Klaskamers

Klaskamers

My Skool > Personeel > Klaskamers

Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.
Hierdie funksie stel jou in staat om klaskamers te koppel aan personeel, en om nuwe klaskamers te skep, of om klaskamers, personeel of leerders te ruil.

Skep 'n nuwe klaskamer

Let wel dat die stelsel onderskei tussen " Klaskamers gebruik in 'n jaar" en " Klaskamers nie gebruik " vir een jaar nie. Kies die relevante opsie.
Kliek op die "skep klaskamer" knoppie.

Klaskamer Inligting

  • Op die klaskamer inligting bladsy moet jy 'n klaskamer nommer inlees en aandui of dit vir 'n registerklas gebruik gaan word of nie.
  • Byvoorbeeld die biblioteek het 'n klaskamer nommer maar is nie 'n registerklas nie.
  • Let op dat dieselfde klasnommer nie meer as een keer gebruik kan word nie.

Registerklas Inligting

  • Kies die graad en lees 'n beskrywende naam in die Registerklas verwysing veld in soos Bytjies, 2/25 ens. (As jy beplan om die d6+ Rooster funksie te gebruik kan die klasnaam nie langer as 10 karakters wees nie.)
Let wel: hierdie verwysing word langs elke graad gebruik bv. as 'n leerder in Graad 2 A is moet jy net die "A" in die Registerklas Verwysingsveld inlees.
  • Vir dubbel medium skole (skole wat individuele klasse per onderrig taal aanbied) sal beide Engels en Afrikaans (of ander tale wat die skool opgestel het) beskikbaar wees om te kies as die onderrigtaal van die klas.
  • Vir Parallelmedium skole (skole wat meer as een onderrigtaal aanbied in dieselfde klas) sal die tale sowel as die opsie " meer as een taal" beskikbaar wees om te kies.
  • Die Voogonderwyser sal in die kieslys verskyn as hy/ sy nie reeds aan 'n klaskamernommer gekoppel is nie.
  • Kliek op die "voeg by" knoppie wanneer jy klaar is.

Redigeer 'n nuwe Klaskamer

  • Indien jy veranderinge wil aanbring op 'n bestaande klaskamer, kliek op die "redigeer" knoppie langs die betrokke klas.
  • Wanneer 'n nuwe onderwyser op die stelsel geregistreer is en nog nie aan 'n klaskamer gekoppel is nie sal hy/haar naam op die lys verskyn in die kieslys.
  • Wanneer jy meervoudige registerklasse aan 'n personeellid wil koppel, gaan na My Skool > Algemeen > Skoolopstelling en by die "Meervoudige registerklasse per personeellid" veld verander die keuse na "Ja".
  • Kliek op die "stoor" koppie om die inligting te stoor.

Ruil klaskamers om

  • Om klaskamers om te ruil kliek op die sirkeltjie langs die klas naam en kliek op die "ruil klaskamers om" knoppie.
  • Kies die klaskamer wat omgeruil moet word.
  • Kies of die onderwysers, leerders en/ of registerklas verwysing ook geruil moet word, anders sal slegs die klaskamernommer ruil.
  • Kliek op "gaan voort" wanneer jy klaar is.



© Copyright d6 group (Pty) Ltd


    • Related Articles

    • KLASKAMERS

      My Skool > Personeel > Klaskamers Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. SKEP VAN 'N NUWE KLASKAMER (Let daarop dat die stelsel onderskei tussen “Klaskamers in gebruik in ‘n jaar” en “Klaskamers NIE in gebruik” gedurende ‘n jaar nie.  Kies ...
    • Personeel

      My Skool > Personeel > Personeel Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Elke personeellid se besonderhede moet op die stelsel ingelees word. Dit sluit in inligting vir alle personeel ongeag of hulle deur die Departement van Onderwys of ...
    • Personeel Registers

      Bywoningsregisters word gebruik om bywonings per hand aan te teken. Daar is ‘n ander verslag om vorige bywonings te toon, naamlik Personeel Teenwoordighede Hoe om personeel bywoningsregisters te skep Kies om die register vir ‘n spesifieke tydperk te ...
    • Personeel Registrasievorms

      Hoe om personeel registrasievorms te skep Kies of jy die Kategorie lys wil druk. Kliek op die "besigtig" knoppie om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n .PDF dokument. Jy sal Adobe Acrobat Reader nodig hê om hierdie dokument te kan ...
    • Personeel Verlofaansoek

      Hoe om personeel verlofaansoekvorms te skep Kliek op die "besigtig" knoppie om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n .PDF dokument. Jy sal Adobe Acrobat Reader nodig hê om hierdie dokument te kan besigtig © Copyright d6 group (Pty) ...