LEES PUNTE IN PER LEERDER

LEES PUNTE IN PER LEERDER


My Skool > Leerders > Punte > Punte per Leerder

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel

Lees punte in per leerder

Hierdie funksie laat die gebruiker toe om punte per leerder in te lees.  Dit is ideaal vir leerders wat in die middel van die jaar inskryf by die skool en waarvoor daar punte van die vorige skool ingelees moet word vir verslaggewings doeleindes. Sodra ‘n nuwe leerder geregistreer is, kan vakke gekoppel word aan die leerder en dan kan bestaande punte ingelees word per vak.
  • Die skerm het 3 ‘tabs’ - wat die stappe aantoon wat gevolg moet word.
  • Stap 1  - Kies Vakke
  • Stap 2  - Bestuur Vakke
  • Stap 3   - Lees punte in


STAP 1  - KIES VAKKE

  • Kies die Jaar
  • Tik die relevante ‘Soek Leerder’ inligting direk by die ‘soek blok’ in.  (bv. volle name, noemnaam, van, familiekode of toelatingsnommer). Die stelsel sal outomaties alle inligting filter wat ooreenstem met jou ‘soek kriteria’. Tik ten minste 3 karakters in, terwyl jy tik sal die stelsel begin filter in ooreenstemming met die inligting wat jy intik
  • Kies die relevante Kwartaal of ‘Alle Kwartale’.
  • Kies die relevante Vak(ke) - Kliek op die toepaslike vakke en plaas hulle oor na regs deur opd ie regs pyltjie te kliek.
  • Kliek op die stoor knoppie om die vak(ke) aan die leerder te koppel.

STAP 2  - BESTUUR VAKKE

  • Kies die relevante Kwartaal of ‘Alle Kwartale’.
  • Dubbel kliek op die relevante Vak
  • Kies ‘n Vakgroep om te koppel van die kieslys af.
  • Kliek op die stoor knoppie om veranderinge te stoor.
  • Volg hierdie proses vir al die leerder se vakke

STAP 3  - LEES PUNTE IN PER LEERDER

My Skool > Leerders > Punte > Punte per Leerder

  • Kies die relevante Kwartaal of ‘Alle Kwartale’.
  • Kies die relevante Vak

U sal slegs ‘n Vak vir ‘n spesifieke kwartaal kan kies. Indien u gekies het om ‘Alle Kwartale’ te besigtig  , dan sal die stelsel slegs ‘n opsomming van ‘Alle Vakke’ vertoon.

  • Vir bestaande leerders waarvoor daar reeds punte ingelees is - Die Leerder Vak Punte sal opgesom wees per kwartaal
  • Vir ‘n Nuwe leerder moet die punte eers ingelees word vir elke kwartaal
  • Kies ‘n kwartaal om die punte per kwartaal te vertoon (Vir bestaande leerders waarvoor daar alreeds punte ingelees is) en hierdie punte in berekening gebring is vir die finale vak punt.
  • Kies die Vak waarvoor u ingeleesde punte wil besigtig
  • Ingeleesde punte sal vertoon word soos in die Leerprogram opstelling
  • U sal opmerk dat punte slegs onder sekere punte tipes ingelees/aangepas kan word (SBA, PAT, Eksamen, ANA). In hierdie geval is dit van toepassing op Eksamen punte aangesien Eksamen tipe die enigste punt tipe was wat opgestel is in die Kwartaal Leerprogram.
  • Om punte in te lees, kliek op die  knoppie - Neem asseblief kennis dat hierdie funksie slegs beskikbaar is vir dieselfde vlak waarop punte voorheen ingelees is.
  • ‘n Nuwe ‘Punte’ veld is bygevoeg  - Punte kan nou ingelees word vir die beskikbare punte tipe(s) deur die skaalpunt en die ‘punt uit’ in die relevante blokkies in te lees.  Die stelsel sal die % en Vlak vir die spesifieke punt outomaties bereken en ook die relevante punte in die volgorde hierbo (bv. Leeruitkomste en Vak punte).
  • Kliek op die "aanvaar veranderinge" knoppie om die punte te stoor.

Die nuwe ‘punt’ wat geskep is en waarvoor punte reeds ingelees is, sal ook beskikbaar wees onder My Skool > Leerders > Punte

  • Slegs die punte wat vir die spesifieke leerder ingelees is, sal vertoon word. 
  • Om punte in te lees vir ‘n Nuwe leerder - Kies die kwartaal
  • Kies die Vak waarvan u die ingevoerde punte wil besigtig
  • U sal opmerk dat punte slegs onder sekere punte tipes ingelees kan word (SBA, PAT, Eksamen, ANA). 
  • Om punte in te lees, kliek op die groen plus knoppie.

Op hierdie stadium sal u in staat wees om te kies op watter vlak die Leerder se punte ingelees moet word. Dit is belangrik om die volgende punte in ag te neem wanneer u ‘n vlak kies:
Formules - wat opgestel is om spesifieke Komponente of Assesserings te gebruik
Die vlak waarop u tans punte inlees




© Copyright d6 group (Pty) Ltd.

    • Related Articles

    • Punte per groep

      My Skool > Leerders > Punte > Punte per groep Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. VERWERKING VAN MASSA PUNTE Ons het die moontlikheid bygevoeg om 'n 'a' (afwesig) aan te teken op die rooi vakpunt, oranje taakpunt en groen rou of ...
    • Punte Statistieke

      Verslae > Leerders > Punte Statistieke Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die punte statistieke verslag word geskep om die punte per vak, per graad en vir individuele assesseringstipes, bv SBA, PAT of Eksamen te vertoon. Nota: In ...
    • ANA Punte Skedule

      Skep die ANA Punte Skedule Kies die jaar, termyn, kies of jy die verslag wil sien in .PDF of wil uitvoer, sleutel die area/ circuit in. Kies sonder skoolinligting vir die verslag opskrif en voetnota. Kies die huistaal, eerste addisionele taal en ...
    • Inlees van leerderpunte

      Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie stel die gebruiker in staat om punte óf per leerder óf per groep in te voer. Daar is twee (2) aparte handleidings vir die verskillende maniere om punte per groep en per leerder in te ...
    • Leerder Ondersteuning

      Hierdie funksie laat die gebruiker toe om die ondersteuning wat aan leerders verleen word of voorstelle vir hulp wat deur die skool gedoen word te dokumenteer. Die skerm vertoon die bestaande inskrywings volgens die gekose jaar en kwartaal Kliek op ...