byvoeg.
  • Kliek op "Kies LU/Taak" 
  • Kliek op "Komponent/ Taak/ LO opmerkings"
  • 'n Lys van die opmerkings wat jy geskep het sal wys.
  • Jy kan die tipe opmerking wat jy geskep het bv. Algemeen, Positief, Negatief of ou opmerkings. 
  • 'n Lys van die opmerkings wat geskep is sal wys onder die filter wat jy gekies het. bv Positief.
  • Kliek op die opmerking wat jy wil koppel aan die spesifieke termyn en plaas dit oor na die regterblok.
  • Kliek op "Stoor "om die opmerking te koppel.
  • Die boodskap "Sukses Opmerking Gestoor" sal in die regter onderste hoek van die skerm vertoon.
  • Om terug te keer na die Hoof koppel opmerkings skerm kliek op die blokkie "Kies jaar".

Koppel 'n Leerder opmerking

  • Kliek op "Selekteer kwartaal" van die huidige jaar.
  • Kliek op "Selekteer Graad" van die termyn waaraan jy die die Graad opmerking wil koppel.
  • Kliek op "Leerder Opmerkings" van die graad en dan weer op "leerder opmerkings" van die registerklas om die leerders te sien.
  • Dubbelkliek op die leerder se naam sodat die volgende venstertjie oopmaak.
  • Daar is 3 maniere om 'n opmerking aan 'n leerder te koppel:
Opsie 1: Voeg generiese opmerkings wat geskep is by.
  • Dubbelkliek op die leerder se naam aan wie jy die generiese opmerking wil koppel.
  • Maak seker jy is op die tab - Vanaf Databasis.
  • Jy kan die tipe opmerking wat jy geskep het kies bv. Algemeen, Positief, negatief of ou opmerkings.
  • 'n Lys van die opmerkings wat geskep is sal wys vir die gekose filter bv. Algemeen.
  • Kies die opmerking wat jy aan die leerder wil koppel en plaas dit oor na regs. 
  • Kliek op "Stoor en Maak toe".
  • Die boodskap  "Sukses Opmerkings gestoor" sal wys in die onderste regterkanste hoek van die skerm.
  • Jy kan nou die volgende leerder kies en 'n generiese opmerking aan hom koppel.
 OF
Opsie 2: Voeg 'n Persoonlike opmerking by.
  • Kliek op die leerder se naam aan wie jy die persoonlike opmerking wil byvoeg.
  • Kliek op die " Persoonlike Opmerking" tab
  • Jy kan hier 'n persoonlike opmerking intik vir die leerder, in die blok daarvoor gemaak.
  • Wanneer jy klaar die opmerking ingesleutel het kliek op " stoor en maak toe".
  • Die boodskap " sukses opmerking gestoor" sal wys in die regter onderste hoek van die skerm.
  • Jy kan nou die volgende leerder kies en 'n persoonlike opmerking vir hom byvoeg.
OF
Opsie 3: Voeg 'n generiese en persoonlike opmerking by.

Kliek op die leerder se naam aan wie jy 'n generiese en persoonlike opmerking wil koppel.
  • Maak seker jy is op die " Vanaf Databasis" skerm.
  • Jy kan die tipe opmerking kies wat jy geskep het bv. Algemeen, Positief , negatief of ou opmerkings.
  •  'n Lys van van die opmerkings wat geskep is sal wys vir die filter wat jy gekes het. bv. Algemeen.
  • Kliek op die opmerking wat jy wil koppel en dra dit oor na die regterblok. 
  • Kliek op "Stoor" om die opmerking te koppel.
  • Kliek op die " Persoonlike opmerking" tab.
  • Jy kan nou die persoonlike opmerking vir die leerder inlees in die blok daarvoor opgestel.
  • Wanneer jy die persoonlike opmerking klaar ingelees het kliek op " Stoor en Maak toe".
  • Die boodskap " Sukses Opmerkings gestoor" sal in die regterkantste onderste hoek van die skerm vertoon.
  • Om terug te gaan na die Hoof koppel opmerkings skerm kliek op die blokkie "Kies jaar".

Hoe om enige opmerking aan 'n leerder te ontkoppel

Generiese opmerking
Volg die stappe vir hoe om 'n opmerking aan 'n leerder te koppel.
Kliek op die opmerking in die regterblok en plaas dit oor na die linkerblok.
Kliek op "Stoor en maak toe".

Persoonlike opmerking
Volg die stappe om die persoonlike opmerking aan die leerder te koppel.
Kies die persoonlike opmerking deur dit uit te lig en te verwyder "delete".
Kliek op "Stoor en maak toe".

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.



    • Related Articles

    • Kurrikulum Opmerkings

      My Skool > Kurrikulum > Opmerkings  Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat jou toe om opmerkings te skep wat op die rapport kan wys aan die einde van die jaar of termyn. Opmerkings kan bygevoeg word om op die Rapport ...
    • Leerder Ondersteuning

      Hierdie funksie laat die gebruiker toe om die ondersteuning wat aan leerders verleen word of voorstelle vir hulp wat deur die skool gedoen word te dokumenteer. Die skerm vertoon die bestaande inskrywings volgens die gekose jaar en kwartaal Kliek op ...
    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • LEERDER PROFIEL

      LEERDER PROFIEL Hierdie funksie skep ‘n verslag wat die basiese inligting van die leerder, soos van tyd tot tyd versoek tussen skole, vertoon. Dit is raadsaam om te verseker dat alle data velde op die leerder se profiel inligting volledig ingevoer is ...
    • LEERDER-FAMILIE

      Hierdie verslag word gegenereer om ‘n lys van leerder inligting asook familiekodes te vertoon. GENEREER LEERDER-FAMILIE VERSLAG Kies om te vertoon vir Alle leerders, Huidige of Verlate leerders. Kies om familiekodes te vertoon met Leerder inligting ...