My Take

My Take



Die take bladsy is die eerste bladsy wat jy sal sien wanneer jy in die stelsel ingeteken het. Hierdie take is gekoppel aan jou gebruikersprofiel so jy behoort slegs take te sien van dinge waarvoor jy verantwoordelik is.  Die take behels verskeie aspekte: van data verwante probleme tot aksies wat op ‘n dag-tot-dag basis uitgevoer moet word. Jy sal sien dat die take gekategoriseer word in verskeie hoof afdelings nl. Opstellingstake, Gedragskode take, Kommunikasie take, Kurrikulum take en Finansies take.

Gestuurde e-posse kon nie afgelewer word nie

  • Die taak lees "U het 2 e-pos adresse waar e-posse nie afgelewer kon word nie. Kliek hier om die lys te besigtig"
  • Kliek op die skakel wat voorsien is
  • Die skerm vertoon die e-posse wat aan ouers gestuur is maar onafgelewer is. Die redes vir die onsuksesvolle aflewering word gelys en aan die onderkant is daar 'n skakel waarop jy kan kliek om die volledige lys van moontlike redes, waarom die e-posse vewerp is, te besigtig
  • Om die boodskappe te verwyder, kliek in die blokkie langs die ouers se name en kliek dan op die "skrap gekose data" knoppie
  • Daar sal 'n kennisgewing vertoon wat vra of jy seker is dat jy die data wil skrap en dan kan jy op die "gaan voort" knoppie kliek
  • Indien jy verkies om die ontvangers te SMS om die korrekte e-pos adresse te bekom, kliek op die "SMS gekose ouers" knoppie. Dit sal jou na die "Stuur SMS" skerm neem waar die volgende boodskap vertoon sal word om na die gekose ouers gestuur te word
  • “E-posse na {e-pos} is onaflewerbaar. SMS die woord “e-pos” gevolg deur u korrekte e-pos adres na [nommer] (R2). [Skool se naam]”

Leerders het foutiewe ID nommers

  • Die taak boodskap lees, “U het 4 leerders met foutiewe ID nommers. Om te verhoed dat die leerders geregistreer word as “voorlopig” op LURITS, maak dit asseblief reg. Kliek hier om die lys te besigtig.”
  • Kliek op die skakel wat voorsien is
  • Kliek op die "druk" knoppie om die lys te druk. Andersins kliek op die leerders se name om na die Leerders skerm geneem te word waar u in staat sal wees om die ID nommers te korrigeer

Ouers het foutiewe ID nommers

  • Die taak boodskap lees, “U het 4 ouers met foutiewe ID nommers. Om te verhoed dat die ouers geregistreer word as “voorlopig” op LURITS, maak dit asseblief reg. Kliek hier om die lys te besigtig.”
  • Kliek op die skakel wat voorsien is
  • Kliek op die ouer name om na die Ouers skerm geneem te word waar u in staat sal wees om die ID nommers te korrigeer

Onderwysers het foutiewe ID nommers

  • Die taak boodskap lees, “U het 1 onderwyser met ‘n foutiewe ID nommer. Die onderwyser kan nie geregistreer word op LURITS nie. Kliek hier om die lys te besigtig.”
  • Kliek op die skakel wat voorsien is
  • Kliek op die onderwyser se naam om na die Personeel skerm geneem te word waar u in staat sal wees om die ID nommer te korrigeer.

Dissipline briewe moet uitgereik word

  • Die taak boodskap lees, “U het 1 dissipline brief wat uitgereik moet word. Kliek hier om die lys te besigtig.”
  • Kliek op die skakel wat voorsien is
  • Kies die briewe wat uitgereik moet word en kliek op die "gaan voort" knoppie om voort te gaan na die dissipline brief uitreikskerm

Dissiplinêre Sms'e moet gestuur word

  • Die taak boodskap lees, “U het 3 oortredings waarvoor daar kennisgewings gestuur kan word. Kliek hier om die lys te besigtig.”
  • Kliek op die skakel wat voorsien is
  • Kies die leerders na wie se ouers die kennisgewing gestuur moet word deur op die  merkboksies en op die "volgende" knoppie te kliek om voort te gaan

Dissipline take moet geproseseer word

  • Die taak boodskap lees, “U het 2 uitstaande dissipline kontrole take om geproseseer te word. Kliek hier om die lys te besigtig.”
  • Kliek op die skakel wat voorsien is
  • Hierdie is die Dissipline Kontrole skerm wat ook gesien kan word deur te kliek op My Skool: Gedragskode: Kontrole. Op hierdie skerm kan jy die dissiplinêre briewe sien of merk watter leerders die dissiplinêre take voltooi het

Detensie kontrole take moet geproseseer word

  • Die taak boodskap lees, “U het 5 uitstaande detensie kontrole take om geproseseer te word. Leerders wat deel is van die detensie proses sal geen verdere briewe ontvang totdat die proses afgehandel is nie. Kliek hier om die lys te besigtig.”
  • Kliek op die skakel wat voorsien is
  • Hierdie is die Dissipline Kontrole skerm wat ook gesien kan word deur te kliek op My Skool: Gedragskode: Aksie Kontrole. In hierdie skerm kan jy die dissiplinêre briewe sien of merk watter leerders detensie voltooi het

Debietorders moet by die bank ingedien word

  • Die taak boodskap lees, “U het 19 dae oor om die Februarie 20__ debietorders in te dien. Kliek hier om die data by die bank in te dien.”
  • Kliek op die skakel wat voorsien is
  • Hierdie is die debietorder skerm wat jy ook sal sien deur te kliek op Finansies: Debiteure: Debietorders. In hierdie skerm kan jy die debietorders sien en by die bank indien

Debiteure het betalingsreëlings in die opkomende week

  • Die taak boodskap lees, “Daar is 1 debiteur met betalingsreëlings in die opkomende week. Kliek hier om dit op te volg.”
  • Kliek op die skakel wat voorsien is
  • Hierdie is die “Besigtig Betalingsreëlings” skerm wat jy ook sal sien deur te kliek op Finansies > Debiteure > Besigtig Betalingsreëlings. Op hierdie skerm kan jy die merkboksies langs die rekenpligtiges merk en aan hulle die herinnerings SMS’e stuur

Debiteure het betalingsreëlings op die huidige dag

  • Die taak boodskap lees, “Daar is 4 debiteure met betalingsreëlings wat vandag nagekom moet word. Kliek hier om dit op te volg.”
  • Kliek op die skakel wat voorsien is
  • Hierdie is die “Besigtig Betalingsreëling” skerm wat jy ook sal sien deur te kliek op Finansies > Debiteure > Besigtig Betalingsreëlings. Op hierdie skerm kan jy die merkboksies langs die rekenpligtiges merk en aan hulle die herinnerings SMS’e stuur

Betalingsreëlings was nie nagekom nie

  • Die take boodskap lees, “Daar is betalingsreëlings wat nog nie nagekom is nie. Kliek hier om dit op te volg.”
  • Kliek op die skakel wat voorsien is
  • Hierdie is die “Besigtig Betalingsreëling” skerm wat jy ook sal sien deur te kliek op Finansies > Debiteure >  Besigtig Betalingsreëlings. Op hierdie skerm kan jy die merkboksies langs die rekenpligtiges merk en aan hulle die herinnerings SMS’e stuur.

Kwartale vir die jaar is nog nie opgestel nie

  • Die taak boodskap lees, “U het nog nie die kwartale vir 20__ opgestel nie. Kliek hier om die kwartale op te stel.”
  • Kliek op die skakel wat voorsien is
  • Hierdie is die Kwartale skerm wat jy ook sal sien deur te kliek op My Skool > Algemeen > Kwartale. In hierdie skerm kan jy die kwartale vir die jaar opstel

Projekte is verby die verwagte sluitingsdatum

  • Die taak boodskap lees, “U het 3 projekte wat verby die verwagte sluitingsdatum strek. Kliek hier om ‘n projek te sluit.”
  • Kliek op die skakel wat voorsien is
  • Hierdie is die Projekte skerm wat jy ook sal sien deur te kliek op Finansies > Projekte > Projekte. In hierdie skerm kan jy die projekte sluit wat verby hulle verwagte sluitingsdatums strek

Bankstate het ongerekonsiliëerde transaksies

  • Die take boodskap lees, “U het 2 bankstate met ongerekonsiliëerde transaksies. Kliek hier om ‘n bank rekonsiliasie te doen.”
  • Kliek op die skakel wat voorsien is
  • Hierdie is die Bankrekonsiliasie skerm wat jy ook sal sien deur te kliek op Finansies > Kasboek > Bankrekonsiliasie en dan te kliek op die "doen 'n bankrekonsiliasie" knoppie. In hierdie skerm kan jy ‘n bankrekening kies waarvoor jy ‘n bankrekonsiliasie wil doen. 

Daar is geld in die ongedeponeerde fondse rekening

  • Die taak boodskap lees, “U het R760.00 in u ongedeponeerde fondse rekening. Kliek hier om ‘n deposito te maak.”
  • Kliek op die skakel wat voorsien is
  • Hierdie is die Deposito skerm wat jy ook sal sien deur te kliek op Finansies > Kasboek > Deposito en te kliek op die "maak 'n deposito" knoppie. In hierdie skerm kan jy ‘n deposito maak

Kurrikulum taak - Termyn en finale resultate

  • ‘n Taak sal verskyn onder die kurrikulum afdeling onder My Tuiste > Take vir leerder/s wat sonder kwartaalresultate is.
  • ‘n Taak sal verskyn onder die kurrikulum afdeling onder My Tuiste > Take vir leerder/s wat geen finale promosieresultaat het nie.
  • In beide gevalle kan jy op die "kliek hier" skakel kliek.

Sport spanne

  • Die taak boodskap lees, “Daar is 2 leerders wat nie aan 'n sportspan gekoppel is nie. Kliek hier om die opstelling te doen."
  • Soos per die taak kan jy op die skakel kliek ‘hier’ of die volgende stappe neem om by dieselfde blad te wees. Kliek op My Skool > Algemeen > Sport Spanne > Reel en Leerder Indelings.
  • Kliek op Stap 3: Maak uitsonderings vir 20__ en voeg die spesifieke leerders in spesifieke Sport Spanne.  Kies die leerder aan die linkerkant van die wit blok en kliek op die pyltjie wat regs wys om leerder/s te allokeer.
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie wanneer jy klaar is.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd

    • Related Articles

    • LEERUITKOMSTE/TAKE/KOMPONENTE

      My skool > Kurrikulum > LU, Taak of Komponent Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Al die CAPS kurrikulum se leeruitkomste/take  is vooraf in die stelsel gelaai. Indien u ‘n publieke skool is in Suid-Afrika, sal u vakke en ...
    • Uitstaande Nakomingstake

      Hierdie funksie wys 'n lys van take wat betrekking het op SA-SAMS uitvoer data. Die take is in afdelings geplaas en in prioriteitsvolgorde van bo af geplaas. © Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Aksie Kontrole

      My Skool > Gedragskode > Aksie Kontrole Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Die funksie is taak gedrewe. My Tuiste > Take. Die taak gedrewe boodskap met betrekking tot Aksie Kontrole sal slegs wys as 'n sekere hoeveelheid ...
    • Whereabouts Report

      Whereabouts For: Select the whereabouts period for the report, you have the option to choose Year, Term, and Date Range. Year: Select a year for the report. Report Type: Select the type of report, you can choose per learner, per whereabouts type, ...
    • Verwerk Aksies

      My Skool > Gedragskode > Verwerk Aksies Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Die Gedragskode Verwerk Aksie funksie is taak gedrewe. Die taak gedrewe boodskap met betrekking tot die Verwerk Aksie verwerking sal slegs verskyn wanneer 'n ...