My Skool > Leerders > Leerders
Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel
Redigeer 'n leerder
Wanneer jy veranderinge wil aanbring aan 'n leerder se inligting, moet jy eers die leerder soek vir wie jy die verandering wil maak. Hierdie kan op verskillende maniere gedoen word, maar daar is twee maniere wat jy die meeste sal gebruik:
Jy kan soek vir 'n leerder deur die "Soek vir leerder" funksie te gebruik, deur op die af pyltjie te kliek en een van die volgende te kies: Nommer, Van, Noemnaam, Familiekode, Familie, Selfoon Nommer, ID nommer of Volle name.
Maak jou keuse en lees dan die toepaslike inligting in die veld net regs daarvan.
Kliek op die "soek" knoppie.
- Die tweede manier is baie eenvoudiger en hier kan jy die inligting (Leerder Van of Familiekode) direk in die "Soek" blokkie inlees. Die stelsel sal outomaties die inligting uitlig met inligting wat in jou soek kriteria is.
Jy kan die inligting filter deur op die kieslyste te kliek:
Kies 'n Status: Die stelsel sal outomaties op "Huidig" gestel wees wanneer jy 'n leerder soek, jy het opsies om "Verlaat, Ingeskryf, Duplikaat of alle leerders te kies.
- Kies 'n Graad, Klas en Geslag.
- Soek deur die familiekode of die eerste 3 letters van die naam of van in die "soek" veld in te lees wat onder die "Kies 'n geslag" is, net langs die "Herstel" knoppie.
Die leerder/s sal nou vertoon.
Kan 'n "Verlaat" leerder se inligting geredigeer word?
Wanneer 'n leerder "verlaat" gemerk is sal jy slegs die leerder se inligting kan besigtig, behalwe die "Fakturering" inligting op stap 3, dit kan steeds verander word.
Hoe redigeer ek die Familie se naam?
- 'n Familienaam kan slegs geredigeer word in die Families funksie en nie in die Leerder funksie nie.
- Gaan na My Skool > Ouers > Families.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
Related Articles
Leerders
Oorsig Die Leerders-module is die sentrale administratiewe middelpunt van die d6-skoolbestuursoplossing. Dit fasiliteer die vaslegging en bestuur van leerder-demografie, mediese data, ouer/voog-kontakinligting en finansiële faktureringstrukture. ...
Hoe om 'n Leerder "Verlaat" status te gee
Inleiding My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hoe om 'n Leerder "Verlaat" status te gee Wanneer jy 'n leerder as onaktief wil merk, moet jy eers die leerder vind aan wie jy vernderings wil aanbring. Daar ...
Leerderoorsig
Oorsig Die Leerderoorsig-module dien as 'n gesentraliseerde dataspilpunt wat 'n omvattende 360-grade blik op 'n leerder se skoolloopbaan bied. Dit konsolideer biografiese besonderhede, ouer/voog-kontakinligting, gedragsgeskiedenis, akademiese ...
Leerderoorsig
Oorsig Die Leerderoorsig-module dien as 'n gesentraliseerde dataspilpunt wat 'n omvattende 360-grade blik op 'n leerder se skoolloopbaan bied. Dit konsolideer biografiese besonderhede, ouer/voog-kontakinligting, gedragsgeskiedenis, akademiese ...
Rapporte
Oorsig Die Rapporte-module word gebruik om amptelike leerder-vorderingsdokumente vir interne en eksterne verspreiding te genereer. Dit konsolideer akademiese punte, bywoningsrekords en opvoeders se kommentaar in professionele sjablone wat gedruk of ...