Leerder Openings Balanse

Leerder Openings Balanse

Finansies > Debiteure > Leerder Openings Balanse

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel

Met hierdie funksie word leerder (debiteur) openingsbalans joernale gepos. Hierdie funksie hou nie verband met die algemene grootboek openingsbalans joernaal (balansstaat openingsbalans) nie. Tref voorsorg om nie die algemene grootboek openingsbalans joernaal te pos alvorens die leerder openingsbalans joernaal geproseseer is nie. Hierdie funksie is dus slegs beskikbaar terwyl die algemene grootboek openingsbalans joernaal nog nie gepos is nie. Die leerder openingsbalanse moet nie geproseseer word met ‘n gewone joernaal inskrywing nie.  Hierdie spesiale funksie is geskep vir hierdie doel.

Hoe om leerder openings balanse te laai.

Tref voorsorg om nie die algemene grootboek openingsbalans joernaal te pos alvorens die leerder openingsbalans joernaal geproseseer is nie.
  • Jy kan vir leerder inligting soek deur dit in die soekveld tabel te tik.
  • Sleutel die leerder se debiet openingsbalans in die debiet kolom in by  en kredietbalans by die krediet kolom in by . Moenie die negatiewe teken (-) by die krediet kolom invoeg nie. Gebruik slegs positiewe bedrae.
  • Soos wat jy openingsbalanse insleutel, stoor hulle outomaties. Die balans van die openingsbalanse sal verskyn in die kolomhoof bo aan die bladsy. . Hierdie balans moet uiteindelik ooreenstem met die ge-ouditeurde balansstaat debiteure balans van die vorige finansiële jaar.
  • Sodra jy hierdie proses voltooi het, kan jy voortgaan met die algemene grootboek openingsbalansjoernaal proses.

Hoe om leerder openings balanse te laai deur middel van 'n templaat.

Tref voorsorg om nie die algemene grootboek openingsbalans joernaal te pos alvorens die leerder openingsbalans joernaal geproseseer is nie.
  • Laai die Excel templaat af deur op die "laai excel templaat af" knoppie te druk.
  • Jy kan die templaat ook aflaai via Google Sheets en dit word ook gedoen deur op die "maak google sheets templaat oop" knoppie te druk. 
  • Sodra die templaat afgelaai is, kan jy dit op jou rekenaar stoor.
  • Die leerder openings balanse kan dan op die templaat, onder die "saldo" kolom ingevul word.
  • Indien die leerders 'n nul rand saldo gehad het op die vorige stelsel, sal daar weer 'n nul rand balans ingelees moet word as 'n openings saldo.
  • Leerders wat 'n krediet as 'n afsluitings saldo gehad het op die vorige stelsel, moet ingelees word as 'n negatiewe bedrag sodat die stelsel kan sien dat dit 'n krediet is.
  • Leerders wat 'n debiet saldo as 'n aflsuitings saldo gehad het, sal as 'n positiewe saldo ingelees word.
  • Wanneer al die saldo's vir die leerders gelaai is, stoor die templaat met die nuwe saldo's op jou rekenaar.
  • Om die templaat in die stelsel op te laai, kliek op die "kies leer" knoppie.
  • Kies die templaat wat op jou rekenaar gestoor is.
  • Kliek op die "open" knoppie
  • Kliek op die "trek leer in" knoppie.
  • Die saldo's sal nou op die stelsel verskyn en jy sou dit nodig wees, sal jy nog steeds op die stelsel skerm veranderinge kan aanbring.
    • Die vorige familiekode kan in die kolom "Ou familikode"-kolomingevoer word. Hierdie kode sal tussen hakies na die familienaam op die stelsel en op state verskyn.
    •   As daar 'n gesin met meer as 1 leerder is, word dieseldfde kode vir al hierdie leerders ingevul.
    •   As die leerders verskillende familiekodes in die ou stelsel gehad het en die leerders nou in d6+ in een gesin is, stel ons voor dat die ou familiekode so gekombineer en ingelees word op alle leerders van die nuwe familie, byvoorbeeld "KRU001 KRU002" .
  • Die openings balanse kan nog ten enige tyd weer in excel afgelaai word, verander word en weer op die stelsel ingetrek word.


Sodra die Leerder Openings Balans Joernaal gepos is, sal die knoppie verdwyn en sal die funksie nie meer beskikbaar wees nie.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd
    • Related Articles

    • Hersien Leerder Heffings

      Met hierdie funksie word leerder heffings hersien wat ingevoer is in die sisteem deur ‘n gebruiker wat nie regte het om die heffings te wysig nie. Die hersiening van leerder heffings is nodig elke keer wanneer ‘n leerder bygevoeg is deur ‘n persoon ...
    • Debiteure Ouderdomsontleding Verslag

      Hoe om die ouderdomsontleding verslag te skep Kies die datum van die ouderdomsontleding Kies of die ouderdomsontleding vir Skool debiteure, Grootboek kontrole rekening, Invorderaar of Ander Debiteure moet wees Kies of die oudersontleding vir Alle ...
    • Debiteure Rekeninge

      Met hierdie funksie kan jy rekeninge skep vir die verskillende Invorderaars en ander debiteure van die skool. Dit sal die aanvang van alle debiteurtransaksies insluitend joernale, aanpassings, oorhandigings en kwitansies op die rekening fasiliteer. ...
    • Debiteure Joernaal

      Finansies > Debiteure > Joernale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kliek op die "doen 'n joernaal" knoppie en kies die tipe joernaal wat gedoen moet word, deur te kliek op die af pyltjie. U kan kies tussen "Debiteure ...
    • Heffingskategorieë

      Heffingskategorieë is die tipese fooie wat deur die skool gehef word. Dit kan byvoorbeeld Skoolgeld, Naskoolgeld, Etes, Ekstra Klasse of Kunsakademie insluit. Let wel: Slegs een skoolgeld heffingskategorieë moet geskep word vir die hele skool, ...