Vakkeuses

Vakkeuses

My Skool > Kurrikulum > Vakkeuses


Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel
 Hierdie funksie laat die gebruiker toe om vakke aan leerders toe te ken.
Al die CAPS vakke, komponente en assesserings soos uiteengesit in die die CAPS dokument is reeds vooraf gelaai op die stelsel en dit is nie nodig om enige vakke te laai nie.
Die leerprogram opstelling bestaan uit 5 stappe. Al 5 stappe moet gedoen word om die leerprogram suksesvol op te stel. 
Om leerders aan vakke te koppel is stap 4 in die proses.

Koppel vakke aan leerders

Jy kan kies tussen die volgende knoppies Per Leerder, Per vak of per Group.

Per Leerder
  • Hierdie opsie laat jou toe om vakke aan 'n spesifieke leerder te koppel.
  • Kliek op die "Per Leerder" knoppie.
  • Kies die jaar.
  • Begin die leerder se verwysing inlees (Naam, Van, Familienommer) in die soek leerder veld.
  • Kies die termyn.
  • Kies die vakke wat jy aan die leerder wil koppel, plaas die vakke oor na die regterkant. 
  • Vakke wat jy wil verwyder word na links oorgeplaas.
Om vakke wat gekoppel is aan 'n leerder kliek op die "Bestuur vakke" tab.

  • Kies die termyn.
  • Jy kan nou vakke byvoeg, redigeer of verwyder van die leerder deur op die Voeg vak by, Verander vak of Verwyder vak knoppies te kliek.
  • Wanneer jy die Voeg by / Redigeer knoppies kliek sal die leerder en vak lys van ongekoppelde vakke wys.
  • Die vakgroep kan op hierdie skerm geredigeer word deur op die vakgroep skakel te kliek kan jy 'n nuwe vakgroep byvoeg.
  • Wanneer jy 'n vak kies en en op die verwyder vak knoppie kliek  sal 'n boodskap opkom wat se: "Is u seker u wil die leerder se vak verwyder?"
  • Kliek op "Ja" om die vak te verwyder.
Per Vak

  • Hierdie opsie laat die gebruiker toe om vakke aan leerders te koppel op 'n per vak basis.
  • Kliek op die "Per Vak" knoppie.
  • Kies die jaar, graad en leerprogram.
  • Kies die vak waaraan jy leerders wil koppel.
  • Kies die leerders wat jy wil koppel in die linkerblok en plaas hulle oor na die regterblok.
  • Om leerders af te haal by 'n vak plaas hulle terug na die linkerblok.
  • Kliek op die "stoor" knoppie om die veranderinge te stoor.
  • Kies die volgende vak en volg dieselfde stappe weer.
  • As dit nodig is om klasse te verdeel soos in Dubbel Medium skool, kan jy die filter veld onder die linkerblokkie gebruik om die klas naam in te sleutel. Dit sal dan al die leerders van daardie klas in geel vertoon. Skuif die leerders na regs deur op die regs pyltjie te kliek.
  • Kliek op die "stoor" knoppie onderaan die skerm.
  • Die stelsel sal jou terugneem na die "Kurrikulum " skerm.
Die leerders is nou aan die vakke gekoppel. Wanneer die klas groepering voltooi is kan punte ingelees word vir die leerders.
Per Groep

  • Kies die jaar, graad, kurrikulum, die toepaslike leerprogram.
  • Kies die vakke wat jy wil koppel aan leerders en kliek op die regter pyltjie om te koppel en die linker pyltjie om te ontkoppel.
  • Kies die registerklasse wat jy wil koppel aan die vakke en kliek op die regter pyltjie om te koppel en die linker pyltjie om te ontkoppel.
  • Kliek op die "Stoor vakkeuses" knoppie om die keuses te stoor.
  • Die registerklas sal nou aan die vakke gekoppel wees.
  • Kliek op die "Terug" knoppie onderaan die skerm.
  • Die stelsel sal jou terugneem na die " Kurrikulum" skerm.
  © Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Kurrikulum Opmerkings

      My Skool > Kurrikulum > Opmerkings  Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat jou toe om opmerkings te skep wat op die rapport kan wys aan die einde van die jaar of termyn. Opmerkings kan bygevoeg word om op die Rapport ...
    • KURRIKULUM DATA VERSLAG

      ‘n Kurrikulum Data Verslag kan gegenereer word om die leeruitkomstes/komponente en hul assesserings wat bestaande is in die Databasis, te vertoon. Hierdie verslag sal beide die voorafopgestelde sowel as die assesserings wat per hand geskep is, ...
    • Kopieering van leerprogramme

      Die opstel van die kurrikulum vir 'n hele jaar is 'n groot taak. In d6 + is daar twee benaderings hiertoe. Vir skole wat die CAPS leergang volg, word voorafopstellings voorsien gebasseer op die SA-SAMS-leergang wat deur die DOE vir 'n jaar vrygestel ...
    • Admin Jaar-Einde

      Die Admin-jaareindeproses (oorrol) moet voltooi word deur elke skool om die volgende jaar se rekords vir die leerders en personeel te skep in d6+. Verkieslik moet die proses eers begin word NADAT die finale punte ingelees is. Behalwe as jy gebruik ...
    • ASSESSERINGS

      My Skool > Kurrikulum > Assesserings  Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Al die KABV kurrikulum assesserings is vooraf opgestel op die stelsel. Indien u ‘n openbare skool is in Suid-Afrika, sal alle Vakke, Leeruitkomste/Take/Komponente ...