Heffingskategorieë

Heffingskategorieë



Heffingskategorieë is die tipese fooie wat deur die skool gehef word. Dit kan byvoorbeeld Skoolgeld, Naskoolgeld, Etes, Ekstra Klasse of Kunsakademie insluit. Let wel: Slegs een skoolgeld heffingskategorieë  moet geskep word vir die hele skool, alhoewel verskillende betalingsopsies vir die skoolgeld betalingsopsie geskep kan word, bv. vir Gr. R of vir Gr. 1-7. Alvorens fakturering in die stelsel gedoen kan word, moet die opstelling vir fakturering eers gedoen word. Fakturering bestaan uit: Heffings en groeperingskategorieë en Betalingsopsies.

Indien daar nog geen heffingskategorieë opgestel is vir u skool nie, sal daar geen opsies vir 'n heffingskategorieë beskikbaar wees nie. U moet dus die heffingskategorieë opstel deur op die "voegby" knoppie te kliek:

  1. Heffingskategorie in Afrikaans: Hier moet u die naam van die tipe heffing insleutel. Onthou dat wat u hier invul sal op die rekeningstaat verskyn, bv. indien u hier invul Skoolgeld, sal ‘n faktuur op die rekeningstaat "Skoolgeld gehef" vertoon; ‘n kwitansie: "Skoolgeld betaal" en ‘n regstelling: "Skoolgeld reggestel". Dit is dus belangrik dat u hier nie sinne soos Skoolgeld vir graad 1-7 invul nie.
  2. Heffingskategorie in Engels: Vul die Engelse naam in, veral indien u rekeningstate aan sekere van u Ouers in Engels wil verskaf.
  3. Kies of daar openings balanse vir die kategorie ingelees gaan word. Dit is slegs van toepassing wanneer 'n skool oorskuif na die d6 stelsel en nog leerder openings balanse moet inlees.
  4. Kies of dit as 'n heffingskategorie gebruik gaan word.
  5. Kies of dit as 'n staatsgroepering kategorie gebruik gaan word. Indien wel, sal daar 'n aparte staat vir hierdie kategorie gedruk word.
  6. Elke leerder moet gekoppel word aan hierdie kategorie: Indien die heffing verpligtend is vir alle leerders (m.a.w. almal moet dit betaal) sal u "Ja" moet kies. Indien daar leerders is wat 'n afslag of vrystelling van byvoorbeeld skoolgelde kry, word dit op ‘n ander plek in die stelsel hanteer – u moet hier dus "Ja" kies vir Skoolgelde. Vir Naskoolgelde of Kunsakademie sal u "Nee" moet kies aangesien dit opsionele fooie is en alle leerders nie gedwing word om daaraan deel te neem nie.
  7. Meer as een van hierdie kategorie kan gekoppel word aan ‘n leerder: Hier moet u aantoon of meer as een betalingsopsie van hierdie heffingskategorie aan ‘n leerder gekoppel kan word. Indien dit Skoolgeld is, sal dit "Nee" wees. Indien u byvoorbeeld Ekstra Klasse as ‘n kategorie skep sal u hier "Ja" moet kies aangesien u ‘n betalingsopsie vir Wiskunde Ekstra Klasse, Wetenskap Ekstra Klasse ens. kan hê en 1 leerder aan beide van hierdie opsies gekoppel kan wees.
  8. Kies of dit 'n skoolgeld kategorie is. Let wel dat slegs skoolgeld gesien kan word as 'n skoolgeld kategorie.
  9. Kies die bank besonderhede vir die staatsgroepering. Hier kan ander bank besonderhede as die skool se bank besonderhede gekies word. Hierdie is gewoonlik van toepassing op naskool en koshuis wat hulle eie bank besonderhede het.
  10. Kies of daar 'n ander embleem  as die skool se embleem op die staat moet verskyn. Dit sal weereens weer van toepassing op 'n naskool of koshuis wees waar hulle, hulle eie embleem het.
  11. Kies in watter orde die kategorie moet verskyn op die leerder staat, maw, moet dit eerste, tweede, derde ens wees.
  12. Kliek op die "voegby"  knoppie en die kategorie sal bygevoeg word.
Onthou: Die blokkies met die rooi * is verpligte velde. Indien u nie die blokkies met die rooi * gaan invul nie, sal die stelsel u nie laat voortgaan nie.


Hoe om 'n heffingskategorie te redigeer

  1. Kliek op die sirkel onder die "gekies" kolom
  2. Kliek op die "redigeer" knoppie
  3. Bring die verandering aan
  4. Kliek op die "stoor" knoppie

Hoe om 'n heffingskategorie te verwyder

  1. Kliek op die sirkel onder die "gekies" kolom
  2. Kliek op die "verwyder" knoppie. Indien die heffingskategorie aan 'n betalingsopsie gekoppel is, sal u nie die heffingskategorie kan verwyder nie
© Copyright d6 group (Pty) Ltd
    • Related Articles

    • Debiteure Ouderdomsontleding Verslag

      Hoe om die ouderdomsontleding verslag te skep Kies die datum van die ouderdomsontleding Kies of die ouderdomsontleding vir Skool debiteure, Grootboek kontrole rekening, Invorderaar of Ander Debiteure moet wees Kies of die oudersontleding vir Alle ...
    • Debiteure Ontledings Verslag

      Hoe om die debiteure ontleding verslag te skep Kies of jy 'n debiteure ontleding wil doen per registerklas, huidige leerders, ingeskrewe leerders, verlate leerders of alle leerders. Kies die jaar. Kies of jy die transaksies oor 'n periode, vanaf 'n ...
    • Nuwe Debiteure Notas & Reëlings

      Finansies > Debiteure > Nuwe Debiteurenotas & Reëlings Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Daar is drie verskillende notas wat geskep kan word naamlik 'n interne nota, 'n teks nota en dan 'n reling om te betaal nota. ...
    • Debiteure Rekeninge

      Met hierdie funksie kan jy rekeninge skep vir die verskillende Invorderaars en ander debiteure van die skool. Dit sal die aanvang van alle debiteurtransaksies insluitend joernale, aanpassings, oorhandigings en kwitansies op die rekening fasiliteer. ...
    • Debiteure Joernaal

      Finansies > Debiteure > Joernale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kliek op die "doen 'n joernaal" knoppie en kies die tipe joernaal wat gedoen moet word, deur te kliek op die af pyltjie. U kan kies tussen "Debiteure ...