Personeel

Personeel

My Skool > Personeel > Personeel

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel
Elke personeellid se besonderhede moet op die stelsel ingelees word. Dit sluit in inligting vir alle personeel ongeag of hulle deur die Departement van Onderwys of die Beheerliggaam betaal word. Ons moet verseker dat al die inligting wat ingelees is korrek is. Let wel die inlees van Personeellede is 'n aanhoudende prosedure.
Dis is die beste om seker te maak dat die ID nommers van al die personeel ingevul is. As die inligting nie korrek is nie sal LURITS die data verwerp.
As 'n personeellid nie op die stelsel gelaai is nie, sal ander funksies in die stelsel nie reg werk nie bv die klaskamer opstelling.
Kliek op die " laai personeellid" knoppie. Die volgende afdelings sal vertoon wat voltooi moet word:
  • Personeel inligting
  • Naasbestaande inligting
  • Mediese fonds Inligting
  • Aanstellings Inligting
  • Rekenaarvaardigheid
  • Kwalifikasie en ondervinding Inligting
  • Program Toelating Inligting
  • Kommunikasie Regte Inligting
  • Program regte Inligting
  • Leerder oorsig Regte
  • Toegang tot Excel Apps Inligting

Personeel Inligting

  • In die eerste afdeling word die Personeellid se Inligting ingelees.
  • Die velde met rooi * is verpligtend. Dit is belangrik sodat jy kan aangaan na die volgende stap.
  • Lees versigtig wat in elke veld gevra word om die proses vinniger te maak.
  • Kies die kategorie waar die personeellid die meeste van sy/haar tyd spandeer. Deur op die kieslys by kategoriee te kies kry jy die keuse: intermediere fase, senior fase, skoolhoof ens.
  •  Wanneer die personeellid betrokke is by meer as een kategorie, bv. om op die beheerliggaam te dien, moet die beheerliggaam kategorie gekies word in die Bykomende Kategorie Veld, plaas die keuse oor na die regterblok.
  • Jy moet 'n " aangestel as" opsie kies bv. onderwyser, onderhoof, hoof ens. Jy moet ook aandui op watter datum die personeellid aangestel is by jou skool en of hy/sy permanent of tydelik in diens geneem is.
  • Die PERSAL nommer is die nommer wat deur die Staat aan die personeel gegee word op hulle Salarisstrokie.
  • Die SACE registrasie nommer is die nommer wat aan onderwysers toegeken word.

Kwalifikasie en ondervinging Inligting

  • Kies die personeellid se kwalifikasie, van die lys af. 
  • Beskrywing van die kwalifikasie 
  • Professionele Graad BEd Graad 
  • Akademiese Graad BA/ BSc / BCom
  • Opvoedkundige kwalifikasies: HOD, NGOS, Diploma van 'n Onderwys kollege.
  • Tegniese Diploma: NT (N4) kwalifikasie.
  • Let wel: Meer as een van hierdie kategoriee kan gekies word.
  • By die vlak van kwalifikasie, kies die vlak van ondervinding en jare ondervinding soos op jou bladsy vertoon.

Program Toegang Inligting: Slegs die Stelsel Adinistrateur / Superuser kan hierdie stap voltooi. 

  • Die volgende afdeling dui die gebruikersregte op die stelsel aan en word gedoen deur die Stelseladministrateur/ Superuser, aangewys deiur die Skoolhoof..
  • Skep die gebruiker se " gebruikersnaam"
  • Kies die verstek "program taal". Dit sal die taal wees waaring die stesel vertoon wanneer hierdie gebruiker inskakel.
  • By " Stuur gebruikersinligting via", kies die "e-pos" of " sms" opsie. Dit is verpligtend om een van hierdie die velde te voltooi in die profiel. Hierdie funksie sal die gebruiker toelaat om 'n wagwoord op te stel vir sy profiel.
  • "Lees take vertraging (in sekondes)" : Die hoeveelheid sekondes wat 'n gebruiker moet wag om take te lees.
  • Sekuritiets funksies kan deur die Superuser vasgestel word. 

Kommunikasieregte Inligting

  • Gee kommunikasieregte aan die personeellid deur op die af pyltjie te kliek en kies "Ja" of "Nee".
  • Let asseblief daarop dat die regte om die Excel data onttrek funksie te gebruik sal die Terme en Voorwaardes tussen d6 en die skool verander.

Programregte Inligting

  • Gee programregte vir die personeellid deur op die afpyltjie te kliek en kies tussen " geen", " besigtig" en "besigtig en wysig".
  • Daar is n addisionele stelling beskikbaar om toegang na Rapport template te beheer.
  • Kliek op die groen " stoor" knoppie om die inligting te stoor.

Sekuriteit funksies

Toegang gesluit na 5 onsuksesvolle aanteken pogings

'n Sekuriteitsfunksie is ingestel om die risiko te beperk van pogings om toegang te kry tot gebruikersrekeninge deur herhaaldelik die wagwoord te raai. Indien die verkeerde wagwoord 5 keer in 'n ry insleutel sal die rekening tydelik gesluit word vir 60 minute, en die stelseladministrateur (Superuser) sal ook per e-pos ingelig word. Die gebruikerrekening kan op 3 maniere ontsluit word:
  1. Die gebruiker kan eenvoudig wag vir 60 minute vir die rekening om outomaties ontsluit te word en dan weer met die korrekte wagwoord in te teken.
  2. Die gebruiker kan die "Forgot Password" funksie gebruik om 'n nuwe wagwoord op te stel. Die volgende inligting sal benodig word: Skool ID, gebruikersnaam en die epos adress soos dit op die gebruiker se profiel in d6+ ingevul is.
  3. Die stelseladministrateur (Superuser) kan die personeellid se rekening ontsluit by My Skool > Personeel > Personeel.
2-Faktor verifikasie kan ook deur die Superuser/Stelseladministrateur opgestel word.  
Twee faktor verifikasie (2FV) voeg ekstra sekuriteit by u gebruikersrekeninge. Na inlesing van die wagwoord sal gebruikers gevra word om 'n unieke kode in te sleutel wat per e-pos of sms gestuur sal word.
  1. Gebruikers kan hul skootrekenaar / lessenaar rekenaar / selfoon vir drie maande as 'n vertroude toestel aandui.
  2. Vertroude toestelle benodig nie 2FV wanneer u op d6+ aanteken nie.
  3. Na 3 maande moet die vertroude toestel weer aangedui word.

Hoe om 'n Personeellid te redigeer

  • Wanneer jy veranderinge wil aanbring op 'n personeellid se profiel:
  • Kliek op die sirkeltjie links van die Personeellid se naam en kliek op die "redigeer" knoppie onder aan die bladsy.
  • Die bladsy sal al die inligting vertoon soos dit opgestel is en jy kan dit verander soos nodig.
  • Kliek die groen "stoor" knoppie onderaan die blasy om die inligting te stoor.

Hoe om 'n Personeellid te verwyder

  • Kliek op die " verwyder (rooi ronde knoppie met 'n wit kruisie op) knoppie langs die personeellid se naam.
  • Daar sal 'n nuwe bladsy oopmaak waar jy sal moet bevestig dat jy die personeellid wil verwyder. Kies "Ja".
  • Die personeellid sal nie meer op die "huidig" lys wys nie, maar as jy die rekord wil besigtig kies " verlaat" personeel by kies 'n " status" en dan sal jy die rekord kan besigtig.



Vrae wat gereeld gevra word

Wie kan personeellede byvoeg of redigeer op die stelsel?

Slegs die personeellid wat as die "Super User" of "Administrateur" van die stelsel kan personeel inligting inlees of verander. Die persoon moet aanteken "inlog" as die "superuser" met 'n spesiale wagwoord.

Wat gebeur as ek die Program Toelating Inligting afsit?

Al die gebruikerregte sal nie meer besikibaar wees nie.




© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • SEKURITEIT

      Twee-Faktor Verifikasie Twee faktor verifikasie (2FV) voeg ekstra sekuriteit by u gebruikersrekeninge. Na inlesing van die wagwoord sal gebruikers gevra word om 'n unieke kode in te sleutel wat per e-pos of sms gestuur sal word. Slegs die Superuser ...
    • Data Verifikasie

      Verslae > Personeel > Data Verifikasie Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hoe om 'n data verifikasie vorm te genereer vir 'n personeel lid Kies om die vorms te genereer vir aktiewe personeel of verlate personeel Kies die personeel ...
    • PERSONEEL DOKUMENTE

      Dokumente of fotos vir personeellede, ouers en/of leerders kan gestoor word. U kan dit gebruik om bv. 'n afskrif van 'n persoon se ID, geboortesertifikate, bewys van verblyf, immuniseringskaart, afskrif van die vorige skool se rapport, en ander ...
    • Personeel Registers

      Bywoningsregisters word gebruik om bywonings per hand aan te teken. Daar is ‘n ander verslag om vorige bywonings te toon, naamlik Personeel Teenwoordighede Hoe om personeel bywoningsregisters te skep Kies om die register vir ‘n spesifieke tydperk te ...
    • Personeel Registrasievorms

      Hoe om personeel registrasievorms te skep Kies of jy die Kategorie lys wil druk. Kliek op die "besigtig" knoppie om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n .PDF dokument. Jy sal Adobe Acrobat Reader nodig hê om hierdie dokument te kan ...