Intrek Van Bates

Intrek Van Bates


Met hierdie funksie kan die gebruiker bates vanaf ‘n Excel spreiblad in die stelsel intrek. Maak asseblief seker dat wanneer jy die Excel spreiblad weer inlees, dat jy nie dieselfde bate hoeveelhede inlees dat dit die totale vermeerder nie. Lees jou bates dus slegs een keer in en daarna net die verskille.

Hoe om bates in te trek

  • Kliek op die "Laai Bate Invoer Templaat Af" knoppie om die Bate Invoer Templaat Lêer af te laai. Hierdie lêer bevat die korrekte kolom opskrifte en uitleg vir die voorbereiding van jou Bate Invoer Lêer, asook instruksies oor hoe om jou Bate Invoer Lêer voor te berei
  • Berei jou Bate Invoer Lêer in 'n spreiblad-program soos Microsoft Excel voor. (indien jy nie 'n lisensie vir Microsoft Office besit nie, kan jy die gratis kantoor sagteware pakket LibreOffice vir beide PC en Mac by www.libreoffice.org aflaai)
  • Voer jou bate invoer lêer na 'n CSV-lêer ("Comma Separated Values") toe uit. (Maak seker jy verwyder die voorbeeld lyntjie.)
  • In Microsoft Excel 2010 en hoër, doen die volgende:
  • Kliek op "File", dan "Save As"
  • Onder "Save as Type", kies "CSV (Comma Delimited) (*.csv)" (wees versigtig om nie "CSV (Macintosh) (*.csv) of "CSV (MS-DOS) (*.csv)" te kies nie)
  • Onder "File name", spesifiseer 'n lêernaam (wees versigtig om dit nie te dwing na 'n .XLS of .XLSX lêer toe nie)
  • Kliek op "Save". Die stelsel sal 'n boodskap opbring wat sê "School_Assets.csv may contain features that are not compatible with CSV (Comma delimited). Do you want to keep the workbook in this format?"
  • Hierdie boodskap sal jou vra of jy wil voortgaan om die spreiblad as 'n CSV-lêer te stoor. Sommige funksies sal verlore gaan, maar is nie relevant tot die intrek funksie nie, soos kolom spasiëring, vetdruk opskrifte, ens. Kliek op "Yes" om voort te gaan.
  • In LibreOffice Calc, doen die volgende:
  • Kliek op "File", dan "Save As"
  • Onder "Save as Type", kies "Text CSV (.csv) (*.csv)"
  • Onder "File name", spesifiseer 'n lêernaam
  • Kliek op "Save". Die stelsel sal 'n boodskap opbring
  • Hierdie boodskap sal jou vra of jy wil voortgaan om die spreiblad as 'n CSV-lêer te stoor. Sommige funksies sal verlore gaan, maar is nie relevant tot die intrek funksie nie, soos kolom spasiëring, vetdruk opskrifte, ens. Kliek op "Use Text CSV Format" om voort te gaan
  • Die volgende boodskap sal op u skerm vertoon word: "Al die instellings behoort standaard te wees, so u kan voortgaan deur te kliek op "OK". Indien u onseker is, behoort die instellings vir die "Character set" te wees "Western Europe (Windows-1252/WinLatin 1)", "Field delimiter" behoort verkieslik 'n komma (,) te wees, en "Text delimiter" behoort verkieslik 'n dubbel-aanhalingsteken (") te wees, maar u kan spesifieer watter skeidings- en omhulsel-karakters u gebruik het gedurende die Bate Intrek Proses. Van die  merkblokkies behoort slegs die merkblokkie met die titel "Save cell contents as shown" gemerk te wees."
  • Merk die merkblokkie indien jou bates-lêer kolom opskrifte bevat. Indien jy die Bate Invoer Templaat Lêer gebruik het om jou Bate Invoer Lêer voor te berei, sal hierdie van toepassing wees.
  • Stel die veld skeidingskarakter. Indien jy die instruksies hierbo gevolg het, behoort dit 'n komma (,) te wees, soos per die standaard instellings (sien die nota hieronder indien u Microsoft Excel gebruik). Indien jy onseker is, los dit as 'n komma (,).
  • Stel die veld omhulsel-karakter. Indien jy die instruksies hierbo gevolg het, behoort dit 'n dubbel-aanhalingsteken (") te wees, soos per die standaard instellings. Indien jy onseker is, los dit as 'n dubbel-aanhalingsteken (").
  • Kliek op die "volgende" knoppie om voort te gaan.
  • Indien jy die Bates Invoer Templaat Lêer gebruik het, sal die Databasis Velde outomaties gekoppel word aan die ooreenstemmende Veld Opskrifte onder die Databasis Velde kolom. Andersins, kliek en sleep die Databasis Veld aan die regterkant en koppel hul aan die ooreenstemmende waarde in die Databasis Velde kolom
  • Wanneer al die beskikbare Databasis Velde gekoppel is, kliek op die "voer bates in" knoppie om die bates te begin intrek
  • Die stelsel sal 'n kennisgewing opbring wat bevestig hoeveel lyne op die templaat is en hoeveel bates ingevoer gaan word. Verder noem dit dat jy op die bladsy moet bly en dat die rekenaar aan die internet gekoppel moet wees tydens die invoer proses. Laastens gaan dit vra of jy seker is of jy met die invoer wil begin
  • Kliek op Ja om voort te gaan met die intrek proses. Jy moet aan die internet gekoppel bly en op die bladsy bly vir die intrek proses om te voltooi.
  • Indien geen foute plaasgevind het gedurende die intrekproses nie, kan jy voortgaan om op die "koppel bate eienaar velde"  knoppie te kliek.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd
    • Related Articles

    • Bestuur Ingevoerde Bates

      Hoe om ingevoerde bates se beskrywing te wysig Kies die eienaar van die bate by "Eienaar" Kies die area van die bate by "Area" Om die batelys te filtreer, kan jy die bate beskrywing in die Soek veld intik en dan kliek op die "soek" knoppie. Kliek op ...
    • Bates Oorsig

      My Skool > Bates Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat die gebruiker toe om 'n bateregister op te stel vir die skool onder die volgende opskrifte: Bate Kategorieë Besigtig of druk die lys van bate kategorieë. Die lys ...
    • Koppel Ingevoerde Velde

      Met hierdie funksie kan die gebruiker die ingevoerde bate velde koppel. Dit sluit in die eienaars, toesighouers, areas, toestande, maateenhede, kategorieë, befondsing bronne en verskaffers. Alle velde wat ooreenstem met stelselvelde sal outomaties ...
    • Bestuur Betalingsreëlings

      Hier sal jy al jou betalings reëlings kan besigtig en bestuur. Daar is ook seker sms'e wat hiervan af gestuur kan word. Kies die datum van die reëlings wat jy wil besigtig. In die "nagekom" kolom kan jy aandui of die betaling nagekom of gedeeltelik ...
    • Bank Staat Intrek

      Om bankstate te kan intrek benodig jy 'n elektroniese kopie van jou bankstaat Hierdie elektroniese kopie kan verkry word deur verskeie maniere, maar die mees algemene metode is om aan te meld by die internet bankdienste webblad van jou bank, sodat jy ...