Redigeer 'n Leerder

Redigeer 'n Leerder

My Skool > Leerders > Leerders

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel

Redigeer 'n leerder

Wanneer jy veranderinge wil aanbring aan 'n leerder se inligting, moet jy eers die leerder soek vir wie jy die verandering wil maak. Hierdie kan op verskillende maniere gedoen word, maar daar is twee maniere wat jy die meeste sal gebruik:
  1. Jy kan soek vir 'n leerder deur die "Soek vir leerder" funksie te gebruik, deur op die af pyltjie te kliek en een van die volgende te kies: Nommer, Van, Noemnaam, Familiekode, Familie, Selfoon Nommer, ID nommer of Volle name.
    Maak jou keuse en lees dan die toepaslike inligting in die veld net regs daarvan.
    Kliek op die "soek" knoppie.
  2. Die tweede manier is baie eenvoudiger en hier kan jy die inligting (Leerder Van of Familiekode) direk in die "Soek" blokkie inlees. Die stelsel sal outomaties die inligting uitlig met inligting wat in jou soek kriteria is.
  3. Jy kan die inligting filter deur op die kieslyste te kliek:
    Kies 'n Status: Die stelsel sal outomaties op "Huidig" gestel wees wanneer jy 'n leerder soek, jy het opsies om "Verlaat, Ingeskryf, Duplikaat of alle leerders te kies.
  4. Kies 'n Graad, Klas en Geslag.
  5. Soek deur die familiekode of die eerste 3 letters van die naam of van in die "soek" veld in te lees wat onder die "Kies 'n geslag" is, net langs die "Herstel" knoppie.
Die leerder/s sal nou vertoon.
  • Kliek op die redigeer knoppie langs die leerder se naam by wie jy veranderinge wil aanbring. Jy sal die 6 stappe vind wat jy voltooi het in "Registreer Leerders".
  • Deur op die toepaslike "tab" te kliek kan die inligting geredigeer word soos nodig.
  • Wanneer jy klaar veranderinge aangebring het kliek op "stoor veranderinge" om die inligting te stoor.


Gereelde Vrae

Kan 'n "Verlaat" leerder se inligting geredigeer word?

Wanneer 'n leerder "verlaat" gemerk is sal jy slegs die leerder se inligting kan besigtig, behalwe die "Fakturering" inligting op stap 3, dit kan steeds verander word.

Hoe redigeer ek die Familie se naam? 

  • 'n Familienaam kan slegs geredigeer word in die Families funksie en nie in die Leerder funksie nie.
  • Gaan na My Skool > Ouers > Families.



© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • Hoe om 'n Leerder "Verlaat" status te gee

      Inleiding My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hoe om 'n Leerder "Verlaat" status te gee Wanneer jy 'n leerder as onaktief wil merk, moet jy eers die leerder vind aan wie jy vernderings wil aanbring. Daar ...
    • LEERDER PROFIEL

      LEERDER PROFIEL Hierdie funksie skep ‘n verslag wat die basiese inligting van die leerder, soos van tyd tot tyd versoek tussen skole, vertoon. Dit is raadsaam om te verseker dat alle data velde op die leerder se profiel inligting volledig ingevoer is ...
    • LEERDER-FAMILIE

      Hierdie verslag word gegenereer om ‘n lys van leerder inligting asook familiekodes te vertoon. GENEREER LEERDER-FAMILIE VERSLAG Kies om te vertoon vir Alle leerders, Huidige of Verlate leerders. Kies om familiekodes te vertoon met Leerder inligting ...
    • LEERDER GETALLE

      Dit is raadsaam om te verseker dat die toelatings, herregistrasies en promoverings proses afgehandel is voordat die verslag (herregistrasies / promoverings) genereer om leerder getalle te vertoon vir die volgende admin jaar. Dit sal verseker dat die ...